Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef reël die bruilofsmaal - Die aantrek van die feesklere - Die stralende feesgewaad van die engele - Die bedruktheid van Cirénius – Die seuns en die jongmanne trek weer die feesklere uit

(18 Jan 1844)

119 Nou het ook die seuns van Josef al die kamer binnegekom en aan hulle vader gesê: ”Vader, die ontbyt is ryklik voorberei! 

[2] As u wil, sal ons die groot eettafel dek en dan die maaltyd opdien!”  

[3] En Josef het gesê: ”Goed, my kinders, doen dit, maar trek julle nuwe klere aan, want ons sal nou vanoggend die bruilofsmaal van Cirénius hou! 

[4] Julle moet ook aan tafel sit, daarom moet julle ook feestelik gekleed wees! Gaan nou en doen alles wat goed, reg en paslik is!” 

[5] En die seuns het die tafel gereedgemaak en gedoen soos Josef dit aan hulle opgedra het. 

[6] Maar ook beide die jongmanne het na Josef gekom en gesê: 

[7] ”Vader Josef, wat dink jy? Kyk, die gewaad, wat ons aan het, is net ons werksklere; moet ons ook `n bruilofskleed aantrek?” 

[8] Josef het geantwoord: ”Julle is engele van die Heer en hierdie kleding van julle is immers tog alreeds die mooiste bruilofsgewaad; waarom moet dan `n ander kleed julle tooi?” 

[9] Die jongmans het egter gesê: ”Kyk, ons wil niemand aanstoot gee nie; wat jy aan jou seuns beveel het, wil ons ook doen en aan jou tafel in ons bruilofsklere aanwesig wees! 

[10] Laat ons daarom na buite gaan, om net soos jou seuns ander klere aan te trek!” 

[11] En Josef het gesê: ”Wel, doen dan wat julle beslis vanuit die Heer nodig vind! Julle is immers te alle tye dienaars van die Heer en ken ook altyd Sy wil; handel dus daarvolgens!” 

[12] En albei jongmans het uit die kamer gegaan en na `n kort tydjie weer met die seuns van Josef en al die ander jongmans teruggekom in helder stralende klere soos die morerooi in sy mooiste rooi glans; 

[13] en hulle gesigte, hande en voete het soos die opkomende son gestraal. 

[14] Cirénius en sy hele gevolg was verskrik voor hierdie eindelose prag en majesteit. 

[15] Cirénius het in angstige haastigheid aan Josef gesê: 

[16] ”Allerverhewenste vriend, ek het nou die eindelose heerlikheid van jou huis gesien! Laat my egter hier weggaan, want hierdie heerlikheid verteer my! 

[17] Waarom moes jy jou seuns ook opdrag gee om hulleself te verklee? Andersins sou die dienaars van die Heer sekerlik ook in hulle vroeëre, en vir my so aangename eenvoud en glansloosheid gebly het!” 

[18] Josef, wie se asem by al die pure glans ook kort geword het, het hierop moed geneem en hy het sy seuns beveel om weer hulle werksklere aan te trek. 

[19] Die seuns het dit toe gedoen; ook die jongmanne het gegaan en van gewaad verwissel en toe met Josef se seuns weer teruggekom in hulle oorspronklike eenvoud. 

[20] Nou het dit vir Cirénius weer ligter om die hart geword en hy kon nou met sy vrou en sy metgeselle aan tafel gaan sit. 

[21] En so het hy aan die bopunt van die tafel met sy mense plaasgeneem en Josef, Maria met die Kindjie, Eudokia, Josef se seuns en die jongmans het aan die onderpunt van die tafel plaasgeneem en hulle almal het na die lofsang van Josef geëet en gedrink . 

[22] Sommige hoofmans en ook die owerste, het egter gemeen dat hulle nou liggaamlik aansit aan die tafel van die gode op die Olimpus en het van loutere geluksaligheid nie raad geweet nie, want hulle het geen idee van gehad hoe dit met die huis van Josef gesteld was nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205