Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Betekenis van die ooreenkomste van die maaltyd - Die fases van die geestelike toestande op aarde: 1. In die algemeen; 2. Die Judeërdom; 3. Die Griekse kerk; 4. die Roomse kerk; 5. Die verdere Christelike sektes

(21 Junie 1844)

237 Toe die goed voorbereide vis op Josef se tafel opgedien was en almal dit met genot geëet het 

[2] en die tafel ook opgeruim was, het Josef aan Jakob gevra of hy ook `n profetiese verklaring sou kon gee oor hierdie aanvanklik karige en slegte, maar uiteindelik selfs smaaklike maaltyd. 

[3] En Jakob het met die grootste nederigheid en beskeidenheid gesê: 

[4] “O ja, liewe vader Josef, vir sover die Heer my dit sal gee, vir sover sal ek dit sekerlik getrou aan u bekend maak wat hierdie maaltyd beteken. 

[5] En daarom vra ek u dan ook om werklik aandagtig na my te luister.” 

[6] Almal het nou hulle aandag op Jakob (se mond) gevestig en hy het aldus begin praat: 

[7] “Die karige en slegte maaltyd kenmerk daardie toekomstige tyd, waarin die Woord van die Heer misvorm sal word. 

[8] Dan sal Sy dienaars die beste deel vir hulleself hou en hulle gemeentes met die peule voed, net soos die heidene hulle varke. 

[9] Die Judeërs sal wees soos die gebraaide see-ui; 

[10] want hoewel dit `n wortel is wat aan die see van die Goddelike barmhartigheid woeker, en nou volledig gebraai word in die vuur van die Goddelike liefde,

[11] sal dit egter nogtans as `n slegte spys en as `n uiters maer gereg op die tafel van die Heer staan en niemand sal daarna reik nie. 

[12] Die dom melkkos sal die Grieke wees. Hulle sal nog wel die meeste die woord van die Heer eg bewaar, 

[13] maar omdat hulle daarvolgens net `n uiterlike, maar geen innerlike lewe sal lei nie, sal hulle lou, dom en smaakloos wees soos hierdie kooksel, wat weliswaar ook die beste lewensappe in sigself dra, maar omdat dit koud is en nie behoorlik deurgekook is nie, slaan dit ook `n slegte figuur op die tafel van die Heer, 

[14] want dit ruik nie lekker nie en dus, terwyl dit nog heeltemal rou was, het dit dus ook geen aangename smaak vir die verhemelte van die Heer gehad nie. 

[15] Die waatlemoen is Rome. Hierdie vrug groei aan `n steel, wat al kruipend in alle rigtings kronkel, 

[16] waaraan baie vrugte blomme voorkom, maar slegs agter weiniges daarvan vertoon later in homself `n vrug. 

[17] En as die vrug alreeds daar is en ryp geword het, dan het dit weliswaar `n baie aangename geur, 

[18] maar as `n mens dit egter oopsny en die vrugvleis proe, dan bemerk `n mens dadelik dat die smaak verreweg slegter is as die geur. 

[19] Neem `n mens ongekruide heuning daarby, dan word mens na die eet van so `n vrug dadelik so onwel, dat hy daarvan sou kon opbring, 

[20] ja, `n mens kan deur die eet van so `n vrug selfs maklik doodgaan! 

[21] So sal dit ook geruime tyd met Rome so wees en baie sal hulleself deur die eet van hierdie kos die dood oor hulleself bring; en hierdie vrug sal ook soos `n slegte gereg op die tafel van die Heer staan en sal deur Hom nie aangeraak word nie. (Rooms-Katolisisme). 

[22] Dan is hier nog botter, brood, `n bietjie heuning en etlike maer visse. 

[23] Hierdie spyse is wel iets beter, en is baie afgesonder van die ander, en sien daar nog wel goed uit; 

[24] maar daar is ook in hulle geen warmte nie en die belangrikste speserye van die vuur het hulle nog nie aangeraak nie; daarom is hulle hier aan die tafel van die Heer en word ook nie geprys nie. 

[25] Die visse was wel op die vuur, maar hulle het te min vet gehad en daardeur is hulle droog, so dor soos strooi en die Heer kan dit ook nie geniet nie. 

[26] Onder hierdie spyse word bepaalde sektes verstaan, wat hulleself van die eerstes sal afsonder en wel geloof sal hê, 

[27] maar `n mens sal by hulle geen, of net baie weinig liefde ontdek en daarom sal hulle ook nie aangenaam wees vir die Heer nie. 

[28] Kort saamgevat is dit die betekenis van hierdie maaltyd. Ek vertel alles wat ek ontvang het; meer het ek nie ontvang nie, daarom swyg ek nou.” Hierdie uiteensetting het wel groot opsien veroorsaak, maar niemand het dit verstaan nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205