Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verslag van Cirénius en Josef se kritiek - Liefde en medelye is beter as die strengste regverdigheid - Dank van Cirénius - Die geselskap in die groot slaapsaal van Cirénius .

(10 Feb 1844)

138 Cirénius het Josef met groot hartlikheid omarm en aan hom in weinig woorde verslag gedoen van wat daar gedurende hierdie nag in die kasteel voorgeval het. 

[2] En Josef het gesê: ”My geliefde vriend en broer in die Heer, wat jy my wil vertel, het ek alreeds geweet voordat dit plaasgevind het, presies soos dit daarna gebeur het! 

[3] Maar één ding moes jy daarna nie gedoen het soos jy dit gedoen het nie! 

[4] En dit is dat jy die verskeurde lyke op die openbare plein laat begrawe het! 

[5] Jy het dit weliswaar gedoen met goeie, opregte politieke bedoelinge, om naamlik die res van die volk deur so `n voorbeeld te weerhou van soortgelyke pogings, 

[6] maar dit is `n baie onhoudbare middel! Want kyk, niks ter wêreld duur korter as skrik, vrees en droefheid nie! 

[7] Daarom is ook `n middel tot opwekking van hierdie drie dinge nie om ‘`n haar duursamer as die dinge self wat daardeur opgewek is nie. 

[8] Want het enige mens hierdie drie kenmerke van die oordeel deur sy vrye gees van homself afgeskud, dan word hy kwaad en val dan met dubbele woede die wrede regter aan. 

[9] Lei die mense daarom altyd steeds met die liefde wat onverganklik is, en probeer sulke noodsaaklike, maar daarby tog huiweringwekkende voorbeelde vir die volk te verberg, dan sal jy steeds die liefde van die volk geniet! 

[10] Ek sê vir jou: `n Druppel meegevoel by elke geleentheid is beter as `n hele paleis vol van die beste en strengste geregtigheid! 

[11] Want meegevoel verbeter sowel vriend as vyand, maar die strengste en beste geregtigheid maak die regverdige trots en hoogmoedig, 

[12] en die skuldige en veroordeelde raak vol onderdrukte woede en bedink hoe hy homself sou kon wreek op die regverdige! 

[13] Wat jy nou egter gedoen het, kan nie meer ongedaan gemaak word nie. 

[14] Maar onthou hierdie reël vir die toekoms; dit is beter as goud, ja, as die suiwerste goud!” 

[15] Cirénius het Josef nou nogmaals om die hals geval en hom vir hierdie les gedank soos `n seun sy vader dank. 

[16] Hierna het die hele geselskap na die slaapvertrek van Cirénius gegaan, wat - soos dit by die hoëlui van Rome gebruiklik was - altyd uit `n groot saal bestaan het. 

[17] Want die Romeine het gesê: ”Tydens die slaap sweet die mens sy siekte altyd uit; 

[18] het dit nie voldoende ruimte om in die slaapkamer te versprei nie, dan val dit weer op die mens terug en hy word weer siek!” 

[19] Om hierdie rede het ryk Romeine in hulle groot slaapsale selfs springfonteine gehad, wat die lug gesuiwer het en die slegte uitwaseming na die water toe getrek het. 

[20] En dus was die slaapvertrek van Cirénius dan ook die grootste saal in hierdie kasteel en was voorsien van twee springfonteine met wye waterbakke, waarin verskeie see-uie rondgedryf het. 

[21] Die vloer van die saal was van swart en bruin marmer, en die hele saal was van groot oud-Egiptiese prag. 

[22] In hierdie saal het die hele geselskap hulle nou bevind en allerlei sake uit die ou tyd bespreek, terwyl die dienaars van Cirénius uiters ywerig hulle bes gedoen het om alles dit wat aan hulle opgedra was so goed as moontlik in die aangrensende sale te reël.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205