Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Lig-en bygelowigheid

214 Die Heer: “Maar behalwe die ware, noodsaaklike geloof bestaan daar helaas ook liggelowigheid, waardeur bepaalde trae mense, wat glad niks dink nie, dadelik alles as waar beskou wat iemand hul, dikwels selfs as `n grap of, wat nog dikwels voorkom, uit suiwer eiebelang vertel het. Wel, `n groot meerderheid van die gelowiges op aarde behoort nou tot hierdie kategorie!

[2] Met sulke liggelowiges is eintlik ook nie baie uit te rig nie; want vir hulle maak dit nagenoeg geen verskil of hulle wel iets deur hul geloof bereik, al dan nie. Hulle glo net en verbaas hulle nou en dan ook daaroor, sonder dat dit hulle raak; en hulle doen ook uiterlik wat `n leer hul oplê om te doen, maar sonder enige innerlike lewenswaarde; dit maak nie vir hulle saak of hulle ooit iets daarmee sal bereik nie, behalwe om nou en dan verveeld te word. Hulle is te passief, ken en het geen lewenserns nie, en is daarom heeltemal met die eendagsvlieë vergelykbaar, wat oordag maar net pro forma in die sonlig rondzoem om des te makliker deur die swaeltjies as prooi gevang word. Teen sulke geloofshelde sal ons dan ook geen woord meer vuil maak nie.

[3] Bygeloof en liggelowigheid is trouens enerlei; die verskil sit slegs hierin dat bygeloof altyd uit liggelowigheid voorkom en eintlik `n vrug daarvan is.

[4] Die erge gevolge wat uit bygeloof ontstaan en wat nie oorgesien kan word nie, is nou helaas op die hele aarde maar al te sigbaar en voelbaar; al die duisend maal duisend afgodetempels het die bygeloof gebou, dikwels met groot en swaar offers.

[5] Maar nou is die tyd dat dit vernietig moet word, daarom lê daar `n groot werk voor Ons; maar daar is nog te min bekwame en moedige arbeiders. Ek het dus `n groot veld voor My wat nou bewerk moet word, daarom werf Ek nou arbeiders. Julle sal ook baie geskikte mense vir die werk wees, wanneer julle die regte weë sou ken en verstaan; maar dit spreek vanself dat julle eers self volledig ingewy sal moet word in My nuwe lewensleer. Maar wanneer julle dit geword het, dan sal julle, deur alle ervarings wat julle in die wêreld opgedoen het, baie goed gebruik kan word. Dat die loon hier en veral aan anderkant nie gering sal wees nie, daarvan kan julle reeds by voorbaat volkome van seker wees. Wat sê jy nou, My vriend Epifanus, van die voorstel wat vir julle almal seker heeltemal onverwags kom?”

[6] Epifanus sê: “Hmm... waarom nie? Wanneer ek self eenmaal van `n waarheid oortuig en grondig deurdring is, wil ek ook sonder loon, slegs terwille van die waarheid, `n leraar wees en het geen enkele angs daarby om van die honger om te kom nie. Want ofskoon die mense in hierdie tyd wel baie verdorwe is en baie selfsugtig lewe, is hulle tog nie afkerig van `n goeie nuwe leer nie; sodra daar maar `n goeie leraar by hulle kom, neem hulle hom nog altyd op, luister na sy lesse, en as hulle daarin ook maar iets hoër of waar begin te vermoed, laat hulle spoedig hul selfsugtigheid vaar en word vriendelik en vrygewig.

[7] In die opsig is `n ligte graad van liggelowigheid by die mense ook nie sleg nie; want as dit nie daar was nie, sou dit dikwels moeilik gewees het om `n leraar vir die mense te wees. `n Goeie leraar moet veral daarna strewe om nie sy leerlinge daarna in `n ongefundeerde liggelowigheid te laat vassteek nie, maar hy moet lank genoeg met hulle werk, en hulle lei totdat hulle tot op die bodem in die helderste lig van sy leer deurdring is. As hy dit deur sy inset bereik het, het hy die mense iets waaragtig goed bewys en kan hy daarop reken dat hulle hom nie ondankbaar sal wees nie.

[8] Hoeveel weldade geniet valse leraars nie van liggelowige mense nie; hulle maak asof hulle baie verstaan en vind sodoende `n groot aantal toehoorders wat hulle bewonder, en wat gewoonweg, om die hardste by die leraar probeer indruk te maak, hom allerlei geskenke gee! Hoeveel te meer sal hulle dit doen vir `n leraar wat hulle die grootste geheime van die lewe grondig en goed verstaanbaar kan bybring en uitlê, teoreties en natuurlik, en as dit moet, ook prakties. Dit wil ek graag, daarvoor staan ek altyd gereed, maar natuurlik moet ek eers self grondig weet waaroor dit by hierdie hele aangeleentheid gaan. Wel, hardhorend is ek nie, en ook nie traag van begrip nie; wat Asiona en Hiram verstaan, dit sal ook ek en al my bure kan verstaan. Maar natuurlik, daar word by ons nooit `n kat in die sak gekoop nie, en snags geen koop gesluit vir skaapwol nie! Wel nou, Vriend en Heer, waaruit bestaan eintlik presies U saak en U - laat ons sê - nuwe leer?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205