Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE VLUG NA EGIPTE

Voorbereiding vir die vlug na Egipte - Voorsorg van die Heer – Josef se bespreking met Cornelius

(23 Sept. 1843)

 (Matthéüs. 2:13-15).

33 In die nag het daar sowel aan Josef as aan Maria `n engel in `n droom verskyn en gesê: 

[2] ”Josef, verkoop die skatte en koop nog sommige lasdiere, want jy moet met jou gesin na Egipte vlug! 

[3] Kyk, Herodus het in geweldige grimmigheid uitgebars en het besluit om alle kinders van een tot twaalf jaar oud te vermoor, omdat hy deur die Wyses mislei is! 

[4] Hulle moes hom meedeel waar die nuwe Koning gebore was, sodat hy dan sy beulsknegte sou kon uitstuur, wat die Kind, wat die nuwe Koning is, moes vermoor. 

[5] Ons engele van die hemele het egter van die Heer, nog voordat Hy na die aarde gekom het, opdrag ontvang om uiters sorgvuldig te waak oor alles wat julle veiligheid betref! 

[6] Daarom het ek nou na jou gekom om jou in te lig oor wat Herodus sal doen, sodat hy die Kind beslis nie in die hande kan kry nie. 

[7] Die hoofman self sal aan Herodus hulp moet verleen, as hy nie deur hom by die keiser verraai wil word nie; daarom moet jy jou môre al op reis begewe! 

[8] Dit kan jy ook wel aan die hoofman meedeel, en hy sal jou behulpsaam wees met `n spoedige vertrek! Aldus geskied dit in die naam van Hom, wat leef en suig aan die bors van Maria!” 

[9] Toe het Josef wakker geword en ook Maria, wat dadelik met angstige stem Josef na haar geroep en hom onmiddellik haar droom vertel het. 

[10] In Maria se verhaal het Josef dadelik sy eie droomgesig herken en toe gesê: ”Maria, bekommer jou nie daaroor nie, nog voor die middag is ons al oor die gebergte - en binne sewe dae in Egipte!” 

[11] “Daar dit al lig begin te word sal ek nou dadelik gaan om alles vir `n vinnige vertrek te reël.” 

[12] Hierop het Josef dan ook dadelik met sy oudste drie seuns vertrek, die skatte geneem en dit na `n wisselaar gebring, wat dadelik die deur vir hom oopgemaak het en alles vir die korrekte bedrag van hom gekoop het. 

[13] Daarna het Josef, begelei deur `n dienaar van die wisselaar, na `n lasdierhandelaar gegaan en dadelik nog ses pakesels gekoop en het aldus goed toegerus, weer na die grot teruggekom. 

[14] Daar het ook die hoofman alreeds op hom gewag en hom onmiddellik vertel, watter allergruwelikste en skandelikste berigte vanuit Jerusalem aan hom oorgebring was. 

[15] Josef het homself nie baie oor die verhaal van die hoofman verwonder nie, maar het net op ootmoedige toon gespreek: 

[16] ”Geagte vriend, wat jy my hier vertel, dit alles en veel noukeuriger het die Heer dit aan my in hierdie nag bekend gemaak, soos ek jou gister al voorspel het, naamlik alles wat Herodus besluit het! 

[17] Kyk, jy self sal daarbenewens nog hulp aan hom moet bied, want hy wil rondom Betlehem en in die stad self alle kinders van enkele weke tot twaalf jaar oud laat doodwurg, om onder andere ook aan my Kind te kom! 

[18] Daarom moet ek vandag nog van hier wegvlug na die plek waarheen die Gees van die Heer my sal lei, om aan die wreedheid van Herodus te ontkom. 

[19] Daarom vra ek jou nou om aan my die veiligste weg na Sidon te wys, want alreeds binne `n uur moet ek vertrek.” 

[20] Toe die hoofman dit verneem het, het hy buitengewoon woedend oor Herodus geword en hom grenslose wraak gesweer met die woorde: 

[21] ”Josef, so waar as wat die dag nou aanbreek en die son al bo die horison staan, so waar as jou God leef, so waar sal ek my as edel patrisiër van Rome my eerder aan die kruis laat bind, as dat ek die woestaard so `n misdaad ongestraf sal laat begaan! 

[22] Ek sal julle onmiddellik self met `n goeie begeleiding oor die gebergte lei; en weet ek julle is in veiligheid, dan sal ek met spoed terugkeer en dadelik `n ylbode na Rome stuur, wat die keiser van alles op hoogte sal bring wat Herodus van voorneme is om te doen. 

[23] Ekself sal alles in die werk stel om hier die plan van die monster te verydel.” 

[24] En Josef het geantwoord: ”Goeie, agbare vriend! As jy iets kan doen, beskerm dan tenminste die kinders van drie tot twaalf jaar! Dit sal in jou mag wees! 

[25] Maar die pasgebore kindertjies tot aan die tweede jaar sal jy sekerlik nie kan beskerm nie! 

[26] Die beskerming van die eersgenoemdes sal jy ook nie deur geweld nie, maar alleen deur wysheid kan bewerkstellig! 

[27] Die Heer sal jou egter in alle wysheid lei! Dink daarom nie veel oor na wat jy moet doen nie, want die Heer sal jou in die geheim lei!” 

[28] Die hoofman het egter gesê: ”Nee, nee, daar mag geen kinderbloed vloei nie; ek sal eerder militêre geweld gebruik!” 

[29] Maar Josef het gesê: ”Kyk, wat kan jy dan wel doen, as Herodus nou reeds met `n baie groot Romeinse legioen Jerusalem verlaat?! Wil jy teen jou eie leërmag te velde trek?! Doen daarom soos die Heer jou sal lei, sodat jy langs vriendskaplike weg tog die drie- tot twaalfjariges kan red!' Nou het die hoofman toegegee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205