Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se blydskap oor die geskenkte aardbol en sy versoek met betrekking tot Augustus - Uiters wyse reaksie van die Kindjie met verwysing na die Goddelike orde

(18 Mrt 1844)

187 Cirénius het hom so buitengewoon verheug oor hierdie geskenk, dat hy geen raad geweet het van louter geluksaligheid nie. 

[2] Eers na `n rukkie, toe hy die pragtige aardbol goed van alle kante, van links en van regs en van onder en van bo bekyk het en hom van die noukeurige weergawe van alle plekke wat aan hom bekend was, oortuig het, het hy weer begin praat en gesê: 

[3] “Josef, dit is vir ons almal tog wel `n uiters duidelike getuienis oor Hom, wat eens die aarde geskape het! 

[4] Want wat sou daar nou moeiliker vir die Almagtige wees: as om `n groot aarde te skep of so `n kleintjie om ons te onderrig oor die grote wat ons dra? 

[5] Ek dink dat dit wel een en dieselfde sal wees! 

[6] O God, o grote God, welke eindelose volheid van alle soorte van volmaaktheid moet in U woon, dat sulke wonderbaarlike dinge vir U so uitermatig maklik en moontlik Is! 

[7] Wie homself met sy hart in U verdiep, is op aarde alreeds salig! 

[8] Wie U het en vol liefde in sy hart dra, hoe eindeloos gelukkig is hy wel te prys! 

[9] Hoe weersinwekkend kom nou die ydele bedrywigheid van die wêreldse mense my nou voor! 

[10] O my bejammerenswaardige broer Augustus! As jy maar geweet en geken het wat ek nou weet en ken, hoe groot sal jou afkeer in jou wankelende troon wees! 

[11] O my klein Jesus, Jy, my lewe, Jy, my alles! Sou Jy my broer deur Jou almag dan nie kan laat sien hoe nietig en hoe ontsettend smerig sy troon is nie?”

[12] Die Kindjie het egter geantwoord: “Cirénius, kyk na alle skepsele van die aarde, 

[13] dan sal jy daaronder goeies en slegtes teenoor jou vind! 

[14] Dink jy wel, dit is daarom dat hulle ook teenoor My so is? 

[15] Kyk, die leeu is `n wrede dier en ontsien geen lewende wese in sy woede nie! 

[16] Het jy hierdie dier teenoor My ook so gevind? 

[17] “Volstrek nie” sê jy in jou hart, “want hierdie koning van die wildernis het my lewe tweemaal gered!” 

[18] Kyk, so staan dit ook met jou broer; hy kan nie wees soos jy en jy nie soos hy nie! 

[19] Want daarom het Ek allerlei skepsele laat ontstaan, omdat dit so volgens My ewige orde noodsaaklik is! 

[20] En so moes dit ook gebeur, dat jou broer geword het wat hy is en ook jy het geword wat jy is! 

[21] Maar as jou broer sê: “Heer, ek weet nie wat ek is en wat ek doen nie, maar U krag is in my en ek handel ooreenkomstig sy bepalings!”, 

[22] dan is jou broer regverdig soos jy en hoef jy jou nie oor hom te bekommer nie, want eendag sal elke werk geopenbaar word!” Hierdie woorde het Cirénius weer beter gedagtes oor Augustus gebring en hy het sy klein aarde weer betrag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205