Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verdedigingsrede van Maronius Pilla en sy korrekte besluit - Josef as skeidsregter – Cirénius se edele uitspraak

58 Maronius het daarop aan Cirénius gesê: ”Konsulêre, keiserlike hoogheid! Hoe kan ek nou nog `n politieke verdagte aanhanger van Herodus wees?! 

[2] Want ek sien nou immers in, dat hierdie woestaard na alleenheerskappy oor Asië streef! 

[3] Sou ek hom daarby dalk behulpsaam wees?! Hoe sou so iets kon gebeur?! Met die handjievol mense van Jerusalem sou Herodus homself hoogstens aan die kinders van die Judeërs kon waag! 

[4] En hierdie gewelddadigheid het hom al so `n neerlaag toegedien, dat hy `n soortgelyke onderneming vir altyd agterweë sal laat! 

[5] Ek was immers wel genoodsaak om hom as werktuig te dien en moes handel na die wil van hierdie tiran, omdat hy my met Rome gedreig het! 

[6] Daar ek nou egter van u baie duidelik ervaar hoe sake staan en bowendien ook geen mag meer in my hande het en ook nie meer wil hê nie, 

[7] sien ek voorwaar nie in, hoe en op welke wyse ek nog `n staatsgevaarlike persoon sou wees nie. 

[8] Hou u my by u as ewige gyselaar vir my trou jeens Rome, dan maak u my gelukkiger as wanneer u my weer goewerneur (landvoog) van Palestina en Judea maak!”' 

[9] Maronius het hierdie woorde baie ernstig uitgespreek en daar was geen dubbelsinnigheid in te ontdek nie. 

[10] Daarom het Cirénius aan hom gesê: 'Goed, my broer, ek wil jou glo, want ek het nou baie erns in jou woorde gevind! 

[11] Maar een ding ontbreek my nog vir die volledige bevestiging van die waarheid van jou woorde en dit is die oordeel van daardie wyse man, van wie ek jou in Tyrus alreeds vertel het. 

[12] En kyk, hierdie man, die orakel van alle orakels, staan hier voor ons! 

[13] Hierdie man het jou deursien tot in jou mees verborge gedagtes; daarom wil ons hom nou vra wat hy oor jou dink! 

[14] En jy sal jou skik na sy uitspraak! Stel hy jou weer aan as goewerneur (landvoog) van Jerusalem, dan is jy vandag nog as goewerneur (landvoog) van Jerusalem benoem; 

[15] doen hy dit egter om die hoogste wyse en goeie gronde nie, so bly jy my gyselaar!” 

[16] Soos gevra, het Josef nou gepraat: 'Edele vriend Cirénius! Wat my betref, is Maronius nou gesuiwer en u kan aan hom sonder beswaar sy pos teruggee! 

[17] Ons is in die hand van die Almagtige, ewige God; welke mag sou teen ons in opstand kan kom?!” 

[18] Nou het Cirénius sy hand opgehef en gesê: ”Dan sweer ek dus, Maronius Pilla, by die lewende God van hierdie wyse man, dat jy van nou af aan weer goewerneur (landvoog) van Jerusalem is!” 

[19] Maar Maronius het gesê: ”Gee die amp aan iemand anders en hou my as u vriend by u, want dit maak my gelukkiger!” 

[20] En Cirénius het gesê: ”Wees in die geval dan my ampsgenoot solank Herodus leef en daarna eers opperste bevelvoerder oor die hele Judese land!” En Maronius het hierdie voorstel dankbaar aangeneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205