Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die bekentenis van Josef aan die Kindjie - Die verskil tussen masker en wysheid - Die versigtigheid van die Heer vanweë die oordeel van die wêreld - `n Vermaning van die Kindjie aan Maria

(07 Mei 1844)

202 Daarna het Josef die Kindjie na hom toe geroep en aan Hom gesê: 

[2] “Luister nou eers na my! Wat ek nou gaan sê, dit sê ek nie om Jou ontwil nie, maar om die ontwil van diegene wat hier is! 

[3] Want ek weet dat Jy altyd my mees geheime gedagtes deursien en ek hoef daarom ook niks aan Jou te sê nie; maar diegene wat hier aanwesig is, moet ook weet wat ek aan Jou sê. 

[4] Kyk, dit is waar, dat ons uiterlik gesien, dikwels lou met Jou was, 

[5] maar hierdie louheid was net `n masker vir ons innerlike agting en liefde vir Jou, sodat Jy nie bekend sou word aan die wrede wêreld nie. 

[6] Wie ken die wêreld wel beter as Jy? Dan sal Jy ook die beste insien dat ons gedrag teenoor Jou in die openbaar tot dusver so moes wees, sodat ons met Jou veilig kon wees. 

[7] En daarom vra ek Jou: Vergeef ons die so menige skynbare kilheid van ons harte, wat van binne nogtans by die aanblik van Jou altyd begin te gloei soos die môrerooi. 

[8] Maar in die toekoms sal ons ons ook uiterlik teenoor Jou so gedra soos ons innerlike aandrang ons dit sal ingee.” 

[9] Na hierdie toespraak het die Kindjie gesê: “Josef, jy het die waarheid gespreek, maar desnieteenstaande bestaan daar `n groot verskil tussen die gebruik van `n masker en wysheid. 

[10] Die masker maak die gemoed koud, maar die wysheid verwarm dit. 

[11] Waartoe dien die masker, as die wysheid toereikend is? Waarom geveinsdheid, as die natuurlike wysheid duisend beveiligingsmiddels bied? 

[12] Is Ek nie die Heer, wie die hele oneindigheid op `n wenk moet gehoorsaam, omdat hulle slegs `n gedagte van My is wat deur My vasgehou word en bestaan as `n uitgesproke woord uit My mond?! 

[13] As Ek dus die enigste, waaragtige Heer is, hoe sou dan vir My veiligheid ten opsigte van die wêreld, die maskering van jou hart doeltreffender wees as `n hele wêreld vol van My ewige mag?! 

[14] Kyk, `n asemtog uit My mond - en die hele sigbare skepping is nie meer daar nie! 

[15] Dink jy dan wel, dat Ek die masker van jou hart nodig het om My en jou te bewaar teen vervolging deur die wêreld? 

[16] O nee, dit het Ek nie nodig nie! Want Ek hou My nie dalk uit vrees vir die wêreld verborge nie, 

[17] maar alleen vanweë die oordeel, sodat die wêreld nie geoordeel sal word as hulle My sou herken in hulle boosheid nie. 

[18] Wees daarom almal voortaan wel wys met die oog op die heil van die wêreld; 

[19] maar spaar My die masker, want dit is op sy beste stand `n voortbrengsel van die hel! 

[20] En jy, Maria, keer terug na jou eerste liefde, andersins sal jy eendag nog baie verdriet hê om te verwerk, omdat jy My nou vanweë die wêreld deur die maskering van jou hart koud behandel!” 

[21] Hierdie woorde het Maria se hart gebreek en sy het die Kindjie met al die krag van haar liefde geneem en Hom aan haar hart gedruk, terwyl sy Hom met die grootste gloed van haar moederlike liefde geliefkoos het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205