Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Liefdeswedstryd tussen Josef en Cirénius - Josef se onbaatsugtigheid - Oor ware en onegte dienaars van God

(11 Junie 1844)

227 Toe die oggendete op hierdie manier voorberei was en alle gaste op die been was, het Josef dadelik na Cirénius gegaan om hom te vra of hy al gereed was vir die oggendete. 

[2] En Cirénius het aan Josef gesê: “O my mees verhewe vriend en broer, ek is met my hele gevolg sekerlik wel gereed, 

[3] maar ek weet ook, dat jy in jou voorraadkamer nie so `n voorraad het om verskeie dae agtereenvolgens aan meer as honderd mense te onthaal nie. 

[4] Daarom sal ek vandag my dienaars vroeg na die stad stuur, waar hulle vir my en vir jou eetware moet koop!” 

[5] Toe Josef dit verneem het, het hy gesê: 

[6] “O liewe vriend en broer, dit kan jy altyd in elk geval nog vir jou skip doen,

[7] maar vir my sou sulke moeite totaal vergeefs wees. 

[8] Want sien, ten eerste is die oggendete al gereed en ten tweede is daar in my voorraadkamer nog soveel voorraad, dat julle almal dit in agt dae nouliks sou kon opeet! 

[9] Maak jou om my dus geen sorge nie, want waarlik, ek is op die beste versorg!” 

[10] En Cirénius het gesê: “Waarlik, waarlik as aan my van jou allerhoogste roeping geen ander getuienis bekend sou wees nie, dan sou jou onbegryplike onselfsugtigheid my wel daarvan oortuig! 

[11] Ja, daaraan sal `n mens te alle tye noukeurig die egte dienaars van God van die valse dienaars onderskei: 

[12] Die egte dienaars sal in hoë mate onbaatsugtig wees, en die valse dienaars sal presies die teenoorgestelde wees; 

[13] want die egte dienaars dien God in hulle hart en vind daar ook die allerhoogste ewige beloning, 

[14] maar die valse dienaars dien `n God wat hulle volgens hulle eie bose aard gevorm het, terwille van die wêreld; 

[15] daarom soek hulle ook die loon van die wêreld en laat hulle vir elke stap selfs buitensporig betaal. 

[16] Want dit weet ek as gebore heiden die beste, hoe die Romeinse priesters hulleself vir elke stap wat hulle doen, onbeperk laat betaal. 

[17] Waarlik, ekself moes eenkeer vir raadgewing, aan die opperpriester honderd pond goud betaal! 

[18] Vraag: Was dit `n egte dienaar van `n ware God? 

[19] Maar jy het my nou al drie dae gasvry onthaal en watter wyse lesse het ek in jou huis ontvang - en nog neem jy niks aan nie! 

[20] Selfs vir my agt kinders neem jy niks aan nie! Daaruit blyk tog wel baie duidelik hoe die egte en goeie dienaars van God daar uitsien!” 

[21] Maar Josef het gesê: “Broer, praat nou nie verder daaroor nie, want sulke woorde is ook te veel vir my; 

[22] maar gaan sit aan tafel, dan sal die oggendete dadelik daar wees!” En Cirénius het dadelik aan Josef se wens gevolg gegee en aan tafel plaasgeneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205