Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius en die drie priesters - Die uitgrawing van die ingedolwenes - Die wonderbaarlike medewerking van die Kindjie - Die opwekking van die sewe skynbaar dooie gidse van die katakombes

(25 Nov 1843)

77 Die drie priesters het nou verder niks meer gevra nie, want hulle het in Josef `n man gesien, wat geblyk het baie diep in die ou Egiptiese misteries ingewy te wees, wat andersins alleenlik die geval was by die opperpriesters van hierdie land. 

[2] Cirénius het omgedraai en aan die drie priesters gevra hoeveel van hulle hier om die lewe gekom het. 

[3] En die drie het gesê: “Magtige landvoog, ons kan die aantal nie heeltemal presies aangee nie; 

[4] maar daar was sekerlik meer as sewehonderd wat daar begrawe is, die leerlinge van beide geslagte nie ingereken nie!” 

[5] “Goed”, het Cirénius gesê, “ons sal ons spoedig noukeuriger van die saak oortuig!” 

[6] Hy het daarop aan Josef gevra of dit nie raadsaam sou wees om die mense wat onder die puin begrawe was, uit te grawe nie! 

[7] En Josef het geantwoord: “Dit is selfs ons hoogste plig, want daar sou hier en daar in die katakombes nog leerlinge lewendig kan wees en dit is ons strenge plig om hulle te red!” 

[8] Toe Cirénius dit gehoor het, het hy dadelik tweeduisend werkers laat roep, wat onmiddellik moes begin om die puin op te ruim. 

[9] Binne enkele ure is reeds sewe lyke tevoorskyn gehaal en dit was juis die sewe gidse van die katakombes. 

[10] Cirénius het gesê: “Werklik, dit spyt my oor hulle, want sonder hulle hulp sal ons nie veel uitrig in die onderaardse doolhof van tallose gange nie!” 

[11] Maar die Kindjie het aan Cirénius gesê: “My Cirénius, wat die katakombes betref, daarin sal nie veel goeds aan te tref wees nie; 

[12] want hierdie doolhowe is al sedert verskeie eeue buite gebruik en is vol modder en allerlei ongediertes. 

[13] Hierdie sewe gidse van die katakombes het alleen maar die titel as sodanig, maar geeneen van hulle het nog ooit `n katakombe betree nie. 

[14] Gaan kyk, sodat jy ook glo wat Ek jou vertel, Ek sê jou ook, dat hierdie sewe gidse nie heeltemal dood is nie, maar daar alleen maar verdoof lê en daarom weer tot lewe geroep kan word. 

[15] Laat hulle deur enkele sterk vroue aan die slape, aan die bors, in die nek en aan die hande en voete vryf, dan sal hulle spoedig uit hulle verdowing ontwaak!” 

[16] En Cirénius het aan die Kindjie gesê: “O Jy, my lewe! As Jy hulle sou aanraak, dan sou hulle tog ook beslis ontwaak!” 

[17] Maar Die Kindjie het daarop geantwoord: “Doen wat Ek jou aangeraai het; want Ek mag nie te veel doen nie, Ek wil nie in plaas van `n seën `n oordeel aan die wêreld gee nie!” 

[18] Cirénius het hierdie woorde weliswaar nie verstaan, maar hy het nogtans die raad van die Kindjie gevolg. 

[19] Hy het dadelik tien sterk jonge vroue laat haal om die sewe gidse te vryf. 

[20] Na `n paar minute het die sewe wakker geword en aan die omstanders gevra wat daar met hulle gebeur het en wat hier aan die gebeur was. 

[21] En Cirénius het hulle dadelik na `n goeie herberg laat bring; die volk was egter hoogs verbaas oor hierdie opwekking en het groot eer die jong vroue bewys.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205