Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die nagrus van die heilige familie in die grot - Die lofsange van die engele in die oggend - Die aanbidding van die herders - Verhelderende woorde van die engel aan Josef

18 Toe almal dus in die grot byeen was, het die seuns van Josef aan hulle vader gevra: 

[2] ”Vader, wat moet ons nou doen? Alles is goed versorg. Die reis het ons vermoei; mag ons ons nie te ruste lê nie?” 

[3] En Josef het gesê: ”Kinders, julle sien tog welke eindelose barmhartigheid van bo ons almal ten deel geval het; bly daarom wakker om God saam met my te loof! 

[4] Julle het immers gesien wat Salome in die grot oorgekom het, omdat sy ongelowig was; daarom moet ook ons nie slaperig wees wanneer die Heer ons besoek nie! 

[5] Maar gaan na Maria en raak die Kindjie aan! Wie weet of julle ooglede dan nie dadelik so versterk sal word, asof julle enkele ure lank vas geslaap het!” 

[6] En die seuns van Josef het daarheen gegaan en die Kindjie aangeraak; die Kindjie het vir hulle geglimlag en Sy handjies na hulle uitgestrek, asof Hy hulle as Sy broers herken het. 

[7] Daaroor het almal hulself uitermate verwonder en gesê: ”Voorwaar, dit is geen natuurlike kind nie! Want waar het iemand ooit so-iets beleef, dat `n mens deur `n pasgebore kind so salig begroet word?! 

[8] Bowendien is ons nou inderdaad ook dadelik so versterk in al ons ledemate, asof ons nooit `n reis gemaak het en asof ons tuis was en op `n oggend met `n volkome uitgeruste liggaam opgestaan het!' 

[9] En Josef het daarop gesê: ”Kyk, my raad was dus goed! Maar nou merk ek, dat dit baie koud begin te word; bring daarom die os en die esel hierheen! Die diere sal om ons heen gaan lê en met hulle asem en uitwaseming ietwat warmte gee; en onsself sal daarom ook om Maria heen gaan lê!” 

[10] Die seuns het dit gedoen en toe hulle beide die diere tot by Maria gebring het, het hulle dadelik aan die koppenent van Maria se bed gaan lê en het ywerig oor Maria en die Kindjie heen geasem en het hulle so baie goed verwarm. 

[11] En die vroedvrou het gesê: ”Voorwaar, dit kan nie iets gering voor God wees nie, want selfs die diere dien Hom so, asof hulle begrip en verstand het!” 

[12] Maar Salome het gesê: ”O suster, die diere skyn hier meer te sien as ons! Wat ons nog nouliks durf te dink, daarvoor aanbid reeds die diere Hom, wat hulle geskape het!  

[13] Glo my, suster, so waar as wat God leef, so waar is ook hier voor ons die beloofde Messias; ons weet immers, dat sulke wonderbaarlike dinge nooit by die geboorte van selfs die grootste profete gebeur het nie!” 

[14] Maar Maria het aan Salome gesê: ”God die Heer het aan jou `n groot barmhartigheid bewys, deur jou Hom te laat sien, waarvoor selfs my siel beef! 

[15] Maar praat nie daaroor nie, soos die engel jou tevore gebied het, want anders sal jy ons `n bitter lot kan besorg!” 

[16] Salome het Maria beloof dat sy haar lewe lank sal swyg en die vroedvrou het die voorbeeld van haar suster gevolg. 

[17] En so het alles nou rustig in die grot geword. Maar in die eerste uur voor sonsopgang hoor almal magtige lofsange buite voor die grot. 

[18] Josef het dadelik sy oudste seun gestuur om te sien wat dat was en wie daar buite so oorweldigend JaHWeH se lof besing. 

[19] En Joël het na buite gegaan en gesien dat alle ruimtes van die uitspansel van hoog tot laag vervul was van ontelbare miljoene glansende engele. En hy het verbaas weer in die grot ingehardloop en aan almal vertel wat hy gesien het. 

[20] Almal was hoogs verbaas oor wat Joël vertel het en het na buite gegaan en het hulleself van die waarheid van die woorde van Joël oortuig . 

[21] Toe hulle hierdie heerlikheid van die Heer gesien het, het hulle weer in die grot ingegaan en ook aan Maria die getuienis gegee. En Josef het aan Maria gesê: 

[22] ”Luister, reinste maagd van die Heer, die vrug van jou skoot is waarlik `n verwekking van die Heilige Gees van God, want alle hemele getuig nou daarvan! 

[23] Maar hoe sal dit met ons gaan, noudat die hele wêreld noodwendig moet verneem wat hier plaasgevind het? Want dat nie alleen ons, maar ook alle ander mense nou sien welke getuienis voor ons deur alle hemele straal, het ek nou aan baie herders gesien, hoe hulle hul gesigte omhoog gerig het, 

[24] en ingestem het met die magtige kore van die engele, wat almal sigbaar die hele hemelruim van hoog tot laag, tot aan die aarde toe, gevul het!” (Lukas. 2:8-20).  

[25] En hulle gesang het soos die van die engele gelui: ”Laat, hemele, Hom wat regverdig is, neerdaal! Vrede vir die mense op aarde, wat `n goeie wil het! En eer julle God in die hoogste in Hom, wat kom in die naam van JaHWeH!” 

[26] “Kyk, O Maria, dit hoor en sien die hele wêreld nou; dus sal die mense ook hierheen kom en ons agtervolg en ons sal moet vlug oor berge en dale! 

[27] Daarom dink ek, dat ons so vinnig moontlik van hier moet vertrek en, sodra ek ingeskrywe is - wat vanoggend vroeg nog moet gebeur - weer terug moet gaan na Nasaret en van daar uitwyk na die Grieke, waarvan ek daar enkeles baie goed ken. Dink jy nie ook soos ek nie?” 

[28] Maar Maria het met Josef gepraat: ”Jy sien tog wel, dat ek die bed vandag nog nie kan verlaat nie; laat ons daarom alles aan die Heer oorlaat. Hy het ons tot nou toe gelei en beskerm, Hy sal ons sekerlik ook verder nog lei en trou beskerm! 

[29] As Hy ons aan die wêreld wil openbaar, sê my, waarheen wil ons dan vlug, waar Sy hemele ons nie sou kan ontdek nie?! 

[30] Laat daarom Sy wil geskied! Wat Hy wil, dit sal goed wees! Kyk, hier aan my bors rus immers Hy, terwille van wie dit alles gebeur! 

[31] Hy bly egter by ons en daarom sal ook die groot heerlikheid van God nie van ons wyk nie, ook al vlug ons waarheen ons maar wil!” 

[32] Maria het nog maar nouliks klaar gepraat of kyk, daar staan reeds twee engele as leiers van `n menigte herders voor die grot en het die herders laat sien, dat Hy daar gebore was, vir wie hulle lofsange bestem was! 

[33] En die herders het die grot binnegetree en voor die Kindjie neergekniel en Hom aanbid; en ook die engele het in skares gekom en die Kindjie aanbid. 

[34] Josef het vol verbasing met sy seuns na Maria en die Kindjie gekyk en gesê: ”O God, wat beteken dit tog? Het U Self vlees aangeneem in die Kind?  

[35 Hoe sou dit anders moontlik wees, dat Hy selfs aanbid word deur U heilige engele? Is U egter hier, o Heer, hoe is dit dan nou met die tempel en met die Allerheiligste?” 

[36] En `n engel het na Josef gegaan en aan hom gesê: ”Stel geen vrae en wees nie besorg nie, want die Heer het die aarde uitverkies tot die plek van Sy ontferming en het nou Sy volk besoek, soos Hy voorspel het deur die mond van Sy kinders, Sy knegte en profete! 

[37] Wat nou geskied voor U oë, dit gebeur volgens die wil van Hom, wat gewyd, ja meer as gewyd is.” 

[38] Hierop het die engel Josef weer verlaat om die Kindjie te aanbid, wat nou met oop handjies vir almal geglimlag het wat Hom aanbid het! 

[39] Toe die son egter opgekom het, het die engele verdwyn, maar die herders het gebly en Josef gevra, hoe dit moontlik was dat dit kon gebeur het. 

[40] Josef het gesê: ”Luister, ewe wonderbaarlik soos die gras groei uit die aarde, so het ook hierdie wonder gebeur. Maar wie weet hoe die gras groei? So min weet ek ook om julle oor die wonder te vertel! God het dit so gewil; dit is al wat ek julle kan sê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205