Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vrou vra Josef om `n uitleg - Die waan van die vrou dat Josef Zeus is – Josef se reaksie

(18 Des 1843)

96 Die meisie wat sogenaamd soos `n vrou voorgekom het, het egter nie volkome verstaan wat Josef bedoel het met die terugwinning van veelvoudige ouers nie; daarom het sy hom gevra: 

[2] ”O liewe, uiters goeie man, in wie se huis ek so `n eindeloos wonderbaarlike grote barmhartigheid wedervaar het, wat bedoel u wel met u uitspraak, dat my hier volgens u woorde `n veelvoudig terugvind van my ouers ten deel sal val?” 

[3] Josef het egter aan haar gesê: ”Voorwaar, jy sal in my huis jou lewe lank as gelykwaardig aan my kinders beskou word! 

[4] Jy sal by my die enige en ewig ware God leer ken, wat dieselfde is en wat jou geskape het en wat jou nou die lig in jou oë teruggegee het! 

[5] Ja, jy sal die wese van jou God en Heer leer ken en sal deur Hom Self onderrig word! 

[6] Ook sal jy hier in die huis baie spoedig `n hooggeplaaste Romein ontmoet, wat jou belange in Rome sal behartig! 

[7] En hierdie Romein is Cirénius, `n broer van Augustus. 

[8] Hy het jou ouers sekerlik geken en sal op my aanbeveling ook sekerlik ter wille van jou in Rome insette lewer vir die sake van jou ouers. En dit sal tog `n veelvoud van jou ouers wees, geestelik en na ten bloede?! 

[9] Want as jou natuurlike ouers nog êrens sou lewe, sê my, sou hulle meer vir jou kon doen? 

[10] Sou hulle jou die lig van jou oë kon teruggee het en sou hulle wel in staat gewees het om jou die enige, ewige, ware God te leer ken?! 

[11] Jou biologiese ouers sou jou wel tydelik versorg het, maar hier sal jy vir ewig versorg word, as jy hierdie versorging net wil aanvaar! 

[12] Sê eers, wat is dan meer? Jou liggaamlike ouers wat deur die see verswelg is, of jou huidige ouers, aan wat die see in die naam van die enige God moet gehoorsaam?” 

[13] Nou was die meisie wat sogenaamd soos `n vrou voorgekom het, volledig met stomheid geslaan uit louter ontsag en liefde vir Josef. 

[14] Want sy het gemeen, omdat sy tog al hier en daar mense so sagweg hoor fluister het dat êrens in die buurt van Ostrasine `n Zeus woon, dat sy haar nou in sy liggaamlike aanwesigheid bevind het. 

[15] Josef het spoedig die dwaling van die vrou bemerk en aan haar gesê: 

[16] ”O meisie, o dogter! Beskou my tog nie vir meer as wat ek is nie; allerminste egter vir iets wat nie bestaan nie! 

[17] Ek is `n mens net soos jy; laat dit voorlopig vir jou genoeg wees! Mettertyd sal alles wel duideliker vir jou word; daarom vir vandag genoeg! 

[18] Bring nou maar die middagete; daarna sal ons mekaar beter leer ken! Laat dit so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205