Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se versoek om geseën te word, en die Goddelike antwoord van die Kindjie - Die edele afskeidsgebed van Cirénius - Die Kindjie seën die vertrekkendes en stel hulle gerus met die woorde: Waar julle hart is, daar is ook jou skat

(04 Julie 1844)

245 Toe die skip heeltemal gereed was vir die afvaart, het Cirénius na die Kindjie gegaan, voor Hom neergekniel en Hom om Sy seën gevra met die volgende woorde: 

[2] “O Heer, my groot God, my Skepper, my Vader van ewigheid, 

[3] U, wat na U ewige raadsbesluit hier op hierdie stof, wat ons aarde en wêreld noem, as `n swak mensekind in ons gestalte wandel, 

[4] my almagtige Heer, voor wie se sagste wenk alle magte van die oneindigheid bewe, 

[5] sien my, ellendige wurm voor U in die stof van my volkome nietigheid, barmhartig aan 

[6] en ag my, `n onwaardige wurm in die stof voor U, o Heilige van alle Gewydheid, waardig om U eindeloos heilige seën te ontvang! 

[7] Laat, o my lewe, U mees heilige Naam al my mag, krag en sterkte wees! 

[8] U my bo alles geliefde Jesus, egte koning van my hart, sien my arm, swak sondaar goedgunstig en barmhartig aan en laat dit toe dat ek voortdurend sal groei in die liefde vir U! 

[9] Neem, my ewig allergeliefde Jesus, my liefde aan as die swak dank vir die eindelose barmhartighede en erbarminge wat U my met elke asemteug skenk!” 

[10] Nou het Cirénius se hart van liefde gebreek en hy kon van louter ween nie verder praat nie. 

[11] Die Kindjie het egter vrolik na Cirénius toe gespring, hom herhaaldelik omhels en toe aan hom gesê: 

[12] Huil nie, My liefste Cirénius, want jy sien tog immers hoe lief Ek jou het! 

[13] In hierdie liefde van My vir jou en tot jou lê immers My grootste seën! 

[14] Ek sê vir jou, as jy bly soos jy is, dan bly jy vir ewig Myne en jou siel sal in ewigheid die dood nooit voel, nòg smaak nie! 

[15] Soos jy My nou om hierdie seën gevra het, so vra Ek ook jou om My nooit aan iemand te verraai nie! 

[16] En Ek vra jou dit nie om My ontwil nie, maar om die wêreld se ontwil, 

[17] want hulle sou weldra die dood vind as hulle My te vroeg sou herken!” 

[18] Na hierdie woorde het die Kindjie Cirénius nogmaals omhels en hom innig gekus! 

[19] Toe het Cirénius sy arms wyd uitgebrei en met diep ontroerde stem gesê: 

[20] “O God! O, U my God! O, U my groot God! - Wat is ek dan, dat U my kus met die mond waaruit die hele skepping voortgekom het?! 

[21] O stralende hemele en jy aarde, en julle kragte van die hemele! Kyk, kyk hierheen! 

[22] Hy, wat julle en my geskape het, staan hier voor my en seën my met Sy almagtige hand! 

[23] Wanneer sal jy, o aarde, dit verstaan, die grootte verstaan van die barmhartigheid van hierdie tyd, waarin die voete van jou ewige Skepper en Heer jou bodem betree het?! 

[24] O mees heilige bodem wat die Heer dra, sal jy wel ooit die grootte van so `n barmhartigheid dankbaar en in berouvolle nederigheid erken?! 

[25] O, heilige plek, hoe swaar is dit vir my om jou te verlaat!” 

[26] Die Kindjie het nou Cirénius letterlik omhoog gehef en het hom nie weer laat neerkniel nie. 

[27] Toe het ook Tullia en Maronius Pilla daar aangekom en die Kindjie het hulle almal geseën en almal het geween, omdat hulle nou weer moes weggaan.

[28] Maar die Kindjie het gesê: “O, o, ons skei immers nie! Want waar julle hart is, daar sal ook julle skat wees!” 

[29] Daarmee het hulle hulle laat gerusstel en het weer opgestaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205