Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die voorbereiding en uitnodiging tot die feestelike oggendmaaltyd deur Cirénius - Die inwydingsrede vir die fees deur die Kindjie - Die uitnodiging en spysiging van die armes - Die maaltyd van die drie leeus

(14 Feb 1844)

141 Intussen was ook die oggendmaaltyd gereed en die tafels gedek; 

[2] en die dienaars het gekom en dit aan Cirénius gemeld. 

[3] Cirénius het gegaan en alles bekyk, en omdat hy alles in die beste orde gevind het, het hy die geselskap uitgenooi om in die groot aangrensende saal aan tafel aan te sit. 

[4] Toe Josef daar binnegetree het, kon hy hom nie genoeg verwonder nie, omdat hy gedink het dat hy hom hier in hierdie saal in `n klein tempel van Salomo in Jerusalem bevind het. 

[5] Hierdie reëling was egter die werk van Maronius Pilla, wat natuurlik as voormalige goewerneur van Jerusalem baie goed geweet het hoe die tempel daar van buite en van binne uitgesien het! 

[6] Vol vreugde het Josef gepraat: ”Voorwaar, vir die doel sou jy, my broer Cirénius Quirinus, niks beters kon bedink het nie! 

[7] En ek is nou, net soos in Jerusalem, op die voorbereidingsfees; alleen die Allerheiligste ontbreek, en die tempel sou kompleet gewees het indien dit daar ook sou gewees het! 

[8] Die voorhangsel is wel daar, maar daaragter ontbreek die Verbondsark!” 

[9] Maar Cirénius het gesê: ”Broer, ek het gedink dat jy die Allerheiligste tog in elk geval lewend meegebring het - waarom moet dit dan kunsmatig daar wees?” 

[10] Nou eers het Josef uit sy droom van vervoering ontwaak en aan die Kindjie en aan Maria gedink. 

[11] Die Kindjie het Cirénius nou na Hom toe geroep en aan hom gesê (hierby het die engele op hulle aangesigte neergeval): 

[12] ”Cirénius, jy het baie gedoen om die reinste man op aarde vreugde te berei, maar één ding het jy byna vergeet! 

[13] Kyk, jy gee vandag `n grootse en baie heerlike feesmaal! 

[14] Wat drie wêrelddele maar aan die beste en edelste kan voortbring, is vandag hier verenig! 

[15] Daar het jy ook goed aan gedoen, want voorwaar, in alle ewigheid en oneindigheid het nooit enige huis - op welke wêreld ook al - `n groter eer te beurt geval as nou jou huis nie! 

[16] Want jy staan nou voor Hom, voor wie alle hemelse magte hulle aangesig bedek! 

[17] Josef het dit aan jou aangedui, dat die Allerheiligste in hierdie tempel leeg is. 

[18] En so is dit ook; maar so moet dit nie wees nie! 

[19] Stuur jou dienaars daarom uit en laat hulle alle armes, blindes, lammes, kreupeles en gebreklikes hierheen bring! 

[20] Laat dan vir hulle in die nagebootste Allerheiligste ook `n tafel dek om hulle feestelik te onthaal en My dienaars sal hulle versorg! 

[21] Kyk, dan sal die Allerheiligste lewend wees en dit sal die Allerheiligste beter voorstel as nou die leë Verbondsark in Jerusalem! 

[22] Sorg tegelykertyd egter ook vir drie bokke; dié moet jy voor die leeus werp, sodat ook hulle gevoed word!' 

[23] Cirénius het daarop die Kindjie gesoen en dadelik Sy raad gevolg. 

[24] En na verloop van `n uur was die sinnebeeldige Allerheiligste vol van arm mense, en die leeus het hulle ete gekry.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205