Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Hoogmoed kom tot `n val - Josef behandel die slagoffers met waardigheid - Die edelmoedigheid van Cirénius jeens die ongelukkiges - Cirénius by Jonathan

(01 Julie 1844)

242 Toe die slagoffers van die brand by Josef se huis aangekom het, het Josef weldra gesien dat dit dieselfde here was wat voorheen sy gaste was en hy het hulle gevra: 

[2] “Ja, geagte here, hoe is dit met julle gewigtige sake gesteld waarvoor julle vroeër so vinnig van hier gegaan het? 

[3] Bestaan dit in die aansteek van julle stad? 

[4] Of bestaan dit uit iets heeltemal anders, wat vir my geheim moet bly?” 

[5] Maar die slagoffers van die brand het gesê: “Liewe mensevriend, stel ons wat in ellende is, nie op die proef nie, want u sien tog dat ons nou duidelik volslae bedelaars is! 

[6] As u ons egter met iets kan help, doen dit dan en ons sal ons lewe lank u lyfeienes wees!” 

[7] Josef het egter gesê: “Alleenlik die magtige edelmanne van Rome weet hoe om met slawe en lyfeienes te werk; 

[8] maar ek verstaan alleenlik om met broers te werk, wat steeds altyd my broers is, in dieselfde mate of hulle heersers of bedelaars is. 

[9] Daarom sal ek julle ook na vermoë ondersteun. 

[10] Maar as julle weer stewig op eie bodem sal staan, onderneem dan ook nooit meer sulke sake soos wat julle vandag van plan was om te doen nie! 

[11] Want soveel dit julle nou leed aandoen, dat julle dienaars en slawe julle so skandelik beroof het en julle huise aan die brand gesteek het, 

[12] eweveel en nog meer leed sou dit my aangedoen het, as julle my iets dergeliks sou aangedoen het!” 

[13] Hierna het Josef na Cirénius toe gegaan om hom te vra wat `n mens aan hierdie ongelukkiges nou onmiddellik moes gee. 

[14] En Cirénius het gesê: “Wag net eers! My draers wat ek na my skip gestuur het om my kas te gaan haal, sal spoedig hier wees! 

[15] Eers as ek my groter kas hier het, sal ons wel sien hoeveel daar beskikbaar is vir elkeen wat reeds hier is en ook vir diegene wat nog sal kom!” 

[16] Binne `n uur het die bodes duisend sakke goud en silwer gebring. 

[17] Elke sak, wat uit tien pond bestaan het, het `n gemengde inhoud van twee pond goud en agt pond silwer gehad. 

[18] Nou het Cirénius aan Josef gesê: “Verdeel jy hierdie sakke onder hierdie slagoffers van die brand sodat elkeen `n sak kry! 

[19] Dit wat oorbly moet jy bewaar vir diegene wat nog sal kom! 

[20] Ek wil egter nie by die uitdeling aanwesig wees nie, sodat ek nie deur almal van die volk wat hierheen sal kom, herken word nie! 

[21] Ek sal daarom nou met Jonathan na sy woning gaan, ek en hoop om jou vanaand weer te sien.” 

[22] Josef het dit goed gevind en hy het met sy seuns dadelik die verdeling oorgeneem; Cirénius het heimlik met sy hele gevolg en met Jonathan weggegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205