Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Halfjaar geen wonders nie -Jesus as vrolike Seuntjie - Besoek van Jakob aan die opregte visser Jonathan Christophorus of die loodsware las van die Kindjie ~ Die terugtog na die huis onder begeleiding van Jonathan

(13 Mrt 1844)

165 Na hierdie geskiedenis het weer `n halfjaar in volkome rus verbygegaan en het daar niks wonderbaarliks gebeur nie. 

[2] Want die Kindjie het deur Sy innerlike krag sorgvuldig alles vermy, wat aanleiding sou kon gee tot een of ander wonderdaad. 

[3] Hy was opgewek en het met die ander kinders gespeel, as Hy tyd gehad het; 

[4] andersins het Hy liewer met Jakob gestap en het baie wys en verstandig met hom gepraat wanneer hulle alleen was. 

[5] Maar met die ander kinders het Hy presies netsoos ander kinders van twee jaar gepraat. 

[6] Daar het in die streek `n Judeër gewoon wat geëmigreer het en `n vissery by die nabygeleë see bedryf en van die opbrengste van hierdie beroep geleef het. 

[7] Hierdie Judeër was egter baie groot van gestalte en reusagtig sterk. 

[8] Op die oggend van `n dag voor die Sabbat het Jakob kort na die ontbyt met toestemming van Josef met die klein Jesus na hierdie Judeër gegaan, wat `n goeie uur op die reguit pad vanaf Josef vandaan gewoon het. 

[9] Jakob het dit gedoen, omdat hierdie Judeër hom alreeds dikwels uitgenooi het en omdat die Kindjie dit heimlik aan hom gesê het. 

[10] Toe Jakob nou saam met die Kindjie in die huis van die visser gekom het, was hy besonder verheug en hy het dadelik vir Jakob `n goedvoorbereide vis voorgesit,

[11] Jakob het dit met smaak geëet en het sy klein Broertje ook goeduitgesoekte klein stukkies gegee om te proe. 

[12] Die Kindjie het met sigbare eetlus die klein porsies geëet wat Jakob Hom in die mond gesteek het. 

[13] Dit het die visser soveel verheug, dat hy onwillekeurig daardeur tot trane geroer is. 

[14] Jakob wou egter weer gou huis toe gaan; 

[15] maar die visser het hom nadruklik gesmeek om die hele dag by hom te bly. 

[16] “Maar vanaand”, het hy gesê, “sal ek jou saam met jou allerliefste klein Broertje na jou huis dra! 

[17] Want kyk, jy sou wel anderhalfuur nodig hê omdat jy om hierdie seearm, wat oor die geheel baie diep is, heen sou moes loop. 

[18] Maar ek is byna twee vaam* lank; die water reik op die diepste plekke nouliks tot by my middel! * (vaam; ongeveer 1,8 m.) 

[19] Ek neem jou dan met die Kind op my arm, stap met julle deur die seearm en bring julle dan maklik met nog `n goeie porsie van die beste vars vis in `n kwartier na julle huis!” 

[20] Nou het die Kindjie gesê: “Jonathan, jou wil is goed, maar sal Ek met my broer vir jou nie dalk te swaar word nie!?” 

[21] En Jonathan het geglimlag en gesê: “O my liewe Kindjie, al sou julle honderd keer so swaar wees soos julle nou is, dan sou ek julle nog baie maklik kon dra!” 

[22] Die Kindjie het gesê: “Jonathan, dan moet ons dit eers op die proef stel: Probeer om My alleen oor die seearm, wat nouliks vyftig vaam breed is, heen en terug te dra, dan sal dit wel blyk hoe dit daar met jou krag vir ons beide uitsien!” 

[23] Jonathan het dadelik hierdie toets uitgevoer en het met die toestemming van Jakob die Kindjie op sy arm geneem en met Hom deur die seearm gewaad. 

[24] Heen het dit redelik gegaan, alhoewel Jonathan hom baie verbaas het oor die gewig van die Kind. 

[25] Maar op die terugtog het Hy so swaar geword, dat Jonathan dit nodig gevind het om `n stewige balk te neem en terwyl hy hom daarop gesteun het, het hy die Kind ternouernood na die oewer teruggebring! 

[26] Toe hy daar aangekom het, het hy die Kindjie onmiddellik op die oewer, waar Jakob gewag het, neergesit en gesê: “Om JaHWeH se wil, wat is dit? Swaarder as die Kind kan die hele wêreld nie wees nie!” 

[27] En die kleine Jesus het glimlaggend gesê: “'Dit is sekerlik waar, want jy het nou ook verreweg meer gedra, as waaruit die hele wêreld bestaan!” 

[28] En Jonathan, wat nouliks tot verhaal gekom het, het gesê: “Hoe moet ek dit verstaan?” 

[29] Maar Jakob het gesê: “Liewe Jonathan, neem die visse en begelei ons oor die droë grond na ons huis en bly vannag by ons; môre sal daar wel vir jou `n lig daaroor opgaan!” 

[30] Daarop het Jonathan drie vaatjies van die beste vis geneem en beide nog gedurende die voormiddag na die huis van Josef begelei, wat hom met baie vreugde ontvang het, want hulle was van jongs af aan skoolvriende gewees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205