Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 264

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef kry `n gerusstellende antwoord van Cornelius oor koning Archeláüs - Cornelius ontvang van Josef berig oor sy broer Cirénius - Cornelius se vreugde en dankbaarheid

(27 Julie 1844)

264 Na die ontbyt het Josef met Cornelius oor koning Archeláüs gepraat en noukeurig gevra watter soort man hy was en hoe hy regeer. 

[2] En Cornelius het aan Josef gesê: “Mees verhewe man en vriend! As ek en my broer Cirénius hom nie in toom sou hou nie, dan sou hy nog tien maal wreder wees as wat sy vader was. 

[3] Maar ons het sy mag om goeie redes baie beperk, sodat hy maar net belastings mag hef en wel na ons goeddunke. 

[4] En ingeval belastingpligtiges om die een of ander rede weier om aan die belasting te voldoen, moet hy hom tot ons wend. 

[5] Andersins, as hy dit nie doen nie, dan kan ons enige dag die afsettingsoorkonde van die keiser, wat ek altyd in my besit het aan hom oorhandig en hom dan voor die hele volk voëlvry verklaar.  

[6] Dienooreenkomstig het jy van hierdie koning in die geheel nie die geringste te vrees nie; 

[7] want dit is vir hom immers nie raadsaam om ook maar in die minste teen die bestaande voorskrifte te handel nie, 

[8] andersins is hy môre geen koning meer nie, maar `n verworpe voëlvrye slaaf van Rome! 

[9] Vriend! Ek is van mening, dat jy nie méér nodig het om gerus te stel nie! 

[10] Ek is nou goewerneur van Jerusalem en my broer Cirénius is as’t ware vise-keiser van Asië en Afrika en ons is jou vriende. 

[11] Ek glo daar kan volgens wêreldse maatstawwe gemeet, wel nie `n beter waarborg vir `n mens in `n land nie wees nie. 

[12] En die allergrootste waarborg vir jou veiligheid en rus woon wel in jou eie huis!

[13] Wees daarom nou heeltemal gerus en beoefen jou kuns, wat aan my alreeds bekend is, sonder of skroom of vrees! 

[14] En by die bepaling van die belastings, sal ek vir jou wel so `n skaal uitsoek, wat jou geen skade sal aandoen nie. 

[15] Toe Josef dit van Cornelius gehoor het, het hy weer baie opgewek, vrolik en rustig geword. 

[16] Cornelius het egter die vyf meisies van Cirénius en Eudokia ontdek, wat vir hom baie bekend voorgekom het, maar wat hy ewenwel nie hier herken het nie. 

[17] Daarom het hy Josef om nadere besonderhede oor hierdie persone gevra. 

[18] En Josef het hom alles volkome waarheidsgetrou vertel, sonder een of ander geheimsinnige voorbehoud. 

[19] Toe Cornelius op hierdie manier verneem het hoe mensliewend en hoe baie onbaatsugtig Josef homself teenoor sy broer Cirénius gedra het, het hy geen woorde meer gehad nie. 

[20] Sy vreugde was uitermate groot en hy het Josef wel honderd keer gekus en die kinders van sy broer na hom toe geroep en hulle ook aan die hart gedruk en gekus. 

[21] Aan Josef het hy egter gesê: “Omdat jy so goed is vir my broer, sal jy ook vir altyd van belasting vrygestel wees, net soos elke burger van Rome. En vandag heg ek self die vrybrief van die keiser aan jou huis!” Josef is daaroor tot trane toe geroer en almal het saam met hom van vreugde geween.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205