|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 229
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Vervolg van die kinderlike tafereel - Maria is alleen uit groot liefde kwaad vir My
229 Toe die Kindjie aangetrek was, het Cirénius Hom weer gevra of Hy nog `n lekker stukkie vis wou eet.
[2] Op Sy manier het die Kindjie gesê: “`n Klein stukkie sou Ek sekerlik nog wou hê,
[3] maar Ek durf dit nie neem nie, omdat My moeder dan dadelik weer met My sou raas.”
[4] En Cirénius het gesê: “O Jy my eindeloos allerliefste Kindjie, as ek dit vir Jou gee, sal Jou moeder niks sê nie.”
[5] Maar die Kindjie het baie naïef aan Cirénius gesê: “Ja, solank jy hier is, sal sy sekerlik wel niks sê nie,
[6] maar as jy weg is, dan kry Ek dit dubbeld.
[7] O, jy glo dit nie, hoe kwaad My moeder kan wees as Ek iets doen wat sy nie wil hê nie!”
[8] Nou het Cirénius geglimlag en aan die Kindjie gesê: “Wat dink Jy, as ek met Jou moeder, wat ietwat kwaai is, sou raas, sou dit haar nie toegeefliker maak teenoor Jou nie?”
[9] En die Kindjie het gesê: “Ek smeek jou, doen dit veral nie, want dan sou Ek as jy weg is, eers `n berisping kry wat sy gelyke nie het nie!”
[10] Nou het Cirénius verder aan die Kindjie gevra:
[11] “O Jy my lewe, my hemelse Kindjie, as Jou moeder dan so kwaai is, hoe kan Jy haar dan tog so uitermate liefhê?”
[12] En die Kindjie het antwoord: “Omdat sy juis vanweë haar groot liefde vir My kwaai is, want sy het steeds die grootste angs dat iets ergs My sou kon oorkom.
[13] En kyk, daarom moet Ek haar dan ook werklik liefhê! Al is sy af en toe ook sonder rede kwaai, bedoel sy dit tog goed en daarom verdien sy immers ook My liefde.
[14] Kyk, juis daarom sou sy nou ook kwaad wees as Ek nog `n stukkie vis sou eet, omdat sy dink dat dit nie goed vir My sou wees nie.
[15] Dit sou My sekerlik geen kwaad doen nie, maar Self wil Ek nou nie teen die besorgde goeie bedoeling van My moeder sondig nie.
[16] O ja, as dit moet, kan Ek Myself ook verloën en My aan die gebod van My moeder hou,
[17] maar as dit nie bepaald nodig is nie, dan kan Ek ook doen wat Ek wil.
[18] En dan, Ek trek My niks daarvan aan as My moeder `n bietjie raas nie.
[19] Dus is dit nou ook nie bepaald nodig dat Ek nog `n stukkie vis moet eet nie; daarom wil Ek My ook verloën, sodat My moeder niks teenoor My op te merk sal hê as jy weg is nie.”
[20] Nou het Cirénius weer vol liefde aan die Kindjie gevra:
[21] “Ja, Jy my lewe, as Jy dan alreeds so `n respek het vir Jou aardse moeder, waarom het Jy Jou dan so pas nie deur haar laat aantrek nie?
[22] Sal sy daaroor nie op Jou raas as ek weg is nie?”
[23] En die Kindjie het gesê: “Alte seker, maar dit sal Ek My beslis nie juis veel aantrek nie!
[24] Want Ek het jou immers alreeds vantevore gesê, dat Ek soms doen wat Ek wil, sonder om te vra of My moeder dit goed vind of nie.
[25] Maar daarom kan My moeder nog wel met My raas, omdat sy dit goed bedoel en `n goeie wil het.”
[26] Nou het Maria geglimlag en sy het skertsend gesê: “Nee, maar wag Jy maar tot ons alleen is,
[27] dan sal ek wel weer eers goed met Jou raas, omdat Jy my nou by Cirénius so verkla het!”
[28] Die Kindjie het geglimlag en gesê: “O, dit bedoel jy nie ernstig nie! Ek sien dit baie goed aan jou, as jy egter werklik kwaad is, want dan is jy heeltemal rooi in jou gesig; maar nou is jy net so mooi wit soos Ek en dan is jy nooit kwaai nie.”
[29] Om hierdie opmerking het hulle almal gelag en die Kindjie het ook saam geglimlag. Maar Maria het die Kindjie met innige hartstog geneem en Hom met uitermate liefde aan haar hart gedruk.
|
|
|
|
|