|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Verwondering en onrus van Eudokia oor die plotselinge verdwyning van die pragtige jongmans - Maria se gerusstellende woorde - Die rus van die nag – Eudokia se heimwee na Gabriël, sy plotselinge verskyning en sy raad
(06 Mrt 1844)
159 Toe die jongmans verdwyn het, het Eudokia aan Maria gevra wie hierdie jongmans nou eintlik was.
[2] Want Eudokia was nog `n heiden en het niks van die besondere hemelse geheime geweet nie.
[3] Dat by hierdie geleentheid egter ook die heidene die engele gesien het, spruit voort uit die feit, dat hulle innerlike oog hierdie hele tyd deur oopgehou is,
[4] en die verdwyning van die engele was dan ook niks anders as die sluiting van die geestelike innerlike gesigsvermoë nie,
[5] waardeur dit na die verdwyning van die engele vir Eudokia voorgekom het asof sy uit `n diep droom ontwaak het.
[6] Sy voel haarself nou weer heeltemal natuurlik en alles wat sy die hele dag deur gesien, gehoor en gedoen het, het vir haar soos `n baie lewendige droom voorgekom.
[7] Daarom is die bogenoemde vraag van Eudokia aan Maria dan ook vergeeflik,
[8] want sy was nou weer heeltemal in haar natuurlike toestand en dit was heidens.
[9] Maar Maria het geantwoord en gesê: ”Eudokia, ons sal nog langer bymekaar wees en alles wat nou nog duister vir jou is, sal vir jou duidelik word!
[10] Wat vandag betref, sal ons ons ter ruste begewe, want ek is baie moeg!”
[11] Uiterlik gesien, het Eudokia wel genoeë geneem met hierdie troos, maar in haar hart het die verlange toegeneem.
[12] Josef het egter gesê: ”My kinders, dit het al nag geword. Sluit daarom die deure en gaan ter ruste!
[13] Want môre is dit immers nog die dag na die Sabbat, waarop ons nie werk nie; dan kan ons nog oor heelwat dinge praat!
[14] Prys vir vandag die Heer en doen soos ek julle gesê het!
[15] Jakob, maak jy die wieg klaar en bring die Kindjie na die bed; en sit die wieg langs die bed van sy moeder!
[16] En jy Eudokia, gaan ook na jou slaapkamer en versterk jou ledemate deur `n weldadige slaap in die Naam van die Heer!”
[17] En Eudokia het dadelik na haar bestemde kamer gegaan en op haar bed gaan lê, maar die slaap het weggebly.
[18] Want haar vurige hart was te opgewonde oor die verdwyning van die jongmans;
[19] want sy het op Gabriël verlief geraak en het nou geen raad meer geweet wat om te doen nie, omdat die voorwerp van haar liefde so plotseling voor haar oë verdwyn het.
[20] Toe almal gerus en geslaap het, het Eudokia opgestaan en `n venster oopgemaak en na buite gekyk.
[21] Opeens het Gabriël voor haar gestaan en gesê: ”Jy moet jou hart tot rus bring!
[22] Want kyk, ek is geen mens soos jy nie, maar ek is net `n gees en `n boodskapper van God!
[23] Maar aanbid die Kindjie, want Hy is die Heer! Hy sal jou hart gerusstel!” - Daarop het die engel weer verdwyn en Eudokia het rus vir haar siel gekry.
|
|
|
|
|