Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Gebed van die ongeruste Josef tot die Heer - Die Persiese karavaan voor die grot - Die verbaasde hoofman - Goeie getuienis van die drie Wyses oor die Kind - Die waarskuwing teen Herodus

(14 Sept. 1843)

29 Dit was alreeds middag, maar die hoofman het hierdie keer almal op hom laat wag. En Josef het in bang afwagting die oomblikke afgetel, maar die hoofman het nie te voorskyn gekom nie. 

[2] Daarom het Josef homself tot die Heer gewend en gebid: ”My God en My Heer, ek bid U, dat U my tog nie so in angs wil laat nie; want kyk, ek is oud en al taamlik swak in al my gewrigte! 

[3] Sterk my daarom deur `n boodskap, wat ek moet doen om nie tot skande te word voor al die seuns van Israel nie!” 

[4] En kyk, toe Josef so gebid het, het die hoofman byna buite asem gekom en met Josef gepraat: 

[5] ”Man van my hoogste agting! Ek kom juis terug van `n mars wat ek self met `n groot legioen oor byna `n derde van die pad na Jerusalem gemaak het om iets van die Perse te verneem! 

[6] Ek het ook oral verspieders opgestel, maar tot nog toe kon ek niks uitvind nie! Wees maar net rustig, want as hulle kom, moet hulle by my wagposte stop wat deur myself opgestel is. 

[7] Dit sal vir hulle bepaald nie maklik wees om iewers deur te breek en tot hier te kom voordat hulle deur my verhoor en beoordeel is nie! Daarom gaan ek nou dadelik weer weg en sal die wagposte versterk; vanaand is ek weer by jou!” 

[8] Nou het die hoofman weer vinnig verder geloop en Josef het God geloof en aan sy seuns gesê: ”Plaas nou die ete op die tafel, en jy, Salome, vra aan Maria of sy met ons saam aan die tafel wil eet; of sal ons haar die spyse na haar bed bring?” 

[9] Maria het self egter baie opgewek met die Kindjie uit haar tent gekom en gesê: ”Omdat ek sterk genoeg is, wil ek by julle aan tafel eet; bring net die krippie hierheen vir die Kindjie!” 

[10] Josef was daaroor baie verheug en het vir Maria die beste stukkies voorgesit en hulle het God die Heer geloof en geëet en gedrink. 

[11] En kyk, toe hulle egter nog maar nouliks klaar geëet het, het daar opeens `n groot lawaai voor die grot ontstaan. Josef het Joël gestuur om te gaan kyk wat daar aan die gang was. 

[12] Toe Joël by die deur na buite gekyk het (want die uitgang van die grot was getimmer), het hy `n hele karavaan Perse met belaaide kamele gesien en met `n bang stem gesê: 

[13] ”Vader Josef, om JaHWeH se wil, ons is verlore! Want kyk, die berugte Perse is hier met baie kamele en `n groot dienspersoneel! 

[14] Hulle slaan hulle tente op en slaan kamp op in `n wye kring heeltemal om ons grot heen. En drie aanvoerders wat met goud, silwer en edelstene versier is, pak goue sakke uit en maak aanstaltes om hulleself hier na die grot te begewe!” 

[15] Deur hierdie nuus was ons Josef byna stomgeslaan; met groot moeite het hy die woorde uitgespreek: ”Heer, wees my arme sondaar genadig! Ja, nou is ons verlore!” Maria het egter die Kindjie egter geneem en met Hom in haar tent ingehardloop en gesê: ”Net wanneer ek dood is, sal hulle Hom by my kan afneem!" 

[16] Josef het nou, deur sy seuns begelei, na die deur gegaan en heimlik gekyk wat die Perse aan die doen was. 

[17] Toe hy egter die groot karavaan en die opgeslane tente sien, het hy nog dubbeld so bang in sy gemoed geword, sodat hy daarop vurig begin te smeek, dat die Heer hom tog hierdie keer uit so `n groot nood sou moes red! 

[18] En kyk, terwyl hy so gesmeek het, het die hoofman in volle wapenrusting gekom, begelei deur duisend soldate en het die soldate aan beide kante van die grot opgestel.  

[19] Hy het self na die drie magiërs toe gegaan en hulle gevra met welke doel en hoe hulle - deur hom heeltemal onopgemerk - hier aangekom het. 

[20] En die drietal het eenstemmig met die hoofman gepraat: ”Beskou ons tog nie as vyande nie; u sien immers dat ons geen wapens by ons dra nie, nog openlik, nog verborge! 

[21] Ons is sterrekundiges uit Persië en ons het `n ou profesie, waarin geskryf staan dat daar in hierdie tyd vir die Judeërs `n Koning van alle konings gebore sal word en Sy geboorte sal deur `n ster aangedui word! 

[22] En hulle wat die ster sal sien, moet hulleself op reis begewe en na die plek trek, waarheen die magtige ster hulle sal lei; want waar die ster sal bly staan, daar sal hulle die Heiland van die wêreld vind! 

[23] En kyk, bo hierdie stal staan die ster, sekerlik vir elkeen sigbaar, selfs gedurende die helder daglig! Hy was ons gids hierheen; hier bo hierdie stal bly hy staan en ons het veilig en sonder probleme die plek bereik, waar die wonder van alle wondere homself in lewende lywe bevind, `n pasgebore Kind, `n Koning van alle konings, `n Heer van alle meesters, JaHWeH, in alle ewigheid! 

[24] Hom moet ons sien, aanbid en aan Hom die hoogste hulde bring! Versper ons daarom tog nie die weg nie, want ons is beslis deur geen bose ster hierheen gelei nie!” 

[25] Nou het die hoofman na die ster gekyk en was uitermate verbaas daaroor, want ten eerste was die ster baie laag en ten tweede was sy lig byna net so sterk soos die natuurlike lig van die son! 

[26] Toe die hoofman homself van dit alles oortuig het, het hy aan die drietal gesê: ”Goed, ek het nou deur julle woorde en deur die ster tot die oortuiging gekom, dat julle met eerlike bedoelings hiernatoe gekom het; maar ek sien nie in, wat julle tevore in Jerusalem by Herodus moes doen nie! Het die ster julle ook die weg na hom gewys? 

[27] Waarom het julle wonderlike gids julle dan nie dadelik hiernatoe gelei nie, terwyl dit tog beslis hier die plek van julle bestemming is? Hierop verlang ek nog `n antwoord van julle, anders kom julle nie in die grot nie!” 

[28] Die drie het gesê: ”Die groot God sal dit weet! Dit moet beslis in Sy plan ingesluit lê, want niemand van ons was ooit van plan gewees om Jerusalem ook maar van ver te nader nie! 

[29] En u kan ons volkome glo; die mense in Jerusalem geval ons glad nie en allermins die vors Herodus! Aangesien ons egter alreeds daar was en die aandag van die hele stad op ons gevestig was, moes ons wel aangee wat ons voorneme was! 

[30] Die priesters het aan ons inligting via die koning gegee, wat ons versoek het om hom die nuus oor die gevinde koning oor te bring, sodat ook hy sou kom en aan die nuwe koning sy eer sou kom bring!” 

[31] Maar die hoofman het gesê: ”Dit sal julle nooit doen nie, want ek ken die voorneme van hierdie vors! Ek sou julle eerder hier as gyselaars hou! Ek gaan nou eers na binne en sal met die vader van die Kind oor julle praat.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205