|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 255
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die mag van die liefde - Josef se huis word bekend - Josef se wysheid beskaam die grotes en die rykes van die stad - Die goeie nawerking
(17 Julie 1844)
255 Die diewe, wat so ryklik geskenke ontvang het, het op hulle aangesig neergeval en luid geroep:
[2] “Sulke goedheid, wat `n edelmoedigheid; dit is nimmer eie aan die mense, alleenlik die onsterflike gode kan vyande nog beloon!
[3] Ons verdien hier alleenlik maar straf, omdat ons so erg teen u, hoë gode, gesondig het;
[4] maar in plaas daarvan om ons `n welverdiende straf te gee, beloon u ons nog en seën ons vir ons misdade!
[5] Sou u dan geen gode wees nie? Ja, u is gewis en sekerlik die allerhoogste hemelse heersers, want hierdie dade van u, wat ons mense nog nooit voorheen gesien het nie, getuig daarvan!
[6] Daarom eer, lof en prys aan u deur alle mense op aarde!
[7] En die trone van die vorste en al hulle krone sal ewig buig voor u groot heerlikheid!”
[8] Hierna het die diewe opgestaan en vervul met dankbaarheid en eerbied het hulle daarvandaan gegaan
[9] en dit in die hele stad bekendgemaak en alle bewoners het gebeef vanweë hierdie nabyheid van die gode. Hulle het stilletjies rondgeloop en het uit louter eerbied dit nie durf waag om te werk nie.
[10] Maar al gou het die vername mense van die stad Josef gekom en hom gevra of die saak wel so gesteld was soos wat die gepeupel in die halfverbrande stad uitgebasuin het.
[11] En Josef het gesê: “Wat die goeie daad aan hulle betref, het hulle gelyk met hul geskree,
[12] want so het my vrou letterlik waar aan hulle gehandel.
[13] Maar dat hulle ons as gode beskou, gee van u, vername en ryk burgers, `n slegte getuienis!
[14] Want daarmee getuig die arme gepeupel van julle groot hardvogtigheid, deurdat hulle in julle niks goddelik sien nie!
[15] As julle dieselfde doen wat my vrou gedoen het, en wat my hele huis doen, dan sal die gepeupel spoedig ophou om die bewoners van my huis as gode te beskou!”
[16] Toe die groot en ryk here van die stad sulke woorde van Josef gehoor het waardeur hulle diep getref is, het hulle hulleself baie geskaam en het weggegaan.
[17] En hulle was daarvan oortuig, dat Josef maar net `n uiters besonder wyse en goeie mens was, maar tog geen elohim nie.
[18] Vanaf hierdie tyd het Josef se huis rus gehad.
[19] Sy gesin het toe nog `n halfjaar ongesteurd hier gewoon en is deur elkeen geag en baie gewaardeer.
[20] Ook het die Kindjie in hierdie tyd geen wonderwerke meer gedoen nie en almal het hier baie natuurlik geleef. Jonathan was meer by Josef as tuis, want dit was vir hom die saligste bestaan.
|
|
|
|
|