Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Markus spreek oor geloof en ongeloof 

165 CYRENIUS: 'Hierop sê Markus, terwyl julle al hierheen kom: 'Van kwaadword is hier geen sprake nie; maar dit kan my van julle ook nie geval as julle my doodgewoon daarvan wil betig dat ek slegs plesier daarin sou hê om julle ondergang te bewerk, om julle met hierdie wonderbaarlike dinge, growwe leuens op die mou te speld nie. Ek is geen leuenaar en geen bedrieër nie, maar meer as wat julle dit ooit was - `n groot vriend van die konkrete waarheid. Wat sal ek daaruit kry om vir julle te lieg?! Dat julle dit met moeite sou glo, ofskoon dit volgens die strengste waarheid so is, weet ek by voorbaat goed; ek ken immers menige deugde van die Fariseërs, waaronder ook hul totale ongeloof in alle goddelike dinge.

[2] Hoe sou daar ook geloof te vinde kan wees by mense van die grofste materiële tipe, wie se innerlike sielsoog reeds lank aan die ergste blindheid ly?! Die geloof is immers die oog van die siel, waardeur sy die geestelike beelde in haarself opneem en eers langsaam maar seker in haar gees oor hul waarde en sin begin te oordeel, op dieselfde manier waarop ook die liggaamlike oog die beelde van die buitewêreld eers opneem en hom in eerste instansie geen oordeel kan vorm oor die waarde en die sin van die gesiende beeld wat dikwels eers `n lang tyd daarna gebeur deur die ontwaakte goddelike gees in die hart van die siel. Maar iemand wat totaal blind is, wie se oog in digte duistere materie verander het, ontvang geen beelde van die buitewêreld nie, lewer derhalwe aan sy siel niks ter beoordeling en kan geen oordeel oor die waarde en die sin van kleure gee, weet niks van skaduwee en lig en nog minder van die vorm van alle dinge nie.

[3] Wie dus nie kan glo nie, het `n blinde siel wat hy deur sy talle sondes blind gemaak het! En dit is nou reeds lank by alle Fariseërs die geval. Daarom kan hulle ook niks glo wat hulle nie met hul hande kan gryp nie, soos iemand wat liggaamlik blind is maar net deur `n voorwerp te betas `n idee kan kry van die vorm daarvan is en dit nog slegs gebrekkig.

[4] Uit wat hier gesê is, kan julle wel uitmaak dat ek al by voorbaat weet dat julle in julle totale sieleblindheid moeilik sou kon glo wat julle gesien en gehoor het. Maar ek dag by myself dat blindes meer vertroue sou skenk aan `n siende gids, omdat hulle `n gids baie dringend nodig het. Maar julle noem julleself siende terwyl julle stokblind is, en ek beskou julle - nou wel nie bepaald as blind nie, maar tog wel wat baie erger is, as sleg. En dit is nou presies wat my absoluut nie geval van julle nie, en wat my laat sien dat julle hart egter sleg moet wees en dat julle self die grootste bedrieërs moet wees, omdat julle selfs nie aan `n doodeerlike mens meer vertroue kan skenk nie.

[5] Dat mens dergelike mense onmoontlik `n goeie hart kan toeskryf nie, sal julle hopelik insien; want sulke mense misbruik altyd die goedheid van hulle wat uit onnadenkendheid dikwels te goed is vir hulle. Maar gaan nou weer na die opperstadhouer en bespreek met hom wat julle gesien en gehoor het!'

[6] Toe sê jy vir Markus: 'O vriend, dan sal dit sleg met ons afloop! Hy sal `n vaste geloof van ons verlang; en tog is dit werklik onmoontlik om te glo dat alles wat ons nou gesien het, suiwer deur die wil van die Nasarener in één enkele oomblik tot stand gebring is, en tog het ons hier en daar nog duidelik beitelspore aan die uitgekapte klippe gesien! Dit is tog iets vreesliks as ons so-iets met lewe en dood sal moet glo!'

[7] Markus sê daarop: 'Hier word niemand gedwing nie! Maar ek dink dat julle deur `n ander teken ook dit uit vrye wil vanself sal glo! Ons is nou weer by die verhewe geselskap. Gaan daarom nou na Cyrenius, hy sal die res met julle reël!'"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205