Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die Romeinse volkstelling - Josef was verhinder om aanwesig te wees by die volksberaad te Jerusalem - Annas die verraaier

(Lukas. 2:1-3).

10 Twee weke na hierdie gebeurtenis is daar te Jerusalem `n breedvoerige oorleg gehou en weliswaar oor dit wat mense van sommige Romeine wat in Jerusalem woon, verneem het, naamlik dat die keiser van plan was om die hele Judese volk te laat tel en te registreer. 

[2] Die berig het by die Judeërs baie onrus veroorsaak, omdat dit vir hulle verbode was om mense te tel. 

[3] Daarom het die hoëpriester vir die doel `n groot vergadering belê, wat alle oudstes en alle beoefenaars van kunste en ambagte, waartoe Josef ook gereken is, moes bywoon. 

[4] Maar Josef was juis `n paar dae van die huis af weg om in die gebergte hout vir die bouwerk uit te soek. 

[5] Die boodskapper uit Jerusalem, wat intussen na Josef se huis gekom het om aan hom die uitnodiging na die groot vergadering te bring, het, omdat hy Josef nie tuis aangetref het nie, aan sy oudste seun die bevel gegee, dat hy Josef by sy tuiskoms dadelik uiters dringend daaroor moes inlig! 

[6] Josef het alreeds die volgende oggend weer tuis gekom en sy seun Joses het hom dadelik ingelig oor die berig uit Jerusalem. 

[7] Maar Josef het aan hom gesê: “Vyf dae het ek nou in die gebergte rondgeklim en ek is dus uitermate moeg. As ek my voete nie eers `n paar dae rus gun nie, dan sal hulle my beslis nie meer kan dra nie; daarom is ek genoodsaak om hierdie keer geen gehoor te gee aan die oproep uit Jerusalem nie. 

[8] Verder het hierdie hele vergadering geen enkele waarde nie, want die magtige keiser van Rome, wat nou selfs al in die land van die Skyhte (Skitiërs) sy septer swaai, sal weinig aandag skenk aan ons beraad en sal doen wat hy wil! Dus bly ek nou maar rustig tuis.” 

[9] Maar drie dae later het daar uit Jerusalem `n sekere Annas, wat `n groot Skrifgeleerde was, na Josef gekom en aan hom gesê: 

[10] ”Josef, jy is `n deskundige vakman uit die stam van Dawid en kenner van die Skrif. Ek moet jou vra, waarom jy nie na die vergadering gekom het nie.” 

[11] Josef het homself tot Annas gewend en gesê: ”Kyk, ek was vyf dae lank in die gebergte en het nie geweet dat ek opgeroep was nie! 

[12] Toe ek egter tuisgekom en van my seun Joses die boodskap ontvang het, was ek te moeg en te swak om dadelik na Jerusalem te gaan. Bowendien het ek tog al op die eerste oogopslag gesien, dat hierdie hele groot vergadering weinig of geen nut sal hê nie.” 

[13] Terwyl Josef aan die woord was, kyk Annas rond en ontdek ongelukkig die hoogswanger meisie. 

[14] Sonder om `n woord te sê, het hy daarom die huis van Josef verlaat en homself so vinnig moontlik na Jerusalem gehaas. 

[15] Toe hy daar buite asem aankom, het hy dadelik vinnig na die hoëpriester gegaan en aan hom gesê: 

[16] ”Luister na my en vra my nie, waarom die seun van Dawid nie na die vergadering gekom het nie, want ek het in sy huis ongehoorde gruwelikhede ontdek! 

[17] Kyk, Josef, aan wie God en u die getuienis gee, deurdat u aan hom die maagd van JaHWeH toe vertrou het, het onbeskryflik ernstig en grof gesondig teenoor God en u!”

[18] Die hoëpriester was hewig ontsteld deur Annas se berig en het net kortliks gevra: ”Wat, hoe is dit? Sê my die volle waarheid, anders is jy self vandag nog `n kind van die dood!” 

[19] En Annas het gesê: “Kyk, die maagd Maria, wat hy volgens JaHWeH se getuienis uit hierdie tempel onder sy beskerming gekry het, het hy terdeë onteer, want haar vergevorderde staat van swangerskap is daarvan `n lewende bewys!” 

[20] Maar die hoëpriester het gesê: “Nee, dit kon Josef nooit gedoen het nie! - Kan God dan `n valse getuienis gee?!” 

[21] Maar Annas het gesê: ”Stuur dan u mees vertroude dienaars na hom toe, dan sal u uself daarvan oortuig, dat die maagd werklik hoogswanger is; as dit nie so is nie, dan wil ek hier gestenig word!”

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205