Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 273

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die geldsug van Judas Iskariot

273 Die leerlinge dank My nou almal, op die een na, wat Thomas hom in stilte baie kwalik neem.

[2] En die een (JUDAS ISKARIOT) sê: “Ek dank Hom in stilte vir alles wat ek ontvang het; maar julle het volgens Sy getuienis meer ontvang as ek, - daarom is dit nou tog ook korrek dat julle die Heer dank vir wat julle meer ontvang het. Julle kan reeds allerlei wonderwerke verrig; met my slaag daar nie één nie, ook al glo ek dat ek dit sal kan doen - en julle kan al byna alles! Vir wat ek derhalwe nog nie ontvang het nie, kan ek nie bedank nie, maar ek kan maar net daarom vra. Ek het weliswaar al baie dikwels in stilte daarom gevra, maar tot nou toe, behalwe spys, drank en lering, nog steeds niks gekry nie, en daarom hoef ek slegs daarvoor te dank, - maar verseker nie vir die gawe om wonderwerke te verrig nie! Verstaan my, as jy my wil verstaan?”

[3] Hierdie een het dit weliswaar meer stilletjies vir homself gesê, maar hy word deur die ander leerlinge en deur My baie goed verstaan.

[4] En EK sê aan hom: Judas Iskariot, jy het heeltemal gelyk as jy My nie wil bedank vir wat jy nie in alle volheid ontvang het nie, soos die ander leerlinge. Maar toe Ek julle enkele maande gelede eers voor My uitgestuur het om die mense in Galilea op My voor te berei, het Ek jou netso goed die mag gegee om wonderwerke te verrig as die ander; maar geldsugtig soos wat jy is, het jy gewoonweg begin sake doen, en het jy jou met hoë bedrae duur laat betaal vir jou verrigte wonderwerke. Daardeur het jy binne enkele weke `n groot som goud en silwer verwerf, waaraan jy met jou hart hang. En omdat jou hart maar net hang aan die mees waardelose vuil van hierdie aarde, en aan die gawe om wonderwerke te doen maar net terwille van die vuil, - omdat dit werklik die geval was by jou, is hierdie gawe om `n wyse en goeie rede jou weer ontneem, maar nie die leer nie, en sodoende is dit vir jou ook wel moontlik om die mense te onderrig oor die koms van God se ryk op aarde, wanneer jy dit wil; wil jy dit egter nie, dan kan jy dit ook laat! Maar Ek is van mening dat wanneer jy dit nie baie erg vind om te eet en te drink nie, jy dit ook nie erg hoef te vind om `n bietjie te werk vir jouself en vir My nie!”

[5] JUDAS ISKARIOT spreek baie bedremmeld: “Ag, dit doen ek immers ook baie graag, maar my broers laat my dit nie altyd doen nie, - ek wil geen rusie maak nie, en daarom raak ek dan maar weer rustig en swyg?”

[6] EK sê: “Ja, daarin het jy alweer gelyk, - maar slegs in soverre dat die broers jou nie verder wil laat predik wanneer jy aan die einde van jou preek onsuiwere bedoelings aan die dag begin te lê nie. Los dit dus voortaan uit, dan sal jy ongehinderd kan en mag predik! Waarom doen jy dit, om `n aalmoes te bedel by jou toehoorders, terwyl by My nog niemand van julle ook maar één dag enige nood gely het nie?! Doen dit daarom soos wat Ek dit wil, dan sal jy alles goed doen, en sal niemand jou ooit van die wysie bring van wat jy doen nie! - Het jy My goed verstaan?”

[7] JUDAS ISKARIOT sê: “Ja, Majesteit en Heer, ek sal ook my beste doen om aan U wil te voldoen! Maar laat my nou na buite gaan; want ek kan dit hier binne gewoon nie uithou nie!”

[8] Hierop staan hy gou op en gaan na buite. Hy doen dit egter omdat hy homself verraai het, en beskaamd voel.

[9] Die herbergier vra My hoe dit gekom het dat die leerling wat na buite gegaan het, nog nie so volkome was as die ander nie.

[10] EK sê: “Beste vriend, dit kom deur sy by tyd en wyle opkomende eiebelang! Van beroep is hy pottebakker, en hy het daarmee op die markte baie geld verdien. Maar toe hy oor My verneem het, het ook hy na My toe gekom, My woorde gehoor en My dade gesien. Toe vra hy My of hy ook My leerling mag wees. Ek staan hom dit toe, en so word hy ook My leerling. Maar hy is nog steeds wat hy was, `n sakeman, en geld beskou hy as iets onontbeerlik vir die aardse lewe; daarom wil hy dan ook graag vir altyd en eintlik maar net vir homself wonderwerke verrig, en hom netsoos die towenaars daarvoor laat betaal. Maar omdat dit nooit verenig kan en mag word met My wonderwerke nie, het hy deur eie skuld die vermoë wat aan hom reeds eie was, verloor, en daarom is hy nou steeds heimlik in homself `n bietjie ontevrede. Maar verder is hy van alles op hoogte en hy is `n goeie spreker, en as hy iemand oor My en My sending uit die hemele onderrig, het sy woorde altyd `n goeie uitwerking, en daarom is hy soos die ander, een uit My aanvanklik twee-en-sewentig leerlinge, `n uitverkore apostel. - Nou weet jy volledig wie hy is en wat julle aan hom het.”

[11] DIE HERBERGIER sê: “O, dan moet hy altyd baie gerespekteer word, en ek sal nog dikwels `n gesprek met hom aangaan! Maar nou sou ek tog wil weet wat daar van die ander sestig leerlinge geword het! Het hulle nie die plan en die wil kon opneem om U, soos hierdie twaalf, op alle weë en paaie te volg nie, om so nog baie te hoor en te sien wat vir hulle seker van die grootste belang sou gewees het?”

[12] EK sê: “Hulle het soveel gehoor en gesien, sodat hulle presies dit weet wat hulle moet doen om die ewige lewe te bereik, en meer het hulle nie nodig nie. Hulle wil My, vanweë hul huislike omstandighede, ook nie steeds en orals heen volg nie, en so laat Ek hulle voorlopig gaan; maar hulle sal wel weer terugkom en My volg op alle weë en paaie, - want hulle het My woord aangeneem en lewe en handel nou daarvolgens, en hulle verlang nou al baie sterk daarna om so vinnig moontlik weer na My toe te kom. Hulle is vir die grootste deel Galileërs, soos Ek en My twaalf belangrikste leerlinge. - Nou weet jy dit ook ooreenkomstig die volste waarheid; en as jy nog iets wil weet, vra dit dan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205