Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 277

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef oorweeg dit om na sy huis terug te keer - Waardevolle woorde van Maria as vrou - Goeie raad van die Kindjie, Josef gaan na sy huis - Die twis met Archeláüs sedienaars -Josef gee `n goeie antwoord aan hulle

(12 Aug 1844)

277 Toe Josef egter van Dumas weggegaan het, het hy aan diegene gesê wat in sy geselskap was:

[2] “Weet julle wat: dit is te wagte dat ons oral op dieselfde wyse ontvang sou word,

[3] daarom sal ons ons nie langer meer inlaat daarmee om vroeëre vriende, kennisse en familielede te besoek nie:

[4] want ek het nou alreeds by Dumas gesien waartoe die mense in staat is as jy hulle maar enigsins ietwat te na kom.

[5] My mening is dus dat ons weer huis toe moet gaan. Wat sê jy daarvan, my liewe, getroue vrou?”

[6] En Maria het gesê: “Josef, my geliefde man, jy weet dat ek teenoor jou geen eie wil het nie, omdat jou wil ook steeds altyd myne is, soos dit volgens die heilige orde van die Heer ook behoort te wees:

[7] Maar ek dink wel dat ons, aangesien die Heer Self in persoon in ons midde is, Hom hieroor ook om raad moet vra!”

[8] En Josef het gesê: “Maria, my getroue vrou, daarin het jy volkome gelyk;

[9] ek sal dit dan ook onmiddellik doen, dan sal ons presies te wete kom wat die beste sou wees!”

[10] Die Kindjie het nou nog voordat Hy gevra is, gesê: “Al sou dit oral goed wees, dan sou dit nogtans nog beter wees om tuis te wees.

[11] Want kyk, My tyd het nog lank nie aangebreek nie; maar waarheen Ek dan ook al met julle gaan, kan Ek die volheid van My Godheid nogtans nie sodanig omhul dat dit nie deur die omstanders ervaar sou word nie.

[12] Daarom is dit vir My nou tuis die beste, want daar val dit die minste op wat daar in My aanwesig is.

[13] Josef, as jy in die toekoms vir jou werksopdragte ontvang (en daarvoor na mense toe moet gaan), gaan dan maar met jou ander kinders

[14] en laat My liewer tuis, dan sal jy deur My die minste probleme hê!”

[15] Daarom het Josef nou weer na sy huis gegaan. Toe hy daar aangekom het, het hy tot sy nie geringe verbasing sy vier seuns, wat tuis gebly het, in `n hewige woordestryd met `n paar opsigters van Archeláüs gevind.

[16] Hierdie brommervlieë het dadelik geruik dat iemand sy intrek hier geneem het:

[17] daarom was hulle dan ook dadelik byderhand was om die skatting af te pers.

[18] Omdat Josef se seuns hulle egter die Romeinse vrystellingsbrief aan die deur gewys het, het hulle kwaad geword en wou dit van die deur afruk.

[19] Maar juis voor hierdie handeling het Josef gekom, wat aan die rowers dadelik die vraag gestel het met welke reg hulle sou wou doen.

[20] Hulle het egter geantwoord: “Ons is dienaars van die koning en doen dit volgens die koning se reg!”

[21] Maar Josef het gesê: “En ek is `n dienaar van God, die Almagtige en volgens Sy reg stuur ek julle hier weg!” `n Geweldige angs het nou die boosdoeners oorval, sodat hulle ylings daarvandaan gehardloop het. Daarna is hulle huis deur dergelike boewe met rus gelaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205