Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die noodsaak van die ware, helder geloof

213 EK sê: “My beste Epifanus, as Ek nie reeds hieroor aan Asiona en Hiram helder en duidelik antwoorde en onderrig gegee het nie, sou Ek dadelik tot jou volledig geregverdigde verlange ingewillig het; maar Ek het dit reeds gedoen en hulle albei weet presies waar hulle met My staan. Hulle sal dit vir julle selfs op duideliker wyse kan bekend maak soos wat Ek dit vir hulle oorgedra het; julle hoef dan maar net daarvolgens te lewe, dan sal julle gees self aan julle alles openbaar wat noodsaaklik sal wees om die korrekte weg te ken.  

[2] Maar julle moet die geloof nie heeltemal verwerp nie; want sonder die geloof sal julle julle doel baie moeisamer bereik.

[3] Daar bestaan vanselfsprekend `n tweevoudige geloof; die ware liggeloof bestaan veral daaruit dat `n mens hom aan `n waaragtige en baie ervare mens sonder enige twyfel in die gemoed toevertrou en wat deur hom gesê word dan ook as volle waarheid aanneem, ook al sien `n mens nie die diepte daarvan op die eerste oomblik duidelik in nie.

[4] Want kyk, wie die hoër rekenkunde wil leer, moet in die beginstadium eers alles glo; eers stukkie vir stukkie, wanneer hy egter deurgedring het tot die waarde van die getalle en groothede, begin die een bewys na die ander eers helder en duidelik te word. En sien, so is dit ook hiermee!

[5] Wanneer `n buitengewoon waaragtige mens jou iets meegedeel het uit die gebied van sy ervarings, dan kan jy dit aanvanklik maar net glo, maar na daardie glo kan jy ook dadelik op die aangewese manier werksaam word en dan sal jy deur die werksaam wees, deur eie ervaring self deurdring tot daardie lig wat nooit sigbaar vir jou kon geword het deur enige mondelinge uitleg nie, al was dit hoe goed gestruktureer nie.

[6] Ook al sou iemand hom met baie geduld al die moeite getroos het om aan jou die stad Rome byvoorbeeld van die kleinste tot die grootste te beskryf, dan sou jy jou tog nooit `n volledig aanskoulike ware voorstelling van die groot wêreldstad kon vorm nie. Maar jy het aan die woorde van die verteller volledig geloof geskenk, hierdeur ontstaan daar in jou `n sterk drang om Rome persoonlik te sien en nou soek jy met alle moeite en ywer `n geleentheid om na Rome te gaan. Die geleentheid doen hom spoedig voor, jy het in Rome aangekom, en was nou baie verbaas om te sien dat die stad weliswaar ooreenkom met die beskrywing wat mense jou gegee het, maar hoe totaal anders as wat jy dit in jou fantasie voorgestel het, sien die werklike Rome nou daaruit!

[7] Maar het die geloof wat jy geheg het aan die vorige getroue beskrywing van Rome nou van nadeel of van voordeel gewees toe jy naderhand hierdie stad werklik aanskou? Dit was natuurlik maar net buitengewoon nuttig gewees! Want ten eerste sou sonder so `n beskrywing vooraf, waarskynlik nooit die behoefte om Rome toe te gaan, ook in jou opgekom het nie; en ook al sou jy byvoorbeeld nooit sonder enige voorkennis na hierdie groot stad gegaan het, dan sou jy soos `n blinde daar rondgeloop het, jy sou amper niemand durf vra het wat dit of dat was nie, en uit pure vrees en verveling sou jy maar net probeer het om hierdie wêreldstad so gou moontlik weer die rug toe te keer. En as jy aan die getroue beskrywing heeltemal geen geloof geheg het nie, wel, dan sou dit so goed as geen waarde gehad het nie, en `n halwe geloof is nie baie beter as heeltemal geen geloof nie; want dit spoor niemand tot die ware en lewende daad aan nie.

[8] En so sien jy dat `n mens by die aanhoor van `n nuwe leer, die geloof in die begin in elke geval nie mag mis nie. `n Mens kan die leer en wat daaraan ten grondslag lê, wel goed ondersoek, maar dit is nodig dat `n mens hierdie waarhede wat voorheen op grond van die gesag van die waaragtigheid van die leraar, as groot waarde aanneem, al het `n mens dit nie van meet af aan alles tot op die bodem verstaan nie; want dit kom eers wanneer `n mens voldoen het aan die leer wat as voorwaarde hiervoor gestel is. En eers wanneer dit nie gebeur nie, sou `n mens sy skouers kon optrek en sê: “O wel, die leer was uit die lug gegryp, of aan die gestelde voorwaarde het ek nog nie volledig voldoen nie!” Dan is dit tyd om in `n nadere bespreking met die Heer te verneem of die feit dat `n mens hom getrou hou aan die beginsels van die nuwe leer, ook by niemand anders die verwagte uitwerking gehad het nie.

[9] As die leer by iemand anders egter wel gewerk het en net nie by jou nie, dan sou dit natuurlik duidelik net teen jou lê, en dan sal jy dit wat jy versuim en nagelaat het, ywerig moet inhaal om ook presies dieselfde te bereik as jou buurman. Maar as niemand iets sou bereik nie, ook al het hulle die pligte wat deur die nuwe leer opgelê was, hoe streng vervul, wel, dan eers is dit tyd om so `n dergelike valse leer die rug toe te keer”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205