Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

CIRÉNIUS EN TULLIA

Die aankoms van Cirénius en Pilla - Josef vertel hom oor die meisie – Cirénius se huweliksaansoek aan die pleegdogter van Josef

(21 Des 1843)

99 Terwyl die meisie nog oorgeloop het van vreugde, het Cirénius juis weer in geselskap van Maronius Pilla teruggekeer, soos hy die vorige aand beloof het. 

[2] Josef en Maria het hom met groot hartlike vreugde ontvang en Cirénius het gesê: 

[3] ”O my verhewe vriend en broer, wat het julle tog wel beleef, dat julle tot my groot genoegdoening so opgewek is?” 

[4] Josef het Cirénius dadelik die meisie gewys en gesê: 

[5] ”Kyk, daar met die Kindjie op die arm en in diep geluksaligheid versonke sien jy die rede van ons vreugde!” 

[6] Cirénius het aandagtiger na die meisie gekyk en daarna aan Josef gesê: 

[7] ”Het jy haar dan as kindermeisie aangeneem? Waar kom die mooi Israelitiese meisie wel vandaan?” 

[8] En Josef het Cirénius wat van nuuskierigheid gebrand het, geantwoord : 

[9] ”O verhewe vriend, kyk, `n wonder het haar onder ons huisvesting gebring! Sy het blind sy na my gekom en soos `n bejaarde allerarmste bedelares daar uitgesien. 

[10] Deur die wondermag van die Kindjie het sy egter haar gesigsvermoë teruggekry en toe blyk dit, dat sy `n meisie van nouliks twintig somers is. Sy is `n weeskind en daarom het ek haar dan ook as my dogter aangeneem en dit is eintlik die werklike rede van ons vreugde!” 

[11] En Cirénius, wat die meisie met steeds groeiende welgevalle betrag het, terwyl sy self uit louter geluksaligheid Cirénius nog glad nie opgemerk het nie, hoewel hy in sy volle glorie aanwesig was, het aan Josef gesê: 

[12] ”O vriend, o broer, hoe spyt dit my nou, dat ek `n hoë Romeinse patrisiër is! 

[13] Voorwaar, ek sou alles wou doen om `n Judeër te wees om hierdie wondermooie Judese meisie van jou nou tot vrou te vra! 

[14] Want jy weet, dat ek vrygesel en kinderloos is. O, wat sou so `n vrou, deur jou geseënd, vir my kon beteken!” 

[15] En Josef het teenoor Cirénius geglimlag en hom gevra: ”Wat sou jy dan doen, as hierdie meisie geen Judeër, maar `n Romeinse meisie van hoë afkoms sou wees, net soos jy? 

[16] En as sy die enigste dogter van `n patrisiër sou wees, wie se ouers tydens `n reis na Delphi in die golwe van die see omgekom het?” 

[17] Nou het Cirénius Josef baie verbluf aangekyk en na `n oomblik van stilte gesê: 

[18] ”O verhewe vriend en broer! Wat sê jy nou? Ek smeek jou, verduidelik meer wat jy gesê het, want die saak skyn my baie naby aan te gaan!” 

[19] Maar Josef het gesê: ”My hooggeagte vriend! Kyk, alles het sy tyd; wees ook jy daarom nog `n bietjie geduldig, want die meisie self sal jou alles vertel! 

[20] Vertel jy my egter voorlopig, hoe dit daar uitsien met die opgegrawe lyke uit die puin van die tempels!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205