Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gebod van Augustus om alle inwoners van die land te skat en te tel – Nuwe sorge en troos

12 En Josef het nou baie welmoedig nog twee maande met Maria, wat nou sy vrou was, in sy huis deurgebring en vir die onderhoud van Maria gewerk. 

[2] Maar toe die tyd verstreke was en vir Maria die tyd naby was, dat sy sou baar, het daar `n nuwe slag gekom wat vir Josef groot bekommernis veroorsaak het. (Lukas. 2:1-3).  

[3] Die Romeinse keiser Augustus het naamlik in al sy lande `n bevel laat uitgaan, tengevolge waarvan alle volkere van sy ryk beskryf en getel moes word en terwille van belastingheffing en rekrutering ingedeel moes word. 

[4] Die Nasaréners was nie van hierdie bevel uitgesonder nie en Josef was genoodsaak om homself ook na Betlehem, die stad van Dawid, te begewe, waar die Romeinse beskrywingskommissie gevestig was. 

[5] Toe hy egter van hierdie bevel, waarvoor hy ook alreeds in elk geval vir `n vergadering na Jerusalem ontbied was, verneem het, het hy met homself gepraat:

[6] ”My God en My Heer, dit is `n swaar slag vir my juis in hierdie tyd, noudat die bevalling van Maria so naby is! 

[7] Wat moet ek nou doen? - Ek moet my seuns wel laat inskryf, want hulle is ongelukkig dienspligtig aan die keiser; maar wat moet ek terwille van U naam, o Heer, met Maria doen? 

[8] Tuis kan ek haar nie laat nie, want wat sou sy kan doen as haar tyd begin om nader te kom? 

[9] Neem ek haar egter saam, wie waarborg my dan, dat sy nie onderweg al moet geboorte skenk nie en ek dan nie sou weet hoe om haar te help nie? Sy is immers nog meer `n kind as `n volwasse vrou. 

[10] En bring ek haar nog net op tyd by die Romeinse amptenare, hoe sal ek haar dan laat inskryf? 

[11] Moontlik as my vrou, - waarvan behalwe ek self en die hoëpriester tot nou toe nog niemand iets weet nie----?! 

[12] Waarlik, daarvoor sou ek my byna skaam teenoor die seuns van Israel, want hulle weet dat ek `n grysaard van oor die sewentig is! Wat sal hulle sê as ek die nouliks vyftienjarige kind - ook nog in `n hoogswanger toestand - laat inskryf as my wettige vrou?! 

[13] Of sal ek haar laat inskryf as my dogter? - Maar die seuns van Israel weet waar Maria vandaan kom en dat sy nie my dogter is nie! 

[14] Laat ek haar inskryf as die maagd van JaHWeH, wat aan my toevertrou is, wat sou diegene, wat nog nie kan weet nie, dat ek my in die tempel geregverdig het nie, dan miskien wel sê, as hulle Maria hoogswanger sou sien? 

[15] Ja, ek weet, wat ek nou weer sal doen: ek sal die dag van die Heer afwag! Op hierdie dag sal die Heer, My God, doen wat Hy wil en dit sal ook die beste wees! En laat dit dan so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205