Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die opgelegde kruis en uitdrukking van die liefde van God vir die mense

(30 Mei 1844)

218 Na hierdie baie leersame bespreking van die Kindjie met Cirénius, het ook Josef hom tot die Kindjie gewend en gevra, wat daar nou met die kruis, wat na die huis gebring is, moes gebeur. 

[2] En die Kindjie het gesê: “Josef, Ek sê vir jou, dit het sy man en sy plek alreeds gevind! 

[3] Julle sê tog ook aan `n koopman: “U het goeie ware, dit sal u nie lank in u besit hê nie, 

[4] want daarvoor sal `n kooplustige koper hom wel spoedig laat vind!” 

[5] En sien, so `n koopman is Ek ook! Ek het vir die vrye verkoop goeie ware gebring. 

[6] En daar het alreeds `n koper gekom en hom gemeld en dit deur sy liefde vir My oorgeneem. 

[7] En die koper is Jonathan, die sterk visser. 

[8] Moet hy dan niks kry vir die baie visse nie, waarvan hy ons al so dikwels ryklik voorsien het?! 

[9] Die een hand was die ander. Aan hom wat water aanreik, moet ook weer water aangereik word.

[10] Wie olie gee, aan hom moet ook weer olie gegee word. 

[11] En wie vertroos, die moet ook vir ewig troos ontvang! 

[12] Maar wie liefde gee, sal ook weer liefde ontvang. 

[13] Jonathan het My al sy liefde gegee; dus gee Ek hom in die kruis ook My liefde. 

[14] Julle het My weliswaar ook wel liefde in water en olie gegee, 

[15] maar Ek sê vir jou, Josef: Suiwer liefde het Ek tog liewer as dié met water en olie! 

[16] Die kruis het nou tot My suiwerste liefde geword! 

[17] Daarom gee Ek dit aan Jonathan, omdat hy `n suiwer liefde vir My het, 

[18] want hy alleen het My lief terwille van Myself en dit is suiwer liefde. 

[19] Hy het My lief sonder om te weet wie Ek is; julle het My minder liefgehad, terwyl julle tog geweet het wie Ek in werklikheid is. 

[20] En sien, dit was `n liefde met werklik baie water! Daarom sal julle op hierdie wêreld dan ook nooit gebrek aan water ly nie, naamlik in julle oë. 

[21] Cirénius het My lief met olie; daarom sal hy ook eens met die olie van die lewe gesalf word, soos julle te drinke sal ontvang met die water van die lewe. 

[22] Maar geheel en al in My woonvertrek sal alleenlik hulle eens woon, wat My werklik suiwer liefhet!” 

[23] Hierdie woorde van die Kindjie het Josef groot angs ingejaag en selfs Cirénius se oë het groot geword van verbasing. 

[24] Maar die Kindjie het gesê: “Julle moet daarom tog nie dink, dat Ek die kruis van julle sal terughou nie, want aan diegene wat `n vry hart sal hê, sal ook die vrye kruis ten deel val!” Hierdie mededeling het die hart en gemoed van Josef en Cirénius weer gerusgestel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205