Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef stel vrae oor die opruiming van die puin van die tempel, oor die lot van die muiters en die drie onderpriesters, en oor die agt kinders - Die antwoord van Cirénius

(22 Jan 1844)

122 Nadat nou vasgestel was waar die Pasga gehou sou word en Josef - soos reeds vermeld – tevrede gestel was, het Josef aan Cirénius gevra hoe dit met die opruiming van die puin van die tempel en met die mense wat uitgegrawe is, gesteld was 

[2] En Cirénius het geantwoord: ”My verhewe broer en vriend, bekommer jou maar nie daaroor nie, 

[3] want daarvoor is volgens my insig die beste maatreëls getref! 

[4] Die puin is al tot en met die laaste steentjie weggeruim, die priesters wat omgekom het, is begrawe en die gereddes sal ek oormôre saamneem na Tyrus en daar ten aanskoue van almal die korrekte maatreëls neem! 

[5] Kyk, so staan dit met hierdie saak! Ek dink dat alles so goed en regverdig moontlik gereël is!” 

[6] En Josef het gesê: ”Ja, werklik, beter sou `n vader nie vir sy eie kinders gesorg het nie! Ek is volkome tevrede daarmee! 

[7] Maar wat gaan jy met die muiters doen, wat gister in die nag my huis oorval het?” 

[8] En Cirénius het gesê: ”Kyk, dit is hoogverraaiers, hulle het hulleself daarmee skuldig gemaak aan die doodstraf! 

[9] Maar jy weet, dat ek geen liefhebber van bloedvergieting is nie, maar inteendeel die grootste vyand daarvan! 

[10] ‘Daarom het ek hulle die doodstraf kwytgeskeld en het hulle welverdiende straf gewysig na lewenslange slawerny! 

[11] En ek dink dat hierdie straf in plaas van die doodstraf nie te swaar sal wees nie, veral in die besonder indien vir hulle wat hulle lewe heeltemal verbeter het, daar in die geheim ook die moontlikheid van vrylating oopgelaat word.

[12] Hulle gaan ook saam na Tyrus, waar verdere maatreëls met hulle geneem sal word.” 

[13] En Josef het gesê: ”Liewe broer, ook daarin het jy geheel en al volgens die Goddelike orde gehandel en ek kan jou daarom alleen maar prys as `n egte wyse goewerneur! 

[14] ‘Maar nou het ek nog iets op my hart! Ons het nog die drie onderpriesters; wat moet daar volgens jou raad met hulle gebeur?” 

[15] En Cirénius het geantwoord: ”Verhewe vriend en broer, ook vir hulle het ek gesorg!’ 

[16] ‘Maronius, wat nou net soos ek dink, neem hulle met hom saam en sal hulle en sy amptenare gebruik in die amp, wat ek aan hom sal toewys. 

[17] Sê my, is dit goed so? - Waarlik, as my insig groter en dieper sou gewees het, dan sou ek sekerlik nog beter beslissings neem en maatreëls kon tref! 

[18] Dus handel ek dan maar soos wat dit vir my die beste lyk en dink dat jou Heer en jou God my goeie wil wel sal seën, ook al spruit dit nie uit die beste insig nie!” 

[19] En Josef het gesê: ”Die Heer het sowel jou insig as jou wil alreeds geseën en jy het daarom ook die beste beslissing en maatreëls geneem! 

[20] Maar nou net nog iets: Wanneer sal jy my die agt kinders aanstuur, waaronder vyf jong seuns en drie meisies is?” 

[21] En Cirénius het gesê: ”My broer, my vriend, dit sal my eerste sorg wees, sodra ons in Tyrus sal aankom! 

[22] ‘Maar laat ons nou na buite gaan, want dit is vandag `n uiters mooi dag en ons wil daar ons Heer loof!” En Josef het daarom dadelik die hele huis in beweging gebring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205