|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 204
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Tullia se weeklaag - Maria se troostende woorde – Tullia se selfbeskouing, berou en boetedoening – Jesus se lieflingskos - Die ou en die nuwe Tullia
(11 Mei 1844)
204 Eers na `n rukkie het Tullia weer herstel, en het bitterlik begin ween en gesê:
[2] “O Heer, waarom het ek ooit siende in hierdie huis geword, waarom het ek die vrou van Cirénius geword, as ek nou in my vermeende geluk so veel moet ly?
[3] Waarom het U die dooies tot lewe opgewek? Waarom moes daar dan weer lewe in my bors terugkeer?
[4] Is ek dan vir lyding gebore? Waarom juis ek, terwyl duisende en duisende tog rustig en gelukkig lewe, en nouliks weet van `n traan wat deur die pyn uit die oog gepers word?”
[5] Maria, deur medelye beweeg, Tullia met die volgende woorde vertroos:
[6] “Tullia, jy moet nie in twis met die Heer wat jou en my God is nie!
[7] Want kyk, dit is so Sy wese en wyse van doen, dat Hy juis diegene wat Hy liefhet, onderwerp aan baie sterk beproewinge onderwerp!
[8] Erken dit in jou hart en wek opnuut jou liefde tot Hom op, dan sal Hy Sy dreigement spoedig vergeet, en jou opnuut in Sy barmhartigheid aanneem!
[9] Want Hy het die boosdoeners al baie dikwels gedreig en hulle ondergang die volgende dag deur profete laat verkondig en die plek laat aanwys, waar die honde hulle bloed sou oplek.
[10] Maar as die boosdoeners dan hulle toevlug tot boetedoening geneem het, dan het Hy weldra aan die profeet gesê: “Sien jy nie dat hy boete doen nie? Daarom wil Ek hom ook nie straf nie!”
[11] Toe Jona deur God geroep is om aan die Nineviete, wat in alle moontlike sonde verstrik geraak het, hulle ondergang te verkondig,
[12] wou Jona daar nie daarheen gaan nie, want hy het gesê: “Heer, ek weet, dat U net uiters selde dit laat gebeur, waarmee die profeet moet dreig;
[13] daarom wil ek nie daarheen gaan nie, sodat ek as profeet voor die Nineviete nie tot skande word nie, as U Uself sekerlik weer oor hulle sal ontferm nie!”
[14] Sien jy, selfs hierdie profeet het `n gegronde twyfel oor God se toorn gehad!
[15] Ek raai jou dus aan: doen wat die Nineviete gedoen het en jy sal weer in barmhartigheid aangeneem word!”
[16] Hierdie woorde het Tullia weer moed ingegee en sy het begin om oor haarself na te dink, en het gou baie foute in haarself gevind en het gesê:
[17] “O Maria, nou eers sien ek en word vir my duidelik, waarom die Heer my so tugtig!
[18] Want my hart is vol sonde en vol onsuiwerheid! O, hoe sal ek dit ooit weer kan suiwer?!
[19] Hoe kan ek dit dus durf waag om die Heilige van alle Gewydheid met so `n uiters onrein hart lief te hê?!”
[20] En Maria het gesê: “Juis daarom moet jy Hom liefhê deur jou berouvolle skuldbekentenis, want alleen so `n liefde sal jou hart reinig voor Hom, die Heilige van alle Gewydheid!”
[21] Toe die Kindjie laat in die aand met Sy Jakob weer tuisgekom het, het Hy dadelik na Maria toe gegaan en iets te ete gevra en Maria het Hom dadelik brood met botter en heuning gegee.
[22] Daarna het die Kindjie gesê: “Ek sien nog `n ander spys, gee My ook daarvan te ete! Kyk, dit is die hart van Tullia; gee My dit, omdat jy dit al vir My toeberei het!” - Nou het Tullia voor die Heer neergeval en geween.
[23] Maar Maria het gesê: “O Heer, ontferm U oor hierdie arme kind wat soveel ly!”
[24] En die Kindjie het gesê: “Ek het My alreeds lankal oor haar ontferm, anders sou Ek haar nooit opgewek het nie!
[25] Dit was net sy alleen wat geen notisie van My erbarming wou neem nie, maar liewer met My in haar hart wou twis as om My daarin op te neem.
[26] Omdat sy haar hart nou na My gewend het, het Ek met haar gedoen soos met die inwoners van Ninevé.”
[27] Na hierdie woorde het die Kindjie na Tullia toe gegaan en aan haar gesê:
[28] “Tullia, kyk, Ek het nou werklik baie moeg geword; jy het My eens op jou arms gedra en dit het My goed gedoen, want jy het baie sagte arms.
[29] Staan nou dus ook op en neem My op jou arms, en voel hoe goed dit is om die Heer van die lewe in jou arms te hê!”
[30] Hierdie wens van die Kindjie het Tullia se hart volkome gebreek.
[31] Met die grootste moontlike liefde in haar hart het sy die Kindjie op haar sagte arms geneem en wenend gesê:
[32] “O Heer, hoe is dit moontlik, dat Jy my, na Jou vreeslike dreigement, nou so barmhartig is?!”
[33] En die Kindjie het gesê: “Omdat jy die ou Tullia, wat My teengestaan het, afgelê het, en `n nuwe een, wat My werd is, aangetrek het! Maar wees nou rustig, want Ek het jou nou wel weer lief!” - Deur dié voorval is almal tot trane toe geroer.
|
|
|
|
|