Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef nooi Jonathan gasvry uit – Jonathan se beswaar en sy belydenis van sonde - Goeie raad van Josef - Lieflingskos van die Kindjie: Jonathan se hart –Jesus se getuienis oor Jonathan

(15 Mrt 1844)

167 Toe Jonathan so lewendig gebid het, het Josef aan hom gesê: 

[2] “My geliefde vriend, jy woon alleen met jou drie helpers in jou hut. 

[3] Vandag op die dag voor die Sabbat sal jy tog geen visse meer vang nie; bly daarom vandag by my en ook môre as dit Sabbat is!” 

[4] En Jonathan het gesê: “Ja, my vriend en broer, as die Kind van God nie daar was nie, sou ek wel by jou wou bly; 

[5] maar kyk, ek is `n sondige mens en is onrein in my hele wese! 

[6] Want sedert ek onder die heidene leef, het ek skaars meer aan die wette van Moses gedink en leef meer heidens as Judees. 

[7] En dus kan ek beslis nie daar bly, waar die Allerheiligste woon nie!” 

[8] En Josef het gesê: “Broer, jou rede is goed, maar by my word dit nie aanvaar nie! 

[9] Want kyk, die Heer, wat Hom selfs teenoor alle heidene so genadig betoon, sal Hom teenoor jou beslis nog genadiger betoon, omdat jy `n berouvolle Judeër is! 

[10] Jy hoef Hom alleen maar lief te hê, dan kan jy daarop reken, dat die Heer jou ook bo alles lief sal hê! 

[11] Want kyk, die agt kinders en Eudokia is heidene en nogtans gaan die Kindjie met hulle om en het hulle buitengewoon lief!

[12] Ook vir jou sal Hy dus baie liefderyk opneem en sal Hom met jou bemoei soos met Sy beste vriend!” 

[13] Na hierdie woorde het Jonathan moed geskep en hy het saam met Josef weer die heuwel afgegaan na die woning, waar die middagete alreeds lankal voorberei was. 

[14] Josef het nou almal na die tafel toe geroep. Maria het die Kindjie geneem en het, soos gewoonlik, langs Josef aan tafel gaan sit. 

[15] Die Kindjie wou egter nie die melkkos wat vir Hom bestem was, eet nie. 

[16] Maria het angstig daaroor geword, omdat sy gedink het dat die Kindjie iets sou makeer. 

[17] Maar die Kindjie het gesê: “Waarom is jy oor My besorgd? 

[18] Kyk, Jonathan het vir My `n beter spys saamgebring; dit sal Ek eet en dit sal My waarlik versadig!” 

[19] Maria het hier dadelik aan die visse gedink, wat die laaste op die tafel gesit is. 

[20] Maar die Kindjie het gesê: “Maria, jy het My nie verstaan nie! 

[21] Want Ek bedoel nie die visse nie, hoewel dit natuurlik beter smaak as hierdie melk van gister, wat al dik geword het, en wat Joël in plaas van vars melk geneem het om bry (dik pap) vir My te kook. 

[22] Maar Ek bedoel die groot nederigheid en die groot liefde in die hart van Jonathan, wat Hy sonder om My te ken, al dikwels aan My bewys het. 

[23] Ek sê vir jou, Maria, Jonathan is `n sterk mens in sy ledemate, maar die liefde in sy hart is nog veel sterker! 

[24] En hierdie liefde van hom vir My is die mees kragtige kos, wat My nou versadig! Maar Ek wil ook van sy visse eet; Ek is nie lus vir die suur pap nie!” Hieroor was Jonathan so verheug, dat hy luid begin te ween.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205