|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 181
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
JOSEF EN DIE SKIPBREUKELING CIRÉNIUS BY JONATHAN
Jonathan en Cirénius in gesprek - Verwondering van Josef oor die vreemde skip en Jonathan se uitleg - Die bygelowige versigtigheid van die lewensredder en sy les - Aangrypende weersien van die Kindjie en Cirénius
(03 Mrt 1844)
181 Josef het nie dadelik na die hut gegaan nie, maar hy het `n boodskapper daarheen gestuur om aan Jonathan te meld, dat hy hier was.
[2] Jonathan het gou opgestaan en aan Cirénius gesê:
[3] “Keiserlike, koninklike, konsulêre hoogheid! Ek vra nogmaals om vergewing, as ek miskien iets aan u misdrywe het deur `n goedbedoelde grofheid!
[4] Want soos verder alles by my massief is, is dit by menige geleentheid ook met my tong die geval!
[5] Nou moet ek weer na buite, want my buurman en baie waardige vriend bring vandag aan my `n besoek!”
[6] En Cirénius het aan Jonathan gesê: “O vriend en my dierbare lewensredder, doen volgens wat jou welgevallig is en kyk nie na my wat jou skuldenaar is nie!
[7] Ek sal my nou hier net `n bietjie beter aantrek en dan self dadelik agter jou aankom!”
[8] Jonathan het nou Cirénius verlaat en hom vinnig na buite begeef om Josef te ontvang.
[9] Josef het intussen ietwat in die rigting van die oewer geloop waar die skip was om dit van nader te bekyk.
[10] En Jonathan het vinnig Josef en sy geselskap agterna gehardloop en hulle gou ingehaal.
[11] Toe die twee mekaar gegroet het en Jonathan die Kindjie wat na hom toe aangehardloop gekom het, op sy arms geneem het om Hom te liefkoos,
[12] het Josef baie verwonderd aan sy groot vriend gevra:
[13] “Maar broer, sê my tog, - waar het jy die skip vandaan gekry?
[14] Of het gaste, of reisigers daarin aangekom?
[15] Voorwaar, dit is `n pragtige skip; sulke skepe sien `n mens alleenlik uit Rome kom!”
[16] En Jonathan het gesê: “O vriend, kyk, daarom moes ek gister nog jou villa verlaat!
[17] `n Stormagtige wind het gister `n Romeinse skip op `n sandbank buitekant die baai laat loop.
[18] Deur my inspanning - danksy die barmhartigheid van jou Kindjie - het dit my geluk om die skip van `n gewisse ondergang te red.
[19] Die gereddes, byna honderd in getal, bevind hulle nog in my woning, wat gelukkig ruim genoeg vir hulle is;
[20] en ek dink, dat hulle vandag nog sal vertrek en vaar, omdat die plek van hulle bestemming gelukkig in elk geval ons eie stad is, soos hulle aan my gesê het.
[21] Hulle weet weliswaar nog nie waar hulle hul bevind nie - want dit moet jy geredde mense immers nie dadelik vertel nie;
[22] maar wanneer hulle egter verder wil reis, dan sal ek wel aan hulle die weg wys!”
[23] Josef het nou aan Jonathan gevra of die gereddes nie bekendgemaak het wie en vanwaar hulle was nie.
[24] Jonathan het egter geantwoord: “Jy weet tog dat `n mens nie uit die skool mag verklap nie,
[25] want solank die gereddes nog nie vertrek het nie, mag hulle name nie verraai word nie, omdat dit hulle ten opsigte van `n volgende reis skade sou kon berokken!”
[26] Nou het die Kindjie aan Jonathan gesê: “O man, jy het weliswaar `n edel hart waarin geen bedrog woon nie,
[27] maar jy is nog wel baie ryk aan allerlei ou bygelowe!
[28] Hier is dit nogtans beter om te swyg as om te praat, want binne enkele oomblikke sal die saak wel in elk geval duidelik word!”
[29] Toe die Kindjie dit gesê het, het Cirénius met sy gevolg uit die hut gekom en hulle na die skip begeef, dus presies na die plek waar Josef hom ook bevind het.
[30] Toe hy nou daar aangekom het, het hy aan Tullia gesê: “Vrou! Kyk eers daar! Lyk die geselskap daar by ons redder nie presies soos hulle, om wie se ontwil ons na Ostrasine gereis het nie?
[31] By God, die Lewende! Ek het nog nooit so `n ooreenkoms gesien nie! En kyk, ons gasheer het ook `n kindjie op sy arms, wat volkome ooreenkom met die heilige Kindjie, wat ons hemelse vriend in Ostrasine het!”
[32] Nou het die Kindjie verlang om op die grond gesit te word en het, toe Hy vry was, dadelik Cirénius, wat al baie naby gekom het, tegemoet gehardloop.
[33] En Cirénius het bly staan en met groot oplettendheid die Kindjie betrag wat na hom toe aangehardloop gekom het.
[34] Die Kindjie het egter, toe Hy ongeveer drie tree van Cirénius af was, gesê:
[35] ”Cirénius, Cirénius, My liewe Cirénius, kyk hoe vinnig Ek jou tegemoet kom; waarom kom jy My dan ook nie so vinnig tegemoet nie?”
[36] Nou het Cirénius die Kindjie herken en hy het dadelik met Tullia op hulle knieë neergeval en letterlik uitgeroep:
[37] “O My God, o My Heer! Wie - - waar is ek dan, dat U - o My God! - U my Skepper, my Lewe, wat alleen my alles, alles is, in hierdie plek wat vir my nog onbekend is, my tegemoet kom?”
[38] Maar die Kindjie het gesê: “My liewe Cirénius, jy is alreeds op die regte plek, want waar Ek is, daar is vir jou ook alreeds die regte plek! Kyk, daar kom Josef immers ook al en Maria, Eudokia en My broers en jou agt kinders!”
[39] Nou het Cirénius gesê: “O Jy, my lewe, dit is te veel saligheid opeens vir my!” Daarop het hy begin ween van saligheid en kon nie praat vanweë te heilige gevoelens nie.
|
|
|
|
|