Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE AARTSENGELE IN JOSEF SE HUIS

`n Nuwe verrassing in Josef se huis: onbekendes - en die wit geklede jongmanne en hulp in die huishouding

(10 Jan 1844)

112 Toe Cirénius al taamlik laat in die aand hom met sy mense uit die huis van Josef na die stad begewe het, het Josef aan sy seuns gesê: 

[2] ”Kinders, gaan julle nou eers ons huishouding reël. Versorg die koeie en die esels en berei daarna `n aandete, maar wel goed en vars! Ek moet vandag immers nog my nuwe dogter by `n feestelike maaltyd aanneem en seën!” 

[3] Die seuns van Josef het dadelik gegaan en gedoen wat hy aan hulle opgedra het. 

[4] Maar wat was hulle verbaas toe hulle in die stal verskeie jongmanne in wit geklee aangetref het, wat baie ywerig die vee van Josef versorg het! 

[5] Die seuns van Josef het hulle gevra, wie hulle opdrag gegee het om dit te doen en wie se dienaars hulle was. 

[6] Die jongmanne het gesê: ”Ons is te alle tye dienaars van die Heer en die Heer het ons beveel om dit te doen en daarom doen ons dit ook!” 

[7] Die seuns van Josef het egter aan die jongmanne gevra: ”Wie is julle Heer en waar woon Hy? Is dit dalk Cirénius ?” 

[8] En die jongmanne het gesê: ”Ons Heer is ook julle Heer en Hy woon by julle, maar sy naam is nie 'Cirénius' nie!” 

[9] Toe het Josef se seuns gedink dat dit klaarblyklik hulle eie vader self was en hulle het daarom aan die jongmanne gesê: 

[10] ”As dit so is, gaan dan saam met ons, sodat ons vader, wat die meester van hierdie huis is, kan sien of julle werklik sy dienaars is!” 

[11] En die jongmanne het gesê: ”Melk eers die koeie, dan sal ons met julle saamgaan en ons aan julle meester voorstel!”' 

[12] Hierop het die seuns die melkemmers geneem en driemaal soveel as ander kere melk gekry, al het hulle hul koeie ook nog so goed as moontlik versorg. 

[13] Hulle was buitengewoon verbaas en kon geen verklaring vind waarom die koeie hierdie keer soveel melk gegee het nie! 

[14] Toe hulle klaar was met die melkery, het die jongmanne gesê: 

[15] ”Laat ons noudat julle met julle werk klaar is, na binne gaan waar julle en ons Heer woon! 

[16] Maar julle vader het ook opdrag aan julle gegee om `n goeie aandete voor te berei; voordat ons die kamer van die Heer binnetree, moet dit eers klaar voorbereid wees!” 

[17] Dadelik het die jongmanne in die kombuis ingegaan en kyk, verskeie jongmanne was ook daar alreeds voluit met die bereiding van `n kostelike aandmaaltyd besig! 

[18] Vir Josef het die werk van sy seuns `n bietjie langer as gewoonlik geduur, en dus het hy gaan kyk wat hulle gedoen het. 

[19] Hoe verbaas was hy egter, toe hy gesien het dat dit in die kombuis gewemel het van werkers! 

[20] Hy het sy seuns dadelik gevra wat dit om JaHWeH se Naam beteken het. 

[21] Maar die jongmanne het geantwoord: ”Josef, wees jy nie bekommerd nie, want wat hier gebeur, gebeur werklik om JaHWeH se ontwil! Laat ons egter eers die aandete berei, dan sal jy die res van die Heer self te wete kom!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205