Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 297

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Kort beskrywing van die gebeurtenisse in die tempel van die twaalfjarige Jesus deur Sy broer Jakob - Jesus trek Homself nou heeltemal terug tot en met die bruilof te Kana

(04 Sep 1844)

(Lukas. 2:41-52)

297 Van toe af het Jesus Homself teruggetrek en geen wonderwerke meer in die openbaar verrig tot en met die bruilof te Kana in Galiléa nie.

[2] Alleenlik toe die Seun twaalf jaar oud geword het, en Hy vir die eerste keer vir die fees na Jerusalem gekom het, het Hy in die tempel, soos dit in die Evangelies bekendgemaak is, te midde van die geleerdes `n wonderwerk gedoen deur Sy wysheid. (Lukas. 2:41-52)

[3] Daardie wonder het ek, Jakob, my eers later deur die Heer Self laat vertel, omdat ek nie daarby aanwesig was nie. Kortliks omskryf het dit uit die volgende bestaan: Lukas. 2:43: En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie. Lukas. 2:44: Maar omdat hulle gedink het dat hy by die reisgeselskap was, het hulle `n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

[4] In die groot gedrang het Josef en Maria Jesus in die tempel verloor en hulle het gedink dat Hy, omdat Hy nie by hulle was nie, sekerlik met Salóme of nog ander familielede of kennisse alreeds na die huis teruggegaan het.

[5] En dus het beide agter die Nasaret-karavaan aangestap, wat hulle eers teen die aand in die herberg tussen Nasaret en Jerusalem bereik het. Lukas. 2:45: En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

[6]a Toe hulle Jesus egter nie daar gevind het nie, het hulle baie verdrietig geword. Hulle het enkele begeleiers saamgeneem en in die nag na Jerusalem teruggetrek.

[7] Daar aangekom, het Josef hom onmiddellik na die landvoog Cornelius begewe, wat toe nog in Jerusalem die land bestuur het.

[8] Josef het aan Cornelius, wat hom buitengewoon vriendelik tegemoetgekom het, vertel wat hom oorgekom het.

[9] Cornelius het aan Josef dadelik `n Romeinse wag saamgegee, met wie Josef alle huise mag deursoek het.

[10] So het Josef byna die hele Jerusalem deursoek, maar het Jesus nogtans na `n gesoek van drie dae lank nêrens gevind nie.

[11] Toe het beide uitermate bang geword. Diep bedroef het hulle aan Cornelius sy wag teruggegee, en het hulle nie deur hom laat vertroos nie.

[12] Maar omdat dit alreeds taamlik laat in die aand was, wou Cornelius hulle by hom hou.

[13] Maar Josef het gesê: “O edele vriend, ek wil vannag wel by jou bly, maar eers moet ek nog opgaan na die tempel om daar aan God die Heer in en uit my bedroefde hart offer wat ons verloor het!”

[14] Toe het Cornelius Josef met Maria na die tempel laat gaan. Lukas. 2:46: En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. Lukas. 2:47: En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

[15] En kyk, daar het hulle Jesus te midde van die geleerdes sien sit; hoe Hy vrae aan hulle gestel het, hulle onderrig en hulle antwoorde op hulle vrae gegee het, sodat almal hulle uiters daaroor verbaas het;

[16] want Hy het aan hulle die mees verborge gedeeltes uit die profete verduidelik, hulle oor die sterre en hulle bane, oor hulle oerlig en oor hulle tweede, derde, vierde, vyfde, sesde en sewende lig onderrig.

[17] Ook het Hy aan hulle so die wese van die aarde beskryf en hulle die fisieke, psigiese en geestelike samehang van die dinge aan hulle gewys

[18] en aan hulle almal die onsterflikheid van die siel op so `n verbasende wyse bewys, dat almal daarom gesê het:

[19] “Waarlik, so-iets het `n mens nog nooit gehoor nie! `n Seun van twaalf jaar het meer wysheid in een vinger, as ons almal tesame!” Lukas. 2:48: En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

[20] Toe het Josef en Maria voor Jesus gaan staan en aan Hom gesê:

[21] a “Waarom het Jy ons dit tog aangedoen?! Kyk, ons het Jou drie dae lank met baie pyn gesoek en kon Jou nie vind nie!” Lukas. 2:49: En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My vader moet wees nie?

[22]a Maar Jesus het geantwoord: “Waarom het julle dit gedoen? (Te wete daar buite naamlik met die hulp van soldate).

[23]b Het julle dan nie vroeër van die huis van My Vader geweet nie en dat Ek daarin moes doen wat My Vader s’n is?” Lukas. 2:50: En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

[24a]a Beide het hierdie woorde nie verstaan nie; Lukas. 2:51: En Hy het saam met hulle gegaan en in Nasaret gekom,. En Hy was hulle onderdanig. aEn sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.

[24b]a Maar Jesus het hulle dadelik gewillig saam na die huis gevolg nadat Hy eers met hulle by Cornelius oornag het. ).

[25] Die geleerdes het egter Maria as uiters gelukkig geprys dat sy so `n Kind gehad het.

[26]* Van toe af het Jesus Homself volledig teruggetrek en het tot aan Sy dertigste jaar voor die oë van die mense geen wonderwerke meer gedoen nie. Hy het toe net soos elke ander mens geleef en gewerk.

(Vers 26 kom nie in hoofstuk 297 van die Duitse teks op die CD voor nie, maar wel in die Nederlandse vertaling.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205