Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vismaaltyd - Die Kindjie maan Josef dat Hy bedien wil word en Josef se afwysende antwoord - Die ernstige antwoord van die Kindjie Jesus en die voorspelling van die vergoddeliking van Maria - Die seënende woorde van die nederige Kindjie

(18 Mrt 1844)

169 Weldra het Joël op `n rooster die gebakte visse binnegebring en op die tafel geplaas. 

[2] Josef het dadelik aan elkeen `n groot porsie gegee, waarby hy homself ook nie vergeet het nie, 

[3] maar vir die Kindjie het hy vanselfsprekend geen porsie voorgesit nie, want Hy het in elk geval `n stukkie van Sy moeder gekry. 

[4] Die Kindjie was egter hierdie keer nie daarmee tevrede nie, maar wou ook `n hele porsie hê. 

[5] Toe het Josef gesê: “Maar my allerliefste Seuntjie, my Jesus, dit sou tog te veel wees vir Jou ! 

[6] Ten eerste sou Jy dit onmoontlik heeltemal kon opeet en ten tweede, as Jy dit sou opeet, sou Jy daarvan siek word! 

[7] Sien Jy dan nie, dat ek daarom by Jou moeder alreeds `n groter porsie voorgesit het, omdat sy vir Jou moet sorg nie?! 

[8] Wees daarom net heeltemal rustig, my Seuntjie, want Jy sal niks tekort kom nie!' 

[9] Die Kindjie het gesê: “Dit weet Ek wel - en nog soveel meer wat jy nie weet nie! 

[10] Maar tog sou dit gepas wees as jy ook die Heer `n hele porsie sou gegee het! 

[11] Weet jy wel, wie Melgisédek, die koning van Salem was? - Jy weet dit nie! 

[12] Maar Ek weet dit en sê jou: Die koning van Salem was die Heer Self, maar buiten Abraham mag niemand `n vermoede daarvan gehad het nie!

[13] Daarom het Abraham voor Hom tot op die aardbodem gebuig en het Hom vrywillig van alles die tiende deel gegee. 

[14] Josef, Ek is dieselfde Melgisédek, en jy is net soos Abraham! 

[15] Waarom wil jy My dan nie die tiende deel van hierdie goeie visse gee nie? 

[16] Waarom verwys jy My na My moeder? Wie het dan wel die vis en ook die see gemaak? Was dit Maria of Ek, `n Koning van Salem in ewigheid? 

[17] Kyk, Ek is hier in My eiendom van ewigheid en jy wil My nie eens `n hele porsie vis voorsit nie? 

[18] Daarom sal dit ook gebeur, dat die mense eendag verreweg groter porsies aan die moeder van My liggaam sal voorsit as aan My. 

[19] En Ek sal moet wag op wat My moeder voorgesit word en die ordening van Melgisédek sal ver wees!” 

[20] Josef het nie geweet nie wat hy daarop moes sê nie. Hy het egter dadelik sy eie porsie in twee gedeel en aan die Kindjie die grootste helfte voorgesit. 

[21] Maar die Kindjie het gesê: “Wie My iets gee en daarby `n deel vir homself hou, ken My nie! 

[22] Wie aan My iets wil gee, moet My alles gee - anders neem Ek dit nie aan nie!” 

[23] Nou het Josef vol vreugde ook sy eie deel na die Kindjie toe geskuif. 

[24] Maar die Kindjie het Sy regterhand opgehef en die twee dele geseën en gesê: 

[25] “Wie My alles gee, wen honderdvoudig! Neem die vis weer vir jou, Josef, en eet! Gee My dan wat jy sal oorhê!” 

[26] Nou het Josef die vis weer geneem en baie daarvan geëet. Toe hy nie meer kon eet nie, het daar nog soveel oorgebly, dat dit vir twaalf persone genoeg sou gewees het. En die Kindjie het toe geëet van wat daar oorgebly het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205