Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef met die heilige familie in die nuwe huis – Cirénius as gas - Die dank van Josef en Maria

(13 Okt. 1843)

44 Toe Cirénius met Josef en sy gesin by die gekoopte villa aangekom het, het Josef aan Cirénius gesê: 

[2] ”Edele vriend! Hier sou dit my wel geval; `n beskeie huis, `n mooi vrugtetuin vol dadels, vye, granaatappels, lemoene, appels, pere en kersies, 

[3] druiwe, amandels, spanspek en baie soorte groente! En daar langsaan nog weigrond en drie koringakkers - dit hoort hier alles bymekaar! 

[4] Werklik, ek sou niks skitterends of pralends wil hê nie; maar hierdie nuttig aangelegde villa, wat baie meer lyk soos my gehuurde stuk grond in Nasaret in Judea, sou ek graag wil huur of koop!” 

[5] Hierop het Cirénius die koopakte met die beskermingsdokument vorendag gehaal en dit aan Josef gegee met die woorde: 

[6] 'Die Heer, jou God wat nou ook my God is, seën dit aan jou! Hiermee oorhandig ek jou die belastingvrye volledige eiendomsreg van hierdie villa. 

[7] Alles wat jy hier deur die digte struikgewas omgewe sien en omhein deur pale, behoort aan hierdie villa! Agter die woongedeelte is nog `n ruim stal vir esels en koeie! Twee koeie sal jy daar vind; lasdiere het jy in elk geval alreeds genoeg vir jou behoeftes. 

[8] Sou jy mettertyd weer na jou vaderland wil terugkeer, kan jy hierdie besitting verkoop en op die een of ander plek met die geld iets anders aanskaf. 

[9] In een woord: Jy, my groot vriend, is vanaf nou in die volledige besit van die huis en kan daarmee doen wat jy wil. 

[10] Ek sal vandag, môre en oormôre nog hier bly, sodat die boosaardige boodskappers van Herodus nog langer op my moet wag! 

[11] En in hierdie kort tydjie wil ek uit groot liefde tot jou medegebruik maak van hierdie villa! 

[12] Weliswaar sou ek net hoef te gebied en in `n oogwink sou die keiserlike paleis vir my ingeruim word - ten eerste omdat ek voorsien is van `n keiserlike volmag 

[13] en ten tweede omdat ek tot die naaste familie van die keiser behoort. 

[14] Maar dit alles vermy ek uit groot agting en liefde vir jou, maar baie in die besonder vir die Kind, wat ek onherroeplik op die minste vir die Seun van die allerhoogste God hou!” 

[15] Josef was deur hierdie edelmoedige verrassing soveel ontroer, dat hy van dankbare vreugde alleen maar begin huil het, maar nie kon nie praat nie. 

[16] Ook met Maria het dit nie beter gegaan nie, maar sy het haarself egter beheers, na Cirénius toe gegaan en uitdrukking aan haar dankbaarheid gegee deur die Kindjie in Cirénius se arms te lê. En Cirénius het diep ontroerd gesê: O My grote God en Heer! Is dan ook `n sondaar werd om U op my hande te dra? O, wees my genadig en barmhartig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205