|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 234
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die afvaardiging by die maaltyd - Versigtigheid by die tafelindeling - Die Kindjie vererg Homself vir die sleg versorgde newetafel - `n Profetiese voorspelling
(19 Junie 1844)
234 Op die afgesproke tydstip het die afvaardiging wat in die tussentyd ander klere aangetrek het, weer teruggekom uit die stad en het elkeen in Josef se huis begroet, waarna hulle hulle met Cirénius na die maaltyd wat reeds voorberei was, begewe het.
[2] Omdat daar egter nou onverwags meer gaste byeengekom het as wat verwag is, was Josef se tafel te klein om ook Josef se gesin daaraan plek te kon gee.
[3] Daarom het die Kindjie stilletjies aan Josef gesê: “Vader Josef, laat vir ons in die kamer langsaan `n klein tafel dek!
[4] En sê aan Cirénius dat hy homself daardeur nie gekrenk moet voel nie;
[5] sê hom ook, dat Ek na die ete wel weer na hom sal kom!”
[6] En Josef het gedoen wat die Kindjie hom aangeraai het.
[7] Maar Cirénius het aan Josef gesê: “Dit sal nie gaan nie! As die Heer van die oneindigheid onder ons is, dan sal ons Hom tog nie by `n heilige tafeltjie vir die kinders sit nie!
[8] O, dit sou tog die allermerkwaardigste reëling van die wêreld wees!
[9] Ek sê vir jou dat juis Hy en jy aan die hoof van die tafel moet sit!”
[10] En Josef het gesê: “Liewe broer, dit sal hierdie keer nie gaan nie,
[11] want sien, daar is nou baie heidene uit die stad daarby en die groot nabyheid van die Heer sou hulle baie sleg kon bekom; daarom moet die wil van die Kindjie hier sowel as oral en altyd gerespekteer word.”
[12] En die Kindjie het nader gekom en gesê: “Cirénius, Josef het gelyk, doen net wat hy sê!”
[13] Nou het Cirénius geen beswaar meer gehad nie en hy dadelik met sy gevolg en met die afvaardiging uit die stad by die middagete gaan aansit.
[14] En Josef het dadelik in die aangrensende sykamer ook `n groot tafel laat plaas, waaraan hy self, Maria, die Kindjie met Sy Jakob,
[15] Jonathan, Eudokia en die agt kinders van Cirénius plaasgeneem het.
[16] Natuurlik is op die tafel van die gaste egter die meeste en die beste spyse opgedien, maar op die huistafel (waaraan Josef, Maria en die Kindjie met Sy Jakob gesit het,) nie soveel en ook minder goeie spyse opgedien.
[17] En die Kindjie het gesê: “O jy skandvlek van `n aardbodem, moes jy dan juis vir jou enigste Heer die slegste voortbring?!
[18] O land tussen Asië en Afrika wat nou vrugbaar is, jy sal daarom vir alle tye met groot onvrugbaarheid geslaan word!
[19] Voorwaar, het daar op ons tafel nie `n paar visse gelê nie, dan sou daar vir My totaal niks eetbaar gewees het nie!
[20] Hier is melkpap met `n bietjie heuning waarvan Ek nie hou nie, daar `n gebakte see-ui en daar `n klein spanspek, daar `n ou gebakte brood met daarnaas `n bietjie botter en heuning,
[21] dit is ons hele maaltyd; alles spyse waarvan Ek nie hou nie, behalwe die paar visse!
[22] Ek wil weliswaar nie hê dat die gaste slegter daaraan toe sou wees as ons nie,
[23] maar dit is tog nogtans ook nie reg dat ons dit soveel slegter moet hê as die gaste nie!”
[24] Maar Josef het gesê: “O liewe Jesus, wees tog nie so gegrief nie, want sien, dit gaan met ons almal tog eenders!”
[25] En die Kindjie het gesê: “Gee My van die visse, dan is dit vir hierdie keer goed. Maar `n volgende keer moet dit anders gaan, want met hierdie daaglikse kos kan Ek nie altyd genoeë neem nie!” Josef het dit onthou en het die Kindjie van die visse gegee om te eet.
|
|
|
|
|