|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 203
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Maria se vraag oor liefde aan die Kind - Die groot verskil tussen die liefde van die mense en die liefde van God - Die gelykenis van die koning as aanbidder - Die toepassing van hierdie gelykenis op Tullia en die Kindjie
(09 Mei 1844)
203 Toe Maria die Kindjie `n rukkie geliefkoos het, het sy Hom baie bevrees gevra:
[2] “My Jesus, Jy sal my, Jou diensmaagd, tog wel weer liefhê, soos hierdie diensmaagd Jou ewig sal liefhê?”
[3] En die Kindjie het uiters vriendelik vir Maria geglimlag en gesê:
[4] “Wat het jy aan My weer `n swak vraag gestel!
[5] As Ek jou nie méér sou liefhê as jy vir My nie, waarlik, wat sou jy dan waarlik wel gewees het?
[6] Kyk, as jy My sou liefhê met die gloed van alle sonne, dan sou hierdie liefde van jou niks wees in vergelyking met My liefde, waarmee Ek selfs die boosaardigste mense nog liefhet in My toorn.
[7] En My toorn bevat selfs meer liefde as jou grootste liefde.
[8] Wat is dan wel My eintlike liefde, wat Ek vir jou het?
[9] Hoe sou Ek jou ooit kon gekies het as die moeder van My liggaam, as Ek jou nie sou liefgehad het nie - meer as wat die ewigheid ooit sou kan bevat?!
[10] Kyk, hoe ondeurdag jou vraag is! Ek sê vir jou: bring Tullia nou hier,
[11] want Ek moet oor baie belangrike dinge met haar praat!”
[12] Maria het onmiddellik gehoorsaam en die vrou van Cirénius gaan haal.
[13] Toe Tullia baie angstig die vertrek binnegekom het waar die Kindjie Homself bevind het, het die Kindjie Homself opgerig en aan Tullia gesê:
[14] “Tullia, jy wat tot lewe gewek is, luister! Daar was eens `n magtige koning, wat `n vrygesel was, en `n vol van manlike skoonheid en vervul met egte goddelike wysheid.
[15] Hierdie koning het by homself gesê: “Ek sal vir my `n vrou gaan soek in die vreemde, waar niemand my ken nie;
[16] want ek wil `n vrou neem terwille van myself. Sy moet my liefhê, omdat ek `n wyse man is, maar nie omdat ek `n magtige koning is nie!”
[17] En dus het hy uit sy ryk na `n verafgeleë land gegaan en in `n stad gekom, waar hy al gou met `n huisgesin kennisgemaak het.
[18] Die dogter van die huis is uitgekies en sy was baie verheug daaroor, want sy het weldra `n groot wysheid in hierdie huweliksaansoeker herken.
[19] Maar die koning het gedink: “Jy het my nou wel lief, omdat jy my sien en my gestalte en my wysheid jou boei,
[20] maar ek wil weet of jy my werklik liefhet! Ek sal my daarom as bedelaar verklee en sal jou dan dikwels lastig val.
[21] Maar jy mag nie weet en ook nie in die minste gewaarword dat ek self in die bedelaar skuil nie.
[22] Wel moet die bedelaar `n bewys van my by homself hê, dat hy `n boesemvriend van my is, maar in die vreemde land verder ewe arm is as sy vriend.
[23] En dan sal dit blyk of hierdie dogter my werklik liefhet!”
[24] En soos die groot koning die saak bedink het, so is dit ook dadelik uitgevoer.
[25] `n Tyd nadat die koning vir die skyn op reis gegaan het, het die bedelaar na die dogter gekom en aan haar gesê:
[26] “Liewe dogter van hierdie ryk huis, kyk, ek is baie arm, maar ek weet dat u groot rykdomme besit!
[27] Ek het by die poort gesit, toe u voortreflike bruidegom op reis gegaan het en het hom om `n aalmoes gesmeek.
[28] Hy het toe bly staan en gesê: “Vriend, ek het hier niks wat ek jou sou kan gee nie, behalwe die aandenking van my bruid, wat baie ryk is!
[29] Gaan binnekort na haar toe en wys dit aan haar in my naam, dan sal sy jou so sekerlik gee wat jy nodig het, soos sy aan my dit sou gegee het!
[30] Wanneer ek binnekort terugkom, dan sal ek haar alles duisendvoudig vergoed!”
[31] Toe die dogter dit verneem het, het sy vol vreugde geword en geskenke aan die bedelaar gegee.
[32] Die bedelaar het toe gegaan en na `n paar dae weer gekom en het hom by die dogter laat aanmeld.
[33] Die dogter het hom laat vra om `n ander keer te kom, omdat sy op daardie oomblik besoek gehad het.
[34] Die bedelaar het `n ander keer gekom en hom laat aanmeld.
[35] Toe het hulle hom vertel: “Die dogter het met sommige vriende uitgegaan!” En die bedelaar het verdrietig teruggekeer.
[36] Toe hy by die poort van die huis gekom het, het hy daar die dogter te midde van haar vriende ontmoet en sy het nouliks op die bedelaar ag gegee.
[37] Wel het hy gesê: “Geliefde bruid van my vriend, hoe het hom u dan wel lief, as u sy vriend nie wil aanhoor nie?”
[38] Maar die dogter het gesê: “Ek soek afleiding; as my vriend terugkom, sal ek hom wel weer liefhê!”
[39] Toe het die bedelaar die volgende dag weer na die dogter toe gegaan en het haar vol opgeruimdheid gevind, want sy was immers in `n regte vrolike geselskap.
[40] En die bedelaar het haar gevra: “Het u wel u bruidegom lief - en is so opgewek is, noudat hy om u ontwil, vir sake op reis is?”
[41] Toe het die dogter die bedelaar by die deur laat uitsit en gesê: “Dit sou `n eis wees om (van my) te verlang! Is dit nie genoeg as ek hom liefhet, wanneer hy daar is nie? Waarom moet ek hom ook liefhet as hy afwesig is? Wie weet of hy my wel liefhet?”
[42] Hierop het die bedelaar sy verslete bokleed afgewerp en met die verbaasde dogter gepraat:
[43] “Kyk, hy wat op reis is, was steeds hier om jou liefde waar te neem!
[44] Maar jy het skaars aan hom gedink en hy, wat aan jou die teken van jou belofte getoon het, is verstoot en gehoon, omdat die wêreldse geselskap jou beter geval het!
[45] Maar kyk, hy is presies dieselfde soos hy wat nou hier voor jou staan en hy is die magtige koning, aan wie die hele wêreld behoort!
[46] En hy gee jou nou alles wat jy aan hom gegee het, duisendvoudig terug, maar hy keer jou vir ewig die rug toe en jy sal sy aangesig nooit meer sien nie!”
[47] Tullia! Ken jy hierdie koning en hierdie bedelaar? Kyk, Ek is Hy, en jy is die dogter! In die wêreld sal jy gelukkig wees,
[48] maar wat daarna gebeur, dit vertel hierdie gelykenis jou.
[49] Ek het jou die lewe en groot geluk gegee en jy hou nie daarvan om aan My te dink nie?
[50] O jou blindgebore Romein! Ek het jou die lig gegee en jy het My nie herken nie.
[51] Ek het jou `n man uit die hemele gegee en jy wil van hom My liefde-aandeel vir jouself neem.
[52] Toe het jy gesterf; Ek het jou weer opgewek en jy het daarvoor die hulde van die wêreld in ontvangs geneem en nie op My ag gegee nie.
[53] En nou, noudat Ek jou laat roep, bewe jy voor My soos `n egbreekster.
[54] Sê My, wat moet Ek met jou doen?!
[55] Moet Ek nog langer bedel voor jou deur?
[56] Nee, dit sal Ek nie doen nie, maar Ek sal jou jou deel gee, en dan sal ons niks meer aan mekaar verskuldig wees nie!”
[57] Hierdie woorde het die hele huis van Josef met ontsetting vervul.
[58] Die Kindjie het egter verlang om alleen met Sy Jakob na buite te gaan en het eers laat in die aand teruggekeer.
|
|
|
|
|