|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 248
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die vraag van die Kindjie oor die visvangs van die oggend -Die Kindjie wat lus het vir vis, antwoord op Josef se teregwysing: “Ek is oral tuis waar `n mens My liefhet” -Ryk visvangs in opdrag van die Kindjie
(08 Julie 1844)
248 Toe na ongeveer drie ure Jonathan en Josef met hulle goud- en silwervangs teruggekeer het, was almal in die huis alreeds op die been en het na die nog stad gekyk wat nog hewig gerook het.
[2] Net die Kindjie het saam met Jakob Josef en Jonathan, wat die oewer genader het, tegemoetgeloop.
[3] En toe hulle die oewer betree, het Hy hulle albei gegroet en gekus en aan Jonathan gevra of hy alreeds baie visse gevang het.
[4] Maar Jonathan, wat die Kindjie ewe-eens met groot liefde omhels het, het gesê:
[5] “O Jy my lewe, my liefde! Met die visse het dit vandag ietwat anders gegaan!
[6] Maar ek het, beslis deur Jou almagtige hulp, `n gestrande Romeinse skip gered, wat `n gesant vir Cirénius aan boord gehad het.
[7] Toe het daar baie goud- en silwervisse in my net geval en daarom laat ek vir vandag die eintlike visvangs maar agterweë.”
[8] En die Kindjie het gesê: “Dit is wel in orde en baie goed,
[9] maar omdat Ek vandag alreeds uitgesien het na `n vars vis, sou dit vir My beter gewees het as jy in plaas van jou goud- en silwervisse regte visse saamgebring het!”
[10] Jonathan het gesê: “O Jy my lewe! Kyk, langs die oewer hang immers `n groot aantal vismandjies vol met die beste visse, waaruit ons wel baie vars vis kan neem!”
[11] Die Kindjie het toe gelag en gesê: “Ja, as dit so sit, dan kan jy jou goud- en silwervisvangs van vandag sekerlik wel hou!
[12] Maar Ek is alreeds baie honger; sal dit lank duur voor daar `n vis voorberei word?”
[13] Jonathan het gesê: “O nee, o nee, my lewe, binne `n halfuur sit ons al aan tafel!”
[14] Josef het egter aan die Kindjie gesê: “Maar Jy is wel `n regte bedelaar!
[15] Kyk, ons is hier tog nie by die huis nie; daarom moet ons ook nie doen asof ons tuis is nie!
[16] Wees net geduldig, daar sal wel iets kom; maar om so te bedel pas tog nie in die huis van `n ander nie!”
[17] Maar die Kindjie het gesê: “Ag, wat is dit nou! Ek is oral tuis waar `n mens My liefhet!
[18] Waar Ek dus tuis is, daar kan en mag Ek tog ook sê wat Ek graag wil!
[19] Maar sodat Jonathan sy vismandjies nie sonder vergoeding sal leegmaak nie,
[20] moet hy `n net in die see uitwerp, dan sal hy vir ons almal dadelik voldoende vis vang! Jonathan, doen dit!”
[21] Jonathan het dadelik `n groot net in die see gewerp en `n buitengewone hoeveelheid van die voortreflikste visse gevang.
[22] Daarop het die Kindjie aan Josef gesê: “Kyk, as dit in My vermoë is, dan sal Ek Jonathan tog wel om `n goeie vis mag vra?!” Josef het nou stil geword, maar Jonathan het van louter dankbaarheid geen raad geweet nie.
|
|
|
|
|