|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 250
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Maria ween oor die diefstal van alle kleding en linnegoed - Jonathan se troos en sy edele daad - Maria wedywer met Jonathan in edelmoedigheid - Die Kindjie maak Jonathan gelukkig
(11 Julie 1844)
250 Toe hulle nou almal in die huis was en Maria haarself ook daarvan oortuig het dat selfs haar klerekas en dié van Eudokia totaal leeg geplunder was,
[2] het sy en Eudokia trane in hul oë gekry en sy het aan Josef gesê:
[3] “Kyk tog eers, ook die kleed wat ek in die tempel gehad het, het `n buit van slegte mense geword!
[4] Waarlik, dit gee my baie pyn en verdriet in my hart!
[5] Dit is met ons kleding alreeds so armoedig gesteld, soos `n mens jou maar kan indink en nogtans moes ons selfs die mees noodsaaklike nog verloor!
[6] Alles is weliswaar aan die Heer opgeoffer, maar dit maak my tog seer, omdat dit die enigste was wat ek besit het en nodig gehad het as ek iets anders moes aantrek! Nou het ek alleenlik maar hierdie verslete daaglikse kleed en geen stuiwer om `n kleed vir noodsaaklike verwisseling aan te skaf nie!
[7] waarlik, dit gee my regtig pyn! Maar dit gee my nog meer pyn dat die bose diewe ook die klere van die Kindjie meegeneem het.
[8] Hy het nou nog maar net die hempie wat Hy aanhet. Hoe sal ek nou vir Hom `n tweede hempie kan bekom?
[10] O my arme Kindjie, kyk, nou sal ek vir Jou nie meer elke dag `n skoon hempie kan aantrek nie, wat jou altyd so goed gedoen het!”
[101] Diep ontroer het Jonathan daarby gekom en gesê: “O mees verhewe en baie heilige moeder van my Heer, treur nie, want ek het nou tog ook goud en silwer!
[11] Met die grootste vreugde gee ek dit immers aan jou tot op die laaste stater om te gebruik waarvoor jy dit nodig het!
[12] Ek weet weliswaar dat die Heer van alle heerlikheid my goud en silwer nie nodig het nie, want Hy, wat alle diere en alle bome en plante en die hele wêreld so pragtig beklee, sal ook die liggaam van sy moeder nie naak laat word nie!
[13] Maar tog sou ek nou baie graag terwille van my saligheid al my skatte aan jou ten offer wou bring.
[14] O moeder, neem hulle aan uit my hart en uit my hand!”
[15] Maria het Jonathan nou baie vriendelik aangekyk en gesê:
[16] “O Jonathan, hoe groot en edel is jy! Jou wil geld vir my soos die daad!
[17] As dit vir die Heer aanneemlik sou wees, dan sou ek jou vir die Kindjie wel om ondersteuning wou vra.
[18] Sou dit egter vir die Heer nie aanneemlik wees nie, dan het ek alles alreeds uit jou hart ontvang, waarvoor ek jou altyd dankbaar sal wees!”
[19] Hier het die Kindjie daarby gekom en aan Jonathan gesê: “Liewe Jonathan, doen wat My moeder van jou verlang, dan sal jy eendag `n groot beloning daarvoor ontvang!
[20] Want kyk, ons is nou werklik arm en dit te meer, omdat Ek terwille van die heil van die mense geen wonder mag verrig nie!”
[21] Nou het Jonathan baie verheug na sy huis gehardloop en het in die kortste moontlike tyd al sy goud en silwer gaan haal en dit voor Maria se voete gelê.
[22] Toe Maria en Josef dit gesien het, het hulle beide van vreugde gehuil.
[23] Jonathan het saam gehuil en kon God nie genoeg dank, dat hy so `n barmhartigheid werd geword het om Maria te ondersteun nie.
[24] Die Kindjie het Jonathan geseën en aan Maria gesê: “Kyk, dit sal ons wel weer `n skoon hempie verskaf; wees daarom nou maar weer bly! En almal het weer opgewek en bly geword.
|
|
|
|
|