|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 189
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef nooi Cirénius uit na die maaltyd – Cirénius se weiering met verwysing na sy versadiging deur die Heer - Lof van die Kindjie vir Cirénius
(20 Mrt 1844)
189 Josef se seuns het nou gekom en gesê dat die maaltyd klaar voorberei was.
[2] En Josef het na Cirénius gegaan, wat juis weer voluit met die Kindjie besig was, om hom dit te sê en het hom gevra of hy ten spyte van sy verdriet wel sou kon eet.
[3] Cirénius het gesê: “‘'O my verhewe broer, dink jy dan dat ek enigsins honger sou hê?
[4] Kyk eers `n keer hier! Hoe sou `n mens nou hongerig kon word in die geselskap van Hom, deur wie daar elke oomblik ontelbare en nogeens ontelbare menigtes versadig word?!
[5] Wat egter die droefheid van my deur jou veronderstel word, betref, sê ek uit die volheid van my liefde vir Hom, wat jou en my geskape het:
[6] Hoe sou ek nou kon treur in die geselskap van jou en my Heer?!
[7] Kyk, waar jy één koringkorrel in die aarde strooi, wat daarin vergaan, daar laat Hy honderd in die plek daarvan kom!
[8] En so is dit hier ook die geval: Waar die Heer die een neem, daar gee Hy ook spoedig duisend in die plek daarvan.
[9] Hy het my wel die jaloerse Tullia ontneem, maar in haar plek het Hy my Homself gegee!
[10] O broer, wat `n oneindige vervanging is dit vir my geringe verlies!
[11] In plaas van my vrou mag ek Hom nou in My hart ewig myne noem! O broer, hoe sou ek om Tullia dan nog kon treur?!”
[12] Josef het gesê: “O broer, jy het groot geword voor die Heer; werklik, jy was `n heiden - maar is nou beter as baie Israeliete!
[13] Ja, ekself moet dit teenoor jou beken: jou hart en jou mond maak my hoogs beskaamd,
[14] want so `n berusting in die wil van die Heer het ek in myself nog nooit beleef nie!”
[15] Nou het die Kindjie Homself opgerig en gesê: “Josef, Ek weet waarom Ek jou uitgekies het, maar nog nooit was jy vir My groter as juis nou nie, omdat jy jou swakheid teenoor `n heiden beken!
[16] Maar Ek sê vir jou, daar jy alreeds aan Cirénius die getuienis gegee het dat hy beter is as baie Israeliete:
[17] Cirénius is hier meer as Abraham, Isak en Jakob, en meer as Moses en die profete, en meer as Dawid en Salomo!
[18] Want hulle dade was geregverdig deur die geloof en deur groot godvrugtigheid in hulle harte,
[19] maar Cirénius is `n eersteling, wat deur My liefde opgewek is en dit is meer as die hele ou verbond, wat dood is, terwyl Cirénius volkome lewend is!
[20] Jy ken die heerlikheid van die tempel in Jerusalem, wat `n werk is van die wysheid van Salomo.
[21] Maar hierdie tempel is dood net soos sy boumeester, wat My aan die vroue opgeoffer het!
[22] Maar Cirénius het in sy hart met groot selfverloëning vir My nou `n nuwe lewende tempel gebou, waarin Ek ewig sal woon en dit is meer as alle wysheid van Salomo!”
[23] Nou het Cirénius begin ween van geluksaligheid en Josef sowel as Maria hierdie woorde diep in hulle harte geskryf, want dit was woorde vol krag en vol lewe.
|
|
|
|
|