Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

RafaEL beskryf God se wese

37 RAFAEL sê: “Liewe vriend, jy het verniet ietwat te vroeg en te hard teen my geywer! Laat my eers ook `n paar woorde met jou spreek, dan sal dit wel duidelik word of ek teen jou opgewasse is!

[2] Jy het my al by voorbaat letterlik verbied om met `n ander God na jou te kom as met een wat jou verstand goedkeur! En sien, ekself ken werklik ook geen ander nie as Die Een, wat jy met jou verstand gevind het! Die verskil tussen ons is net dat jy vir jou so `n God begeer, terwyl ek die allerhoogste eer het om Hom waarlik persoonlik te ken en terselfdertyd het ek ook nog hierdie groot eer om Sy altyd bereidwilligste dienaar te wees.

[3] Hierdie enigste ware God is suiwer Liefde en vanuit hierdie Liefde is Hy eers die volste Wysheid en deur hierdie Wysheid Almagtig.

[4] Hierdie God is terselfdertyd die hoogste Orde, Waarheid, Geregtigheid en alle Lig en Lewe Self en alle wesens en dinge op hierdie aarde - die aarde self met al sy geeste en elemente, die maan, die son en al die talloos talle ander sterre, wat niks anders as ook enorm groot hemelliggame is nie, sommige onuitspreeklik talle kere groter as hierdie aarde, wat selfs goed `n sfeer is soos die maan en die son wat jy nooit anders as sfere sien nie, waarvan die laasgenoemde, naamlik die son, miljoen kere groter is as hierdie aarde, dat hulle almal die werke is van een en dieselfde God is, wat in Sy oer eintlike Wese presies so is as wat jou waarlik baie gelouterde verstand dit voorgestel het!

[5] Hy ken alle slegte en verkeerde voorstellings wat die mens van Hom het, en wek ook aldeur mense op wat `n ware voorstelling van Hom kry; maar hulle word op hierdie wêreld gewoonlik nooit reg verstaan deur die trae en blinde mense nie en hulle bly by hul dwaashede van ouds, waaraan hulle gewoond is.

[6] Jy meen ook dat so `n reële God tog onmoontlik die gruwels van die mense so lank sou kon aansien en duld. Vir Hom as die almagtige Gebieder, sou dit tog immers moontlik moet wees om al hierdie vreeslike onsin oorboord te gooi. Daarin het jy feitlik beslis geen ongelyk nie.

[7] Wat dit aanbetref, voel en dink ek presies soos jy en dit is vir my nog baie moeiliker, omdat ook ek, as `n reeds lankal volkome gekonsolideerde geestelike lewende wese, volkome mag het om deur my wil, as dit daarop sou aankom, in `n enkele oomblik al daardie berge wat daar bo die see oprys, in wat vir jou sintuie `n volkome niks is, te verander nie; want om iets te kan en dit nie te mag doen nie, is gewis bitterder as om iets te wil en dit nie te kan doen nie!

[8] Maar dat mens egter ondanks die mag wat mens in jouself besit, nie daarop los mag slaan nie, ook al sou mens dit hoe graag sou wou doen, is daarop gegrond, dat dit op hierdie wêreld vir elke mens daarom gaan - soos wat jy dit heel korrek aan die einde van die gesprek met Cirénius opgemerk het - dat hy hom as `n egte mens, self moet vind en hom as `n konkrete lewenskrag moet konsolideer, omdat hy hom andersins onmoontlik as `n vrye en selfstandige wese vir ewig in stand sou kon hou teen die voortdurende, vyandelike inwerking van die groot, magtige kragte! Ook al het jy jou nie presies met hierdie woorde van my uitgedruk nie, het jy egter wel dieselfde sin en betekenis daarin gelê.

[9] Nou sal jy wel kan insien dat jy nie deur daarop los te trek, kan ingryp by die mens hier op hierdie aarde nie, omdat hy hier sy innerlike lewensbeginsel self moet konsolideer, sonder enige gewelddadige ingryping van buite, suiwer volgens sy insig en heeltemal volgens sy eie vrye wil. As die mense êrens vanuit hulleself so `n lewensorde ontdek het, waarin sowel `n morele asook `n fisieke bestaan denkbaar is, laat mens hulle daarin bly solank hulle nie in te hoë mate ontaard nie. Gebeur dit egter by `n volk, dan is die Heer van die hemel en die aarde ook altyd daar om die ontaarde volk weer terug te lei na die korrekte lewensorde, soos wat dit ook nou by die Judese volk die geval is.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205