Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef vertel die bevriende arts sy belewenisse - Hartlike meelewing van die dokter, en sy eie ervarings - Josef se ergernis oor Archeláüs -Josef word deur die Kindjie gekalmeer

(05 Aug 1844)

271 Toe Josef en sy gesin hulle voete gewas het en hulle in die woonvertrek van die arts gekom het waar verskeie siekes behandeling ontvang het, het hy met sy mense plaasgeneem en die arts kortliks die hooftrekke van sy vlug en die rede daarvoor vertel. 

[2] Toe die arts dit gehoor het, het hy vol ergernis geword oor Herodus, maar nog meer oor sy seun Archeláüs wat nog in die lewe was. 

[3] Hy het hierdie wreedaard beskryf as nog veel erger as sy vader! 

[4] En Josef het aan hom gesê: “Vriend, wat jy my nou oor Archeláüs vertel het, het ek op my reis hierheen ook alreeds gehoor. 

[5] Maar kyk, die Heer het daarom ook alreeds goed vir my gesorg! 

[6] Want ek bewoon nou `n vrygestelde huis en is gelykgestel aan `n Romeinse burger en het dus niks met die wreedaard te make nie!” 

[7] Die arts het gesê: “O vriend, kyk eers na hierdie huis van my, dit het ook die keiserlike vrystellingsbrief gehad, 

[8] maar onlangs het die belasting geregsdienaars van Archeláüs in die nag gekom, die bordjie van die deur afgeruk en die volgende dag baie skandelik beslag gelê op my goed. 

[9] Dieselfde kan jou ook oorkom, wees daarom tog op jou hoede! 

[10] Want ek sê vir jou: Vir hierdie duiwel van `n koning is niks gewyd nie; wat hy nie roof nie, dit roof sy ondergeskikte pagters en die skandaligste tollenaars dan wel!” 

[11] Toe Josef dit van die arts gehoor het, het ook hy vol ergernis oor Archeláüs geword en gesê: 

[12] “Dit moet hierdie wreedaard maar eers probeer, dan sê ek jou dat dit hom duur te staan sal kom! 

[13] Want ek het die landvoog se woord dat Archeláüs dadelik soos `n landsverraaier behandel sal word sodra hy die voorreg van Rome nie sou respekteer nie!” 

[14] Die arts het gesê: “O broer, vertrou op alles meer as op sulke voorregte, 

[15] want geen jakkals kan homself by `n misdryf meer geslepe uit die valstrik red as juis hierdie Griekse ondier nie! 

[16] Kyk, wat het hy met my gedoen toe ek by die Romeinse administrasie gaan kla het? 

[17] Hy het dadelik sy gevolmagtigde van eiemagtigheid beskuldig en hom in die kerker laat werp. 

[18] Maar toe ek by die administrasiekantoor aansoek gedoen het vir skadevergoeding, is ek afgewys met die beslissing: 

[19] “Omdat dit volgens wat bewys is dat die koning geen deel het aan hierdie misdaad nie, is hy ook nie verplig tot skadevergoeding nie, maar alleenlik die eiemagtige handelende dader. 

[20] By hom het `n mens egter niks aangetref nie; die skade gaan dus net soos by `n gewone roof, die heer self aan! “Kyk, daarmee is my saak as afgehandel beskou!” 

[21] Die bordjie is wel weer aan my huisdeur vasgeheg, maar vir hoe lank, sal Archeláüs die beste weet!” 

[22] Toe Josef dit gehoor het, het hy baie kwaad geword en nie geweet nie wat hy daaroor moes sê nie. Maar die Kindjie het egter gesê:

[23] “O, vererg jou nie oor hierdie magtelose man nie, want kyk, daar is nog `n Heer wat meer kan vermag as Rome!” Toe het Josef rustig geword. Maar die arts se oë het groot geword, want hy het die Kindjie nog nie geken nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205