Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Vas as straf vir Jakob en die Kindjie weens die versuim van die tafelgebed - Gesprek van die Kindjie met Jakob en Josef - Jakob en die Kindjie hardloop weg –

(21 Mei 1844)

211 Daarna het Josef met sy gebruiklike tafelgebed begin en die spyse geseën, 

[2] waarna hy aan die Kindjie gevra of Hy ook al gebid het. 

[3] Maar die Kindjie het weer geglimlag en aan Jakob gesê: 

[4] “Nou sal dit goed met ons gaan! Ons het immers albei die smeek- en dankgebed vergeet en het nogtans alreeds van die vis geëet! 

[5] Doen jy so goed moontlik die praatwerk, andersins kry ons beslis weer `n straf en sal miskien moet vas!” 

[6] En Jakob het ietwat verleë gesê: “Liewe vader Josef, ek vra u om vergifnis, want ek het hierdie keer werklik saam met my Jesus vergeet om te bid!” 

[7] Toe Josef dit van Jakob gehoor het, het hy `n stuurse gesig getrek en gesê: 

[8] “As julle vergeet het om te bid, vergeet dan die ete ook maar tot vanaand en gaan intussen na buite om `n bietjie in die buitelug te wandel!” 

[9] Hier het die Kindjie vir Jakob geglimlag en gesê: “Nou, daar het ons dit dan; het Ek nie nou net gesê, dat dit op vas sou uitloop nie?! 

[10] Maar wag tog nog `n bietjie; Ek wil eers ook nog `n paar woordjies met Josef praat! 

[11] Miskien laat hy dan nog ietwat met hom handel oor die vas tot aan die aand.” 

[12] En heimlik het Jakob gesê: “Heer, doen wat Jy die beste dink, dan sal ek Jou voorbeeld volg!” 

[13] En die Kindjie het aan Josef gevra: “Josef, is dit wel jou volkome erns?” 

[14] En Josef het gesê: “Ja, vanselfsprekend, want wie nie bid nie, moet ook nie eet nie!” 

[15] Die Kindjie het opnuut geglimlag en gesê: “Maar dit noem Ek kwaai wees! 

[16] Kyk, as Ek so streng sou gewees het soos jy nou is, dan sou baie wat vandag wel eet, hoewel hulle nie gebid het nie, `n vasstraf hê! 

[17] Maar tog sou Ek van jou wel eers wil hoor, waarom en tot wie Ek dan eintlik moet bid!! 

[18] En dan sou Ek ook graag van jou wil verneem tot wie jy eintlik wel bid in jou gebed en tot wie moes die arme Jakob gebid het!” 

[19] En Josef het gesê: “Tot God, die Heer, Jou heilige Vader, moet Jy bid, omdat Hy gewyd is, meer as gewyd!” 

[20] En die Kindjie het gesê: “Ja, daarin het u natuurlik wel gelyk, 

[21] maar die tragiese aan die saak is alleen, dat jy die Vader van alle heerlikheid nie ken, tot wie jy bid nie! 

[22] En hierdie Vader sal jy nog lank nie ken nie, omdat die oogklappe van jou ou gewoonte jou daaraan hinder!” 

[23] Daarna het die Kindjie aan Jakob gesê: “Laat ons maar na buite gaan, dan sal jy sien, dat `n mens buite in die vrye natuur ook sonder gebed iets te ete kan kry!” 

[24] Daarop het die Kindjie met Sy Jakob na buite gehardloop en het Hom nie laat terughou nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205