Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verbasing van die arts en sy nederige bekentenis vol vae vermoedens - Die Kindjie stel die arts gerus en vertel hom die beste deel van Sy geneeswyse - Die arts glo en word deur sy genesings tot ver in die omtrek beroemd - Josef neem die genese meisie op in sy huis

(08 Aug 1844)

274 Toe die arts egter hierdie wonderlike genesing van die meisie wat deur hom as totaal ongeneeslik verklaar is, gesien het, was hy buite raad van verbasing.

[2] Van louter verbasing het hy byna geen asem gekry nie, en hy het aan Josef gesê:

[3] “O broer, ek versoek jou om hiervandaan te gaan,

[4] want dit word vir my nou geweldig bang om die hart!

[5] Want kyk, ek is `n sondige mens en in jou Kind woon duidelik die Gees van die Heer!

[6] Hoe kan `n arme sondaar bestaan voor die alsiende en almagtige Gees van die Allerhoogste?!”

[7] Toe het die Kindjie na die arts toe gehardloop en aan hom gesê:

[8] “Man! Waarom is jy nou so dwaas en word jy bang vir My?

[9] Wat het Ek jou dan wel vir kwaad aangeraai, dat jy nou so bang vir My is?

[10] Dink jy dan dat die genesing van die meisie dalk `n wonder was?

[11] Ek sê vir jou: Geensins, want probeer jy maar om ook die ander siekes op dieselfde manier te behandel, dan sal dit beter met hulle gaan!

[12] Gaan na hulle toe, wek die geloof in hulle op, lê hulle daarna jou hande op, dan sal hulle op dieselfde oomblik genees wees!

[13] Maar jy moet eers self vas glo dat jy hulle so kan help, en ook met sekerheid onfeilbaar sal help!”

[14] Toe die arts dit van die Kindjie verneem het, het hy vas geglo, na die siekes toe gegaan en hulle volgens die raad van die Kindjie behandel.

[15] En kyk, alle siekes het onmiddellik beter geword. Hulle het aan die arts hulle fooie betaal, en God geloof en geprys dat Hy aan hierdie man so `n groot mag verleen het!

[16] Die voordeel hiervan was dan ook dat daardeur die wonderlike van die Kindjie voor die oë van die wêreld weggeval het.

[17] Maar die arts het egter daardeur baie beroemd geword

[18] en baie siekes het toe van wyd en syd na hom toe gekom en daar genesing gevind.

[19] En toe die twaalfjarige meisie gesien het dat ook die arts so wonderbaarlik genees het, het sy gedink dat die Kindjie dit deur middel van die arts gedoen het, waarna sy ook die wysheid van die arts geprys het.

[20] Die klein Jesus het egter daarteen geen beswaar gemaak nie, want Hy het hierdie krag immers aan die arts verleen, om alle verdenking van Hom weg te neem.

[21] Net Josef het aan die meisie gesê: “Meisie, bedink dat alle krag van Bo kom!

[22] Maar gaan saam met my saam na my huis, omdat jy nou sonder diens is, dan sal jy versorg wees!” En die meisie het haar dadelik by Josef aangesluit en saam met hom gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205