Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die trooswoorde aan Josef van `n ou vriend –Josef se aanwysing vir die reis aan sy vyf seuns - Die troostende getuienis van bo - Die vreugdevolle vertrek

13 Nog dieselfde dag het `n ou wyse vriend uit Nasaret na Josef gekom en aan hom gesê: 

[2] ”Broer, kyk, so lei die Heer Sy volk deur allerlei woestyne en steppe! Wie egter gewillig die weg volg wat Hy bepaal, kom by die regte bestemming uit! 

[3] Ons het in Egipte gesmag en geween onder die kettings van Babel en die Heer het ons nogtans weer vrygemaak! 

[4] Nou het die Romeine hulle arende oor ons gestuur; dit is die wil van die Heer! Laat ons daarom ook doen wat Hy wil, want Hy weet beslis, waarom Hy dit so wil hê!” 

[5] Josef het baie goed verstaan, wat die vriend tot hom gespreek het en toe hy hom geseën en weer verlaat het, het Josef aan sy seuns gesê: (Lukas. 2:4-5).  

[6] ”Luister na my! Die Heer wil, dat ons almal na Betlehem reis; daarom wil ons ons dan ook Sy wil laat welgeval en doen wat Hy wil. 

[7] Jy, Joël, saal die eselin vir Maria op en neem die saal met die leuning; en jy, Joses, sit die toom aan vir die os en span hom voor die wa waarin ons lewensmiddele saam sal neem! 

[8] En julle, Samuel, Simeon en Jakob, laai houbare vrugte, brood, heuning en kaas op die wa en neem daar soveel van saam, dat ons vir veertien dae genoeg het; ons weet immers nie wanneer ons aan die beurt sal kom en weer vry sal wees om te gaan en wat daar onderweg met Maria kan gebeur nie! Plaas daarom ook skoon linnegoed en doeke op die wa.” 

[9] Die seuns het alles presies gedoen soos Josef dit aan hulle opgedra het. 

[10] Toe hulle alles volgens Josef se opdrag gedoen het, kom hulle terug en laat hom dit weet.

[11] En Josef het met sy hele huisgesin neergekniel om te bid en het homself en alles wat syne is in die hande van die Heer geplaas. 

[12] Toe hy klaar was met die gebed, lofprysinge en liedere, het hy `n stem gehoor wat asof van buite die huis gekom het, wat gesê het: 

[13] “Josef, getroue seun van Dawid, wat `n man was na JaHWeH se hart! 

[14] Toe Dawid uitgetrek het om teen die reus te veg, was die hand van die engel wat die Heer hom byderhand gestel het, saam met hom en kyk, jou voorvader het `n magtige oorwinnaar geword! 

[15] Maar met jou is Hy Self, Hy wat ewig was, wat hemel en aarde geskape het, wat dit ten tye van Noag veertig dae en nagte laat reën het en alle skepsele wat Hom vyandig gesind was, laat verdrink het, 

[16] wat aan Abraham Isak gegee het, wat jou volk uit Egipte gelei en met Moses op die berg Sinai ontsagwekkend gepraat het. 

[17] Kyk, Hy is nou liggaamlik in jou huis aanwesig en sal ook met jou na Betlehem gaan; wees dus nie bevrees nie, want Hy sal nie toelaat dat `n haar van jou krom sal word nie!” 

[18] Toe Josef hierdie woorde verneem het, het hy vrolik geword, het die Heer vir hierdie barmhartigheid gedank en het dadelik elkeen homself laat voorberei vir die reis. 

[19] Hy het Maria geneem en haar so sag en gemaklik as maar moontlik was op die lasdier geplaas en die teuels in sy hand geneem en die eselin gelei. 

[20] Sy seuns het na die gelaaide wa omgesien en het gelyke tred met die eselin gehou. 

[21] Na `n rukkie het Josef die teuels oorgegee aan sy oudste seun; self het hy langs Maria gaan loop, omdat sy soms moeg geword het en haarself nie in die saal orent kon hou nie.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205