Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef en sy, mense - Huislike sorge en werksaamhede – Jonathan se reusehulp deur sy vertroue in God

(17 Junie 1844)

232 Na dit alles het Josef sy vier seuns na hom toe geroep en aan hulle gesê: 

[2] “Neem hierdie pond silwer, gaan na die stad en koop daar meel en wat daar verder nog in die kombuis nodig is; 

[3] en kom dan terug om `n goeie middagete voor te berei, omdat Cirénius my vandag nog die eer aandoen om te bly!” 

[4] En die seuns het gaan doen wat hulle vader aan hulle opgedra het. 

[5] Maria het ook daarby gekom en saggies die opmerking aan Josef gemaak, dat die voorraad brandhout ook sover gekrimp het, dat daar met die klein voorraad wat nog daar was, nouliks `n maaltyd voorberei sou kon word. 

[6] Toe het Josef Jonathan geroep en hom hierdie situasie meegedeel. 

[7] En Jonathan het gesê: “Broer, gee my jou groot, swaar byl, dan sal ek na die woud op die berghelling gaan; 

[8] voorwaar, binne drie uur sal jy hout in oorvloed hê!” 

[9] En Josef het Jonathan `n swaar byl gegee en hy het na die bos op die nabygeleë berg, wat aan die villa behoort het, gegaan en daar `n groot seder omgekap. Hy het `n sterk tou om die stam vasgemaak en so die hele reusagtige boom tot voor die huis van Josef getrek. 

[10] Toe hy daar met die boom wat hy gevel het, aangekom het, het almal hulle oor die enorme krag van Jonathan verwonder. 

[11] `n Aantal dienaars van Cirénius het dadelik probeer om die boom verder te trek, maar hulle kraginspanning was tevergeefs. 

[12] Want hoewel hulle omtrent dertig in getal was, kon hulle die boom geen haarbreedte van sy plek beweeg nie, daar hy in sy geheel ongeveer honderd sentenaar geweeg het. 

[13] Maar Jonathan het egter aan die dienaars van Cirénius gesê: 

[14] “Neem tog in plaas van hierdie vergeefse poging groot en klein byle ter hand om my te help om die boom vinnig te kloof! 

[15] Die moeite sal die huisheer beter geval, as wanneer julle aan hierdie boom my reusekrag wil meet deur julle vergeefse inspanning.” 

[16] Dadelik het alle dienaars van Cirénius nou ywerig gehelp en deur die kragdadige medewerking van Jonathan was die hele boom binne `n halfuur gekloof. 

[17] Josef was baie verheug daaroor en het gesê: “O, dit is voortreflik! 

[18] Voorwaar, dit sou my drie dae se werk gekos het voor ek so `n boom in stukke sou gekap het 

[19] en jy het in totaal nouliks drie uur nodig gehad!” 

[20] En Jonathan het daarop gesê: “O broer, `n groot liggaamskrag is wel `n nuttige saak,

[21] maar wat is dit vergeleke met die krag van Hom wat by jou woon en voor Wie se asem die hele oneindigheid bewe?!” 

[22] Nou het die Kindjie na Jonathan toe gekom en aan hom gesê: “Wees stil Jonathan, en verraai My nie, want Ek weet wanneer Ek My bekend moet maak! 

[23] As My krag nou egter nie met jou sou gewees het nie, dan sou jy die boom ook nie baasgeraak het nie. Maar wees stil en praat geensins daaroor nie!” Toe het Jonathan nie meer daaroor gepraat nie en het nou eers verstaan hoe hy hierdie boom so maklik baasgeraak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205