Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die mening van die dokter – Josef ondervra Maria - Maria se verklaring

8 Die vriend van Josef was `n deskundige, want hy was `n arts, wat kruie geken het en by moeilike bevallings ook dikwels die vroedvroue behulpsaam was. 

[2] Hy het saam met Josef gegaan en heimlik na Maria gekyk. Daarna het hy aan Josef gesê: 

[3] “Luister na my, broer in Abraham, Isak en Jakob! `n Groot onheil het jou huis getref, want kyk, die meisie is hoogswanger! 

[4] Maar jy het self ook skuld daaraan! Want kyk, ses maande was jy vir jou bou-opdrag van die huis af weg! Vertel my, wie sou dan intussen die meisie moes oppas?!” 

[5] Josef het hom geantwoord: “Wel, in al die tyd was Maria nouliks drie weke aaneen tuis en dit was in die begin, toe sy in my huis gekom het. Daarna het sy drie volle maande by haar niggie Elisabeth deurgebring. 

[6] Sedertdien het daar ook weer twee maande verbygegaan, waarin sy onafgebroke onder my beskerming was en ek het nooit iemand gesien, wat openlik of in die geheim by haar was nie! 

[7] En tydens my afwesigheid was sy immers tog in die beste hande; my seun wat haar na Elisabeth gebring het, het my tevore die duurste eed gesweer, dat hy, behalwe in geval van nood, die hele pad selfs nie eers haar kleed sou aanraak nie. 

[8] En ek weet dus met groot sekerheid, dat Maria wat my huis betref volledig rein moet wees, maar of dit ook die geval is met die huis van Sagaria, dit is weliswaar `n ander vraag! 

[9] Of sou haar dalk in die tempel iets oorgekom het deur die een of ander tempeldienaar? Die Heer bewaar my daarvoor, dat ek dit moontlik sou ag; so-iets sou die Heer lankal aan die lig gebring het deur die wysheid van die hoëpriester te alle tye! 

[10] Maar ek weet nou, wat ek sal doen om op die spoor van die waarheid te kom! Vriend, gaan heen in vrede en ek sal my huis aan `n deeglike ondersoek onderwerp!” 

[11] Josef se vriend het nie langer vertoef nie en dadelik uit Josef se huis vertrek. Josef het homself egter dadelik tot Maria gerig en aan haar gesê: 

[12] ”Kind, hoe moet ek my oë nou ophef tot my God? Wat moet ek nou oor jou sê? 

[13] Het ek jou nie as `n rein maagd uit die tempel ontvang en het ek jou nie trou behoed deur my daaglikse gebed en ook deur my troue huisgenote nie?! 

[14] Ek besweer jou om my te sê, wie dit is, wat dit gewaag het om my te bedrieg en homself so skandelik vergryp het aan my, `n seun van Dawid en aan jou, wat ook uit dieselfde huis van Dawid stam! 

[15] Wie het jou, `n maagd van die Heer, verlei en tot skande gemaak? Wie was in staat om jou suiwerste karakter so te vertroebel, dat hy `n tweede Eva van jou gemaak het?! 

[16] Want so herhaal homself die ou geskiedenis van Adam aan my persoonlik, want jy is blykbaar net soos Eva deur `n slang verlei! 

[17] Gee dus antwoord op my vraag! Maar let eers goed op jou woorde, want dit sal jou nie geluk, om my te mislei nie!” - En deur verdriet het Josef homself daarna op sy aangesig neergewerp op `n sak met as en gehuil. 

[18] Maria het van vrees gebewe, het begin snik en huil en kon van groot verdriet en angs geen woord spreek nie. 

[19] Nou het Josef weer opgestaan van die sak en met `n ietwat kalmer stem het hy aan Maria gesê: 

[20] 'Maria, kind van God, wat Hy Self onder Sy hoede geneem het, waarom het jy my dit aangedoen? - Waarom het jy jou siel so verlaag en het jy jou God so vergeet?! 

[21] Hoe kon jy, wat in die Allerheiligste opgevoed is, so-iets kon doen?! Jy, wat jou voedsel uit die hand van die engele ontvang het en wat hierdie stralende dienaars van God steeds tot speelgenote het?! - O, spreek tog en swyg nie vir my nie!” 

[22] Nou het Maria moed geneem en gesê: “Vader Josef, u is werklik `n streng man! Ek sê u: Sowaar daar `n God bestaan, so waar ook is ek rein en onskuldig en weet tot op die oomblik van geen man nie!”  

[23] Maar Josef het gevra: 'Vanwaar kom dit dan, wat jy onder jou hart dra?' 

[24] En Maria het geantwoord: “Ag, ek is immers nog `n kind en ek verstaan JaHWeH se geheime nie! Maar as u wil luister, sal ek u sê wat my oorgekom het! - Maar dit is dan ook net so waar, soos as dat daar `n regverdige God bo ons is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205