|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 219
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Jonathan se trane oor sy sonde en sy heilige liefde vir die Heer - Die vlees as die loon van die sonde - Oor die waarde en die aantrekkingskrag van die suiwer liefde
(31 Mei 1844)
219 By hierdie woorde van die Kindjie het Jonathan, deur sy vurige liefdesgevoelens gedronge, voor die Kindjie neergeval en ween van te groot vreugde en dankbaarheid.
[2] Die Kindjie het daarop aan die ander gesê: “Sien julle hoe groot die liefde van Jonathan vir My is?
[3] Waarlik, Ek sê vir julle: Uit elke traan wat nou uit sy oë vloei, sal vir hom eens `n wêreld in My ryk ontstaan!
[4] Ek het julle weliswaar al eens die waarde van trane en die verskil tussen die verskillende soorte trane laat sien, maar nou sê Ek julle nogeens:
[5] geen traan is vir My van groter waarde as alleenlik dié, wat gelyk is aan die traan van Jonathan nie!”
[6] By hierdie woorde van die Kindjie het die groot Jonathan weer moed geskep en gesê:
[7] “O, almagtige Heer van my lewe! Hoe kan ek, `n groot sondaar, so `n eindelose barmhartigheid en erbarming van U waardig wees?”
[8] Maar die Kindjie het gesê: “Jonathan, vra jou af, hoe jy My dan wel so uitermate in jou hart kan liefhê, as jy so `n groot sondaar is?!
[9] Want is die liefde tot My nie gewyd in sigself nie, soos Ek dit Self in My Goddelike liefde is?!
[10] Hoe kan jy as so `n groot sondaar dan so `n heilige liefde in jou hart verdra?!
[11] Word dan nie elke mens geheilig en geheel nuut gebore deur die liefde vir God in sy hart nie?!
[12] As jy dus vol van hierdie liefde is, sê eers, wat is daar daarvolgens in jou, wat jy ’sonde’ noem?
[13] Kyk, die liggaam van elke mens is in sigself wel sondig; daarom moet die liggaam van elke mens ook sterf,
[14] Ja, Ek sê vir jou, selfs die vlees van My liggaam is onder die loon van die sonde, en sal daarom ook, net soos joune, moet sterf.
[15] Maar hierdie sonde is immers geen vrywillige sonde nie, maar net `n gerigte, en staan in geen rekening van jou vrye gees nie.
[16] Daarom word jou waarde nie na jou liggaam nie, maar enkel en alleen na jou vrye liefde bepaal.
[17] En later sal nie gesê word nie: Hoe was jou liggaam?”, maar: “Hoe was jou liefde?”
[18] Kyk, as jy `n steen omhoog gooi, dan bly dit tog nie daarbo nie, maar hy val weldra weer omlaag na die grond.
[19] Waarom dan? - Omdat die materie van die aarde hom aantrek soos `n gerigte liefde, waarvan hy self vol is.
[20] Maar waarom val die wolke en die sterre nie van die hemel nie? Wel - omdat die liefde van die hemel hulle aantrek!
[21] Wel nou, as jou hart vol is van liefde tot God, die ewig Lewende, waarheen sal hierdie alleen vrye, self lewende liefde jou dan wel trek?”
[22] Hierdie laaste vraag het alle aanwesiges met die grootste verrukking vervul en hulle het nou almal geweet hoe hulle daarmee gestaan het.
|
|
|
|
|